6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -4 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -6 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -12 hours ago

Maanlig Oord - Witbankdam

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ken enige forumlid dalk Maanlig-oord by Witbankdam? My seun vra my nou skielik omrede hy oorweeg om daar oor te staan vir een aand oppad wildtuin toe. Ek ken glad nie die plek nie.

Of kan iemand dalk 'n aanvaarbare alternatief voorstel vir daardie omgewing? Hy beplan om die oggend by Gariepdamdam oppad Berg-en-Dal toe te vertrek. Ons het in 2014 by Pienaardam oorgestaan - maar ek sal nou nie juis huistoe skryf daaroor nie. In 2016 het ons een aand by Kaia Manzi naby Bronkhortstspruit oorgestaan - nie sleg nie. Maar ek reken hy het 'n oorstaanplek naby Witbank of Middelburg in gedagte.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 29/07/2018 - 18:42

Chris, sou dit nie beter wees om uit die Kaap tot in Bloemfontein te ry nie en vandaar sommer tot by Malelane ?  Dis twee lengtes van 1000 km elk.  Vir ons oues van dae is dit 'n bietjie wyd ry, maar die jonges doen dit maklik.  Miskien net oorslaap in Malelane-kampie en dan die volgende dag vroeg opslaan in Berg-en-dal.  My seun en sy gesin het dit verlede jaar so gedoen.

0
Middelburg

Noel

Sun, 29/07/2018 - 19:18

Nee - nee, ek raai aan bly weg van Maanlig oord omrede baie diefstelle en sekuriteit is baie swak. Beste kampplek vir Witbank  omgewing is " Steve Place " by Witbank dam.

Pienaarsdam is by die N4 snelweg en hulle het verbeter afgelope jaar en kampeerders begin meer kamp by Pienaarsdam.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 30/07/2018 - 08:47

Dankie vir die insette tot dusver.

Len - Ons het ook verlede jaar net die eerste aand in Malelane oorgestaan toe ons inderwaarheid oppad was Berg-en-Dal toe. Dit het vir ons perfek gewerk, want ons kon die volgende oggend vroeërig in Berg-en-Dal wees om 'n lekker plek teen die draad te kon kry. Ek kry egter my twee kleinkinders bietjie jammer vir die baie lang skofte. Maar ek gaan al die voorstelle wat ek kry aan my seun deurgee en hy moet uiteindelik maar self besluit.

Hy kon ook nog nie sy plek in die wildtuin heeltemal kry soos hy verlang nie - synde winter-skoolvakansie (ten spyte van die feit dat ek namens hom geskakel het op die dag wat die besprekings geopen het). Hy en sy vrou is groot Berg-en-Dal-aanhangers. Ek dink daar steek baie nostalgie in aangesien dit hulle eerste wildtuinbestemming was as getroude paartjie. Hy wou 4 nagte daar hê en 4 in Satara. Maar tans het hy 5 in Berg-en-Dal en 2 in Skukuza. Ons hoop maar op kansellasies om uiteindelik 'n plekkie te kry in hetsy Satara, Maroela of Letaba. Hulle wil graag die laaste aand naby Orpen- of Phalaborwahek wees aangesien hulle na die wildtuin Eiland Spa toe wil gaan.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 30/07/2018 - 11:04

Dankie Gerhardt. Ek het almal se antwoorde ge-"copy" en aan hom gestuur. Ons het vroeër vanoggend telefonies met mekaar gekommunikeer - en ek glo hy't reeds besluit dat Maanlig-oord is 'n "no-go".

Dit blyk dat Steve's Place nou bekend is as Boat & Caravan Club, Witbank. En as ek na die "Ratings" kyk op CaravanParks.com, lyk dit ook maar na 'n "no-go". Dit laat mens omtrent slegs met Pienaardam oor tensy jy afdraai van die hoofroete in die rigting van Loskopdam.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 31/07/2018 - 07:57

Dusty - nee, alhoewel hy 'n ywerige hengelaar is, is hy nie 'n papgooier nie. Gee vir hom môre 'n geleentheid Hentiesbaai toe, en hy's weg. Nee, hy soek net 'n veilige en gerieflike oornagplek oppad wildtuin toe.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 31/07/2018 - 09:39

Dankie Noel. Dit is een van die plekke wat ook in kop opgekom het. Die sowat 3 km vanaf die N11 - is dit geteer tot by die oord? Indien dit 'n gruispad is, is dit "okay" vir 'n padkaravaan (Penta)?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 31/07/2018 - 10:07

Chris, De Voetpadkloof is puik !  Dis oral teerpad tot by die oord se hek en dan 'n redelike endtjie  baie maklike grondpad tot by die kampterrein.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 31/07/2018 - 14:12

Weereens, baie dankie vir almal se insette. Ek het die inligting deurgevoer na my seun en ek glo dat dit sal De Voetpadkloof wees. Dit is nog ver in die toekoms (volgende winter-skoolvakansie), maar in daardie opsig aard hy na sy pa - beplan sy vakansies lank en deeglik vooruit.

Wat lekker is van De Voetpadkloof is die afstande tot daar en vandaar. Vanaf sy huis tot Gariepdam is dit 809 km. Vanaf Gariep tot De Voetpadkloof is dit 788 km - dus bykans dieselfde afstand en vandaar tot Berg-en-Dal is dit 310 km.

800 km is te ver vir hierdie ouballie op een dag, maar die jongklomp dink niks daarvan nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 31/07/2018 - 14:35

Chris, wat ouballies betref, hierdie ouballie het nog maar altyd na aftrede by die 500km per dag reël gehou, maar volgende jaar gaan ek 1000km die eerste dag tot in Bloem traai en die tweede dag 1000km tot by die Wildtuin.  As ek dit regkry, behoort ek my annerhelfte se gekla dat ons altyd veertig dae en veertig nagte Wildtuin toe ry, te genees.  Daarna sal dit weer 500km per dag wees !

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 31/07/2018 - 15:39

Ek is nie eers 'n oubalie nie, en die verste wat ek nog in een dag gesleep het was minder as 500Km.

Ons is mos met pensioen, tyd is nie 'n faktor nie.😀 

Ons  trip van Sasol tot in Melkbosstrand was versprei oor 5 dae, twee in Riverside by Ritchie, en twee in Karoo Nationaal (fantastiese tyd,  ek wil weer daar gaan kamp), van daar het ons maklik tot by Ouskip gesleep.

Chris, ek stem saam met beplanning, vir ver ritte, maar as ons naby (minder as 300Km) ver gaan kamp, is daar weinig beplanning👍

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 31/07/2018 - 15:44

Hei Len, jy sien vir baie kans. Ek sal maar vir Annatjie vra oor haar ervaring wanneer ek julle in Shingwedzi sien.

Nee, ek sal maar bly by die 500 km/dag reël - anders mis ek uit op Karoo Nasionale Park onder andere. Op hierdie stadium beplan ek om reeds ongeveer mid-April te vertrek om 5 Mei in Punda aan te kom. Dus wil ons so kuier-kuier ry. Ek dink aan 'n paar aande in Karoo Nas Park, Kambro (oorslaap), dan van Kimberley af Bloemfontein toe en te mik vir Riviera (oorslaap), dan iewers in die Bela-Bela omgewing vir minstens 'n naweek en laastens by Die Oog (weer vir 'n paar aande) voor ek my laaste skof aanpak na Punda.

0
Middelburg

Noel

Tue, 31/07/2018 - 21:00

Verste wat ek gesleep het op n dag is 1100 km. Nou sleep ek gemiddeld 800km per dag. My verlof is baie beperk en moet 2 dae sleep vir Kaapse trip. As ek by aftrede kom, sal ek dieselfde reel volg soos Chris 500km per dag

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 01/08/2018 - 05:35

Sien jy klaar raad gekry bly weg en ja Devoetpadkloof puik oord sterkte en kamp n hond uit n bos

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus