Ek is sommer lus om los te trek met 'n geselsie oor ons Wildtuin-trippie oor 138 dae in Mei 2020 ! (Bereken vanaf 12 Desember 2019)

Len, trek los en vertel /…
Len, trek los en vertel / maak ons jaloers.
Ek vrek van jaloesie, ons wou September gaan, maar heelaas, omstandighede verander voortdurend. Al my planne vir die jaar moes verander, maar daar sal weer geleentheid kom👍
Dit ís 'n lekker dokument om…
Dit ís 'n lekker dokument om in jou hand te hê. Soos 'n vorige keer gesê, kamp ons mekaar vir 4 dae raak in Shingwedzi waar jy die 14de arriveer vanaf Tsendze en ek die 15de vanaf Punda.
Ek het darem ook nog 'n ander bespreking om na uit te sien wanneer ek my noordelike kliënte end-Jan/begin-Feb gaan sien (ek is mos nog semi-aktief in die bedryf waarin ek gewerk het tydens die somermaande):
26, 27 & 28 Jan - Letaba
29, 30 & 31 Jan - Mopani
1, 2 & 3 Feb - Shingwedzi
Ons is dan in rondawels bespreek. Ek kan nie só ver ry uit die Kaap uit en nie die geleentheid benut om in die wildtuin 'n draai te gaan maak nie. Ek het vroeër vanjaar dieselfde gedoen en was toe 3 nagte in Pretoriuskop en 3 nagte in Berg-en-Dal.
Man het ek nou daai dokument…
Man het ek nou daai dokument gescan vir `n besprekings nr en ander info met die hoop om daai bespreking te hi-jack.
Wens dit was ek. Hoe gaan die spreekwoord " My hart is in die bosveld maar my gat sit in die kantoor"
Ek gaan darm die naweek saam my neef op sy stukkie grond plak daar in Beauty se wêreld. Gaan bo op die berg slaap so 2 nagte sommer so onner die sterre om weer mens te kan worre.
Groetnis
Dis 'n....
Dis 'n heerlike, opgewonde gevoel om by 'n Wildtuin-hek te arriveer - selfs al het jy reeds die afgelope 65 jaar dit ervaar ! Hier is Krokodilbrug se paar jaar gelede se opgeknapte, meer moderne ingangshek :-

Die sons-...............
Die sonsondergange of-opkomste in die Wildtuin is atyd prentjiemooi. Hierdie prentjie is by die Nsemani-dam geneem :-
....en hierdie een...
..en hierdie een naby Balule (lyk of die veld aan die brand is) :-
....en hierdie een...
...en hierdie een naby Skukuza met 'n swerm voëls wat verby vlieg :
Dan die...................
Dan die pragtige bome :-
Krematartboom wat loodregop groei ten spyte van die skuins helling. Tussen Punda en Pafuri.
By Punda se Mahonie-omloop :
Lyk my Len kan nie meer wag…
Lyk my Len kan nie meer wag vir volgende jaar se trippie nie.
Ons gaan....
Ons gaan op 5 Mei in by Phalaborwa-hek teen hek-oopmaaktyd en hoop om soos in die verlede weer hierdie twee mooi gesigte te sien :-

...en ons was skaars binne die Wildtuin, toe ons op ons eerste diere afkom, 'n hele spelende trop wildehonde ! :-
Vanaf Phalaborwa...
Vanaf Phalaborwa mik ons noord na die gesogde Tsendze-boskampie sonderl elektriese krag waar jy die ingangshek self moet oopmaak en weer toemaak as jy deur is :-
So lyk die staanplekke - lekkerrrr!
..en die ablusies :-
..en die opelug storte....
en die opwasplek..:
Een middag..........
Een middag laat 'n paar benoude oomblikke gehad toe ons terugry Tsendze toe en 'n padblokkade van twee olifante op 'n laagwaterbruggie ons in ons spore stop met geen plan om te gee pad nie. Kon ook nie omdraai nie want dan sou die donkerte ons vang. Moes toe noodgedwonge die twee met klippe bestook om reaksie te kry. (Ek is nou nog skaam daaroor, maar het geen ander keuse gehad nie). Die twee het toe ewe rustig van die bruggie af beweeg en ons kon deurry.
Len, ek dink jy is reg, dit…
Len, ek dink jy is reg, dit is die Skopsuil, en klink nogal soos 'n droë swaai.
By Tsendze....
By Tsendze is ons natuurlik sonder elektrisiteit, maar gelukkig is ons 13 jaar oue Exclusive nog gerieflik toegerus met gas. Ons het 'n gasstofie, terwyl die yskas en vrieskas albei absorpsie verkoeling komponente het wat met gas aangevuur kan word. Die ligte in die karavaan is almal LEDs en kry krag van 'n lekker fris 12V battery wat ook my "movers" van krag voorsien. Ek top hierdie battery elke aand op vanaf die Pathfinder se battery en sodoende word dit nooit pap nie. My laptop en selfone laai ons met 'n klein 300W inverter wat die karavaan se 12V krag omskakel na 220V. Eintlik nogal lekker om met 'n alternatiewe kragbron oor die weg te kom.
Vanaf....
Vanaf Tsendze is die plan verder noord tot by Shingwedzi, 'n groot en baie populêre kamp in die noorde van die Wildtuin. Hierdie kamp moes so drie jaar gelede heeltemal oorgebou word omdat dit totaal verspoel het na groot vloede toe die Shingwedzirivier sy walle oorstroom het. Oor die jare heen bly dit een van ons gunsteling kampe. Hier kamp ons in Shingwedzi in die vroeë tagtiger jare met ons Gypsey 2 en Toyota Cressida :-

...en dekades later nog steeds by Shingwedzi met ons Pathfinder en Exclusive :-








Plek is....
Plek is reeds bespreek - hier is een van die mooiste dokumente denkbaar :-