Goeie more almal.
Julie het aan gebreek. Geniet die rusdag
Ja oom Groot G, ek het…
Ja oom Groot G, ek het vantevore oom se ander avatar van die gesig gesien. Nou as daai die spokies bang maak dan moet oom weet.
Nou ja aunty Freda sit mos nie fotos op nie so hoe sal mens weet? ![]()
More oom Seg
Gees, as ek oordeel aan haar…
Gees, as ek oordeel aan haar sin vir humor is sy 'n lang slanke blondinne, met bene van haar boude tot op die grond.
Ek het 'n volledige prentjie in my kop, maar sal maar nie verder uitbrei nie.
Goeie môre Len ! Hoe lyk…
Goeie môre Len ! Hoe lyk dinge innie Kaap? ![]()
Goeie môre
Goeie more aan ieder en elk, te veel name, en ook aan die Skim - alle blikses, nog altyd gesê ek begin gesigte en geeste sien, seker maar die tekens van oudword!!!!
Heerlike dag vir julle!!

. . . . en Freda!!!!!
Hehe Frans, nou is selfs die…
Hehe Frans, nou is selfs die skim benoud?
Groete vir Linda.
Dagsê
Jinne, julle het my kop skoon deurmekaar vanoggend met al jul heen en weer gepratery. Ek weet nie eers waar om te begin nie.
Groot G, ek het ook nogal gedink Gesie praat van my en jou toe hy die mooi mense noem. Ek meen, wie anders kon hy nou bedoel?
Gees, daar is foto's van my op die forum! Iewers!! Nou moet julle eers wag vir 'n "updated" een. Ek moet sê, jy lyk of jy nou in Batman verander?
Arie, toe lengte en blonde hare uitgedeel was, toe staan ek heel laaste in die ry. Ek dink partykeer ek is van al die scraps aan mekaar gesit. My bene strek wel van my boude tot op die grond, maar dit is maar 'n kort entjie af grond toe.
Ek het darem een tjommie op die forum wat my altyd laat goed voel. Ja, julle ander is nie te sleg nie, maar Fransman weet van!!!
Ek is baie besig die week met Wimbledon, het nie baie tyd om met julle te spandeer nie.
Colin se kinders van die Kaap is in die Baai en hulle, en sy ander seun hier, kom vanaand by ons braai.
Ons het heerlike weer op die oomblik, ouens wat kamp vir die skoolvakansie sal nie kla nie.
Lekker dag verder vir julle almal. Luv u. ![]()
Dagsê julle klomp mooi mense…
Dagsê julle klomp mooi mense, geniet jou dag in vrede.
Mej Moreson....
Ek wonder maar net wanneer kry ons 'n verslag oor die kompetisie. Of het die deelnemers almal weggehardloop van Meneer die Hoof Beoordelaar?
Oom Willem dra asb ons…
Oom Willem dra asb ons gelukwense aan Surette oor met haar 30ste verjaarsdag, mag daar nog hope vreugdevolle jare saam met haar geliefdes wees!
En dan so dag laat,..... Noddy dra asb ook ons gelukwense oor aan Ansie wat gister haar 29ste lewensjaar herdenk het met sulke lekker laaaang boerewors rolls. Dit was baie lekker - dankie Noddy! Petra se ook dankie, toe hoef sy nie kos te maak gisteraand nie!
Ai ek is nou tot in diepste…
Ai ek is nou tot in diepste sielswese seergemaak!!!!
Tannie Frieps reken Wimbledon is beter geselskap as ons???????????????????
Mej Moreson, ai antie ek…
Mej Moreson, ai antie ek probeer nog my hormone in bedwang kry!
Sodra hulle rustig raak sal ek 'n in diepte verslag gee oor die kompetiesie!
Nee, reg so, Arie. Bedaar…
Nee, reg so, Arie. Bedaar maar eers voor jy rapporteer. Anders sal daar dalk 'n ouderdom beperking op moet wees.![]()
Jy hou jou verniet so onskuldig om my aan te spreek oor ek kastig tennis bo julle geselskap verkies! Hoeveel keer het jy nie al vir ons gesê jy het nie nou tyd vir ons nie, jy is besig met ander belangrike dinge. Die mees onlangse wat ek kan onthou, was die Zimbabwiërs waarmee jy so gekuier het.....
Vandag speel net vrouens in hul kwarteindronde. Die top-seeds is omtrent almal uit, so ek stel nie so baie belang in hulle nie. Môre ja, dan speel die manne. Al die top-seeds is nog daar en speel hierdie jaar almal baie goed. Dan gaan ek weer vas sit en kyk! Veral na Nadal natuurlik.
Baie geluk aan Surette en Ansie met hul verjaardae. Ek hoop die nuwe lewensjaar gaan vir jul albei gesond, gelukkig en vol liefde wees.





Baie skerp Groot G, sien jy…
Baie skerp Groot G, sien jy let mooi op innie klas?
Gees, nee waar sal ek nou spot? ek is diep bekomerd oor jou en veral oor jou fisieke toestand, ek weet die Geestelike toestand is orraaiterig!