Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
rugby... Springbok rugby Wessel Strydom -1 hour ago
Benoud! Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
Dankie Johann... November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Oppie strand Geert - Ballito Wessel Strydom -11 hours ago
Vroeg oppie strand Geert - Ballito Geert -12 hours ago
Geert, Geert - Ballito Johann L -12 hours ago

Wat seg die Dr.

Meyerton
Profile picture for user Segekok
Submitted by Segekok on

Eersten wil ek vir almal baie dankie sê vir die omgee en die belangstelling. Dit word opreg wardeer.

Het vanmiddag n mri scan gehad wat nuwe inligting en n verandering in die behandeling teweeg bring. Die simptome bly die selfde as die van n beroerte maar dit word van elders veroorsaak.

Omtrent al die nekwerwels het vergroeisels en vernouings wat dievsenuwees vasknyp wat die verlaming in die gesig en aan die regterkant veroorsaak..

Hulle wou my vanaand inboek in die hospitaal maar ek moet eers gou n paar goed reel. 

Sien môrebdie neurosurg. Ek weet van harte maar van nekke weet ek niks sal maar more hoor. 

Ek is bietjie verlig dat dit nie n beroerte was nie maar is vrek bang vir n nek op.

Sal as ek kan julle op hoogte hou.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 08/06/2018 - 10:32

Wel so tussen die vampiere en die donkerte deur, klink dit of dit goed gaan.laugh  Dalk is dit net 'n senuwee wat iewers vasdruk.   Solank dit nie ons klomp is wat op jou senuwees werk nie.

Dis beter dat al die toetse en goeters in die hospitaal gedoen word.  Dit is nou as jy 'n mediese fonds het wat soos myne werk.  In die hospitaal gaan dit van hospitaal voordeel af, buite die hospitaal van daaglikse voordeel, wat beperk is en sommer gou opgebruik raak.

Sterkte, Segie, hoop hulle bereik iets met al die bloed wat hulle van jou trek.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 08/06/2018 - 11:17

Ai Segie, bly hulle het darem 'n brein gevind, by my het hulle heeldag gesoek en niks gevind.

hoor toe nou agter na antie Frieda moes daar gewees het, sy weet presies waar my brein sit, blykbaar effens noord van waar Petra gereken het my brein is?

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Sat, 09/06/2018 - 05:38

Freda ja het gister aand gedog vandag gaan ek huis toe...  Dr.#7 het egter ander planne. Hy wil vandag aan sy bank sake werk.

Hoop om more te kan gaan anders loop ek weg..... Weet tog nog nie wat fout is nie... Elke Dr. Het sy eie diagnose. Gaan vandag eers weer vir toetse by die kardioloog.

Is sulke rooi kolle gebrand van die pleisters. 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 09/06/2018 - 06:11

Deon sterkte daar waar jy nou is. Rus maar terwyl jy kan

Ek verstaan wat jy sê van vashou. Ek kan onthou wanneer ek iets vas gehou het en my hand op n sekere manier draai het die item in my hand net geval. Geen beheer oor my hand in n sekere posisie gehad nie.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 09/06/2018 - 07:30

Sterkte ek hoop ook die DR kom na n punt toe ons weet binne kort is jy op en aan die gang 

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 09/06/2018 - 08:20

More oom Seg, moenie worry, die gesie sal bietjie n paar woorde met daai vampires gaan hê, hulle is heeltemal te gulsig.

Sterkte daar ???☺☺☺

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 09/06/2018 - 13:09

Daai is darem 'n klomp drade wat na jou kop toe loop ?  Gaan hulle jou kop skoonmaak en "re-format" ?

Sterkte en gebruik die tyd om te rus.  Ek rus gewoonlik lekker in die hospitaal.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 09/06/2018 - 13:10

Ag shame, Segie, hoe jammer kry ek jou nou!   Jy lyk maar lekker fed-up met die spulletjie.  Lyk soos kragdrade wat daar onder jou kop inloop, hulle moet jou net nie skok nie!

Dis maar beter om daar te bly tot hul tevrede is al die toetse is gedoen.   Anders jy moet jy weer van die huis af op en af ry.   Kan jy darem eet en hoe is hulle kos?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus