DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal
FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.
STEFAN: 3 April 2017 - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan
FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend?
Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry. Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.
FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!
- 1185 views
Weg!!!!!!!
Koppie koffie sal nou goed afgaan, dankie Stoffel aka Dusty!!!
Freda, JA, see ge"hi-jack", weg!!!!! Soos weggesleepte forum!!!!
Ek dink een of ander poletieke party betrokke!!!!
Ons gaan dalk maar besoek kort knip, oorweeg on eerder Woensdag terugtog te begin, en NIE Vrydag, sal later vir jou e-pos stuur!
Koffie.
Lekker, man. Ek skink in. Mooi dag vir julle almal.
Goeie more al die koffie en…
Goeie more al die koffie en tee drinkers,
Tee klaar gemaak en die koffiemasjien is aan die gang.
Nog steeds 'n heerlike herfsoggend.
Lekker dag vir elkeen.
Goeie more sê! Ek gaan nou…
Goeie more sê! Ek gaan nou vir my 2de enetjie. Kan ek vir enigiemand anders 'n koffietjie skink?
Groet laat vanoggend
More almal. Ek is laat om te groet want ander drade het my aandag afgetrek.
Ja, ek het al tee gehad en ek kan die bodem van my koffiebeker ook al sien.
Ons verwag 'n warm dag in Hartenbos. Mense, dinge lyk darem nou sleg in Kaapstad met hul watervoorraad. En as jy na die weervoorspellings kyk, bly dit warm daar en geen tekens van reên nie. Dit maak mens eintlik bang.
Gister het Colin weer probeer vis vang. Hierdie keer het hy darem 'n "paar goeie byte" gekry maar nog steeds geen vis huistoe gebring nie. Vandag moet hy wasgoed doen, dis mos sy joppie!![]()
Lekker dag vir almal. Veral vir Frans en Linda, geniet julle laaste dag voor julle ons more verlaat.
Tot siens
Freda, dankie, ons sa netnou rooibostee kom drink, amper Klaar gepak. Eers gou P en P toe in Groot Brak, so bietjie padkos Koop vir more en more-aand. Vanmiddag Kar pak, voete in die seewater gaan afspoel en Dan see groet, vir LANG tyd.
More so 8 uur ry tot by Colesberg, halfpad. Ons jaag nie meer,!! Donderdagmiddag tuis!
HIER is dit altyd LEKKER, hoop om gespaar te bly vir nog 'n besoek! Amper soos familie HIER!
Arma Colin en dis visse! JA, soms Wil hulle nie geasng word!!! Hoop hy slaag een of ander tyd, enemy HOOP ons sien die resultate d.m.v. fotos!
Julle moet lekker verder kuier, en, sterkte met volgende opslaan in die Baai!
Ons sal e-posse gooi!!!!
Ek sal eers weer DV Vrydag hier probeer inskakel!
Groete aan ALMAL!!
Tot siens Frans!…
Tot siens Frans!
Tot Vrydag toe! Julle moet mooi ry en alles.
Mooi ry
Middag, was hietjie buite in die tuin besig en min tyd gehad, maar dankie, die koffie was lekker.
Frans, julle moet mooi ry en veilig in Klerksdorp ariveer??
Goeie more,…
Goeie more,
Nog steeds 'n heerlike herfsoggend. Sien die weerburo voorspel reen vir Kaapstad vandag. Ek glo en vertrou dat dit daar mag reen en dat dit sommer baie reen sodat hulle ook weer genoeg water mag kry.
Frans, veilig ry vandag en more en dat jy Vrydag weer by ons elektronies mag aansluit.
Tee is gemaak en die koffie is gereed
Goeiemore
More almal, hoop julle het lekker geslaap. Geniet die koffie.
Ons gaan vandag op 'n treinrit. Die Outeniqua Power Van. Dit vertrek vanaf George en ry in die Outeniqua berge in. Ons stop iewers in die berge om piekniek te hou. Ek is lief vir berge, so sien uit daarna.
'n Gelukkige dag vir julle. Dit is Woensdag, vanaand kan ons braai!!!
Freda, dit klink baie lekker…
Freda, dit klink baie lekker. Julle moet dit geniet.
Ons het laas met die trein ook vanaf George na Knysa en terug gery. Dink dit was in 1996 gewees
Reën, reën lieflike reën.............
Reën, reën lieflike reën sê die liedjie mos.
Goeie môre uit Brackenfell, waar dit bewolk is en die pad hier voor ons huis al nat is. Die voorspelling is ligte reën vir die volgende drie dae, en ons bly hoopvol dat ons darem verligting gaan kry.
Selfs al reën dit nie, sal die bewolkte weer darem help om erge verdamping en plant-verdroging 'n bietjie hok te slaan. Lekker dag aan almal en lekker treinry Freda !
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
Drinkgoed is aan die gang en klaar lekker besig.
Lekker dag vir elkeen.
More mense van die forum
My tee smaak ekstra lekker vanoggend. Ligte reën het vannag geval. Elke keer as ek wakker word, het dit tog te mooi geklink op die karavaan se dak. Maar nie een keer hard gereën nie.
Ons het die mooie Outeniqua berge van baie naby gesien gister. Die gids het ook die berg waarteen Hansie Cronje se vliegtuig vasgevlieg het, vir ons uitgewys. Dit was nogal 'n hartseer oomblik, vir 'n paar oomblikke het daar 'n stilte oor die mense in die trokkie gekom. Dit is net baie droog in die berge, geen riviere wat loop en natuurlik nie 'n teken van 'n hele paar watervalle wat mens veronderstel is om te sien op die rit. By die piekniekplek is daar toilette maar ons mag dit nie gebruik het nie want daar is nie water nie. Van die plante is totaal bruin, veral grassoorte en heelwat varings. Maar daar is darem nog baie groen ook. Ons kon die passe baie duidelik sien. Die Montagu pas lyk indrukwekkend en die gids sê enige voertuig kan dit aandurf, behalwe 'n bus en jy kan nie karavaan op dit trek nie.
Ek het gisteraand 'n vinnige e-pos van Frans ontvang. Hulle het by Colesberg oornag en vertrek vanoggend huistoe.
Lekker dag vir almal, die week lê amper op sy rug!
NOU..drink ek n koffietjie…
NOU..drink ek n koffietjie en ontspan. Na 3 ure hospitaal ER en terug.. want oudste het by die bure agter hul hondjie aangehardloop en toe die hoek van n lae tafeltjie net langs die oog getref, so met 'n gly val oor die teëls. Ketamin sedasie en 4 steke later.
So bly albei my kaboutertjies is gesond en saam met ons. Moes ook vandag vir oom Dup begrawe het, my buurman van 15 jaar!
Dankie mense
Dankie mense, ou Fransie terug in Klerksdorp! Behalwe vir BAIE padwerke op N9/N1, redelik voorspoedig gery. Kar effe beneuk geraak, maar Na paar dringende gesprekke het die gedoente besluit om self herstel toe te pas, en vanoggend fluks uit Colesberg weggespring.
Sommer met tuiskoms ge-eindig met beter brandstof verbruik as afry Glentana toe. Sal more loop staan en volmaak en werklike syfers kry.
Nou, Na lekker koppie koffie, van EIE masjien, lekker slaap op EIE bed.
Tot volgende keer!!!!!

Ekskuus Voorie!
Anton, Ek sou nog sê. Sterkte met die gewonde! kinders!!!!
Meegevoel met afgestorwe buurman, DRA asb ons persoonlike meegevoel oor aan familie, Sommer dan namens forum!?
Bly julle is veilig terug…
Bly julle is veilig terug Frans!
Goeie more Almal,…
Goeie more Almal,
Vrydag het weer gekom en dis amper naweek.
Tee gemaak en koffie is besig om te prut.
Frans, is dankbaar dat julle voorspoedig gery het en veilig ge-arriveer het by die huis.
Anton, is saam bly dat dit goed gegaan het met kabouters. dit laat 'n mens nogal skrik wanneer dit gebeur.
Lekke naweek vir elkeen





More Dusty
Ek het gou heel eerste gekyk of jy al gegroet het! Ek mis jou groet oor die naweek.
En more aan al die ander. Hoop julle is al besig met koffie.
Frans, het julle nog baie mis oor die see? Lyk my die hele kus is so, gehoor tot in PE is daar mis oor die see.
Lekker week vir almal. Hoop dit is 'n foutlose een.