Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Oppie strand Geert - Ballito Wessel Strydom -5 hours ago
Vroeg oppie strand Geert - Ballito Geert -6 hours ago
Geert, Geert - Ballito Johann L -6 hours ago
Rona, November 2026 Johann L -6 hours ago
Reenbui Geert - Ballito Geert -7 hours ago
Turbulensie Geert - Ballito Rona du Plessis -14 hours ago

Wat seg die Dr.

Meyerton
Profile picture for user Segekok
Submitted by Segekok on

Eersten wil ek vir almal baie dankie sê vir die omgee en die belangstelling. Dit word opreg wardeer.

Het vanmiddag n mri scan gehad wat nuwe inligting en n verandering in die behandeling teweeg bring. Die simptome bly die selfde as die van n beroerte maar dit word van elders veroorsaak.

Omtrent al die nekwerwels het vergroeisels en vernouings wat dievsenuwees vasknyp wat die verlaming in die gesig en aan die regterkant veroorsaak..

Hulle wou my vanaand inboek in die hospitaal maar ek moet eers gou n paar goed reel. 

Sien môrebdie neurosurg. Ek weet van harte maar van nekke weet ek niks sal maar more hoor. 

Ek is bietjie verlig dat dit nie n beroerte was nie maar is vrek bang vir n nek op.

Sal as ek kan julle op hoogte hou.

Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Tue, 05/06/2018 - 20:06

Oom Seg, baie sterkte, so iets vang mens darem uit die bloute. Eendag nog reg, dan ewe skielik.

Soos wat ek by mense gesien het kan so n episode partykeer voordelig wees in die sin dat mens nou weet wat aangaan en die situasie nou kan bestuur en sodoende dekades se lewe en kwaliteit kan byvoeg as wat dit mens nou net daai eenkeer heeltemal onkant vang.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Tue, 05/06/2018 - 20:33

Ek het geen pyn in die nek nie. Sou nooit kon dink dat mens se nek so iets kan maak nie.  Al wat ek van nekke af weet is .....

As n man vrou vat is hy die hoof van die huis. Sy is die nek.Sy draai hom net waar sy wil.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 05/06/2018 - 21:48

Dankie vir die op datering Deon, bly dit was toe nie geroete nie.

Steeds, jy sal moet werk maak van die oorsaak, sterkte en ons dink aan jou.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 06/06/2018 - 05:24

Deon, nek operasie is nie so groot storie nie. Dit is net die ses weke se nekstut draery. Het self al twee gehad. Die seerste is die been wat in jou heup verwyder word. my nekwerwels is van nr 2 tot nr 7 gefuse. Daar was ook senuwee wat vas gedruk was en het vir my hoofpyn veroorsaak.

Eerste operasie was 4 en 5 vas gemaak. 2 dae in hospitaal. Tweede operasie weer die res en 4 dae in hospitaal.

Sterkte met alles. Nou gaan jy ook 'n man van staal word

Indien jy enige vrae/bekommernis her, vra maar gerus. Glo dat ek dit sal kan be-antwoord.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 06/06/2018 - 05:29

Wat vir my die ergste was met die tweede operasie was die goete wat hulle om my bene gesit het om bloedklonte te verhoed, nie dat ek geneig was tot bloedklonte nie. Dit het my erg ge-iriteer.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 06/06/2018 - 06:27

Dankie Stoffel. Dit laat my klaar beter voel.  Ek sal eers vandag hoor hoeveel hy nodig het vir daai mooi nuwe 4x4 wat hy gesien het. Dit sal seker bepaal wat hy als gaan doen. laugh

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 06/06/2018 - 06:46

Deon, is bly as dit jou laat beter voel. Met my eerste operasie het ek geen pyn pille gebruik nie en bitter min met die tweede. Dit is net ongerieflik vir die eerste week. Vir 6 maande niks swaar optel nie

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 06/06/2018 - 07:09

Ekself het nek operasie gehad en dit is nie so erg. Ek het inteendeel 2 maande na dit weer begin motorfiets ry wat ook baie gehelp het met die herstel.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 06/06/2018 - 07:14

Dit sal net beter gaan Deon sterkte en hou ons op hoogte een vannie dae is daai nek weer 100%

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 06/06/2018 - 07:18

Anton ek tel nooit swaar goed op nie...  Ek vat altyd vir Hel1 saam as ek wil gaan piepiewink

Kamp sal ons kamp....  Hel1 het n EB so sy mag sleep.  Ek sal dan ook maar by die mense aansluit wat hulpvra vir tent opslaan...  of maak soos oom Arie. n stoel onder die boom laat sit sodat ek kan kyk hoe Hel1 die kamp maak...

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 06/06/2018 - 07:26

Deon jy sal nou tweekeer moet dink om vinnig om te kyk vir daai mooi meisie wat by jou verby loop. smiley

en skielik gaan daar n lig aan oor waar die nek se ding beging hetlaugh 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 06/06/2018 - 07:34

Segie, ten minste weet jy nou wat verkeerd is.  Nou moet dit reggemaak word, come low or high water!   Gelukkig kan hul deesdae omtrent alles suksesvol doen.   Al is ons soms geneig om te dink dokters wil net geld maak, kom mens ook meer agter hulle sal tog vir jou sê as hulle dink die operasie kan gevaarlik wees of dalk nie goed afloop nie.   So, ek glo die dokter sal vooraf vir jou kan gerusstel oor die prosedure en oor wat jy daarna kan verwag.  Dit is nou seker nie iets om na uit te sien nie, maar jy moet sterk staan en druk deur.   Sterkte met alles, my maat.

My nek het begin styf voel en ek doen al vir geruime tyd nek oefeninge.   Dit help definitief.  Ek wil vir julle sê, in die begin het dit geklink soos "rice crispies", soos dit "snack, crackle & pop" in my nek.laugh

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 06/06/2018 - 07:41

Dankie Freda maar die ding is my nek het nooit styf gevoel of was nooit seer nie. 

Ek vertrou die dokters gewoonlik as ek wakker islaugh en spot sommer oor die 4 x 4...

Dalk moet ek by WW gaan kuier en PRO LONG probeer kry wink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus