Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -40 minutes ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -1 hour ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -1 hour ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -2 hours ago
Chris Kanselleer Vakansiebeplanning 2026/27 Chris Boucher -2 hours ago

Kruger Wildtuin in 2020 sneuwel

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is sommer lus om los te trek met 'n geselsie oor ons Wildtuin-trippie oor 138 dae in Mei 2020 !  (Bereken vanaf 12 Desember 2019)

.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 14/02/2019 - 20:58

Punda Maria, die mees noordelike SanParke ruskamp in die Kruger Wildtuin het pas 71mm reën binne 24 uur gehad !  Hierdie wêreld waarheen ek in Mei oppad is, gaan dan wonderlik lyk  -  so dankbaar !

Nog reën word vir môre voorspel.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 15/02/2019 - 07:52

Môre Len en ander

Die goeie reën in wildtuin het natuurlik nou meegebring dat hulle 'n verbod geplaas het op alle besoekers met sagte SNV en padwoonwaens vanaf einde April tot middel Augustus. 

Blykbaar iets te doene met die feit dat padinstanthouding nou "onnatuurlik is, en nadelig inwerk op die diere. Dus sal die paaie onbegaanbaar wees vir genoemde voertuie en woonwaens.

So jammer vir ouens wat in daardie kategorie val.devil

Wessel

0
Pretoria - Oos
Profile picture for user Andre Smit

Andre Smit

Fri, 15/02/2019 - 08:36

Môre Len,

Moenie jou aan hierdie draers van slegte nuus steur nie.

Jy sleep daai wa tot hier in Kempton en los die "sagte" SNV hier.

Dan haak ons daai Jurgens agter die Tipper en ek ry saam as drywer vir julle.

Ek slaap saans in die Tipper en bedags speel ek Kampkommendant dat jy en Ma in vrede kan rondry.

Belowe ek sal nie in julle pad wees nie, julle sal nie eers weet ek is daar nie.

VAT MY NET SAAM.yesyescrying

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 15/02/2019 - 09:13

Dagsê André !  Jy is maar skaars deesdae  -  het die aftrede al ingeskop of hoeveel dae nog ?

Dankie vir die aangebode hulp, maar gelukkig het ek 'n harde SUV en my Exclusive is juis pas met 20mm gelig vir meer grondvry-hoogte en die meneer het mos juis ook AWD (all wheel drive, ek dink hulle noem dit PowrTouch).  Ek behoort dus reg te kom, dankie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 15/02/2019 - 09:55

.........bietjie hoe papnat lyk Punda Maria se dammetjie vanoggend, reg voor die kampeerterrein :-

.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 15/02/2019 - 14:13

Dit sal 'n eerste vir my in die Kruger Wildtuin wees : om te braai met charcoal !  Ek het nog altyd 'n bietjie braaihout van die Kaap af saamgeneem en dan my voorraad braaihout net buite die Wildtuin by padverkopers gekoop. SanParke het in 'n persverklaring versoek dat braaihout afkomstig van Durban, Johannesburg, Bloemfontein, Hartswater, George en Knysna nie die Wildtuin ingebring moet word nie omdat dit dikwels besmet is met 'n dodelike kewer wat die boomlewe in die Wildtuin mag bedreig.

Kaapstad self is nie op die lys van geaffekteerde gebiede nie, maar ek gaan eerder veilig speel en maar oorskakel na houskool.

 

 

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 15/02/2019 - 15:09

Middag Len en ander liefhebbers van wille tuin

Ek is so jammer om van die ander ouens se probleem te hoor. Gelukkig is Brits nie genoem nie, dus kan ek maar met geruste hart my Sekelbos neem.

Ek dink die probleem is wingerdstompies. Die rook bevat blykbaar te veel alkohol en tas die diere nadelig aan.

Len: Kry vir jou mieliestronke as jy deur die Vrystaat kom. Dit brand vinnig en ruik na pap.

Groete

Wessel

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 15/02/2019 - 16:06

Len: Kry vir jou mieliestronke as jy deur die Vrystaat kom. Dit brand vinnig en ruik na pap.

En blykbaar 'n goeie alternatief as toiletpapier skraps is.

Len - jy hoef darem nie só drasties te wees om houtskool te gebruik nie. Die wildtuin verkoop darem nog hout en buite by Phalaborwa is lekker sakke bosveldhout te koop. Ekself is al langer as 17 jaar bekeerd tot brikette (en my Smokey Joe Weber). My seun wil stuipe kry as hy hoor sy pa maak nie regte egte vuur in die wildtuin nie. Maar ek soek niks meer as my ou mini-Webertjie nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 15/02/2019 - 18:30

Mieliestronke :  Wessel ek het nie agter my wa 'n hak om nog 'n sleepwa ook saam te sleep nie.  'n Mens het mos 'n helse vrag nodig, maar ek is bewus daarvan dat dit lekker braai-kole maak.  Sy tweede gebruik : 'n pak van 18 toiletpapier-rolle neem darem ook heelwat minder plek op.

Sarel, die winkels in die Wildtuin verkoop wel braaihout, maar dis baie duur en glad nie wonderlik vir braai-doeleindes nie.

Chris, ek ken myself.  Die dag as ek by Phalaborwa  buite die Wildtuin opdaag, gaan ek tog van daardie lekker mopanie-braaihout koop. Na Tsendze en Shingwedzi behoort dit gedaan te wees en dan gaan dit geregverdig wees om 5km buite Pafuri-hek te ry om daar by 'n ou meidjie lieflike, groote bondels droeë mopani-braaihout te koop teem R9 per sak !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 15/02/2019 - 20:19

................Chris, ek koop elke jaar as ons in die geweste is by haar.  Dit het begin met R7 en daarna elke jaar met R1 opgegaan.  Ek sal weer gaan kyk, maar as die prys R90 is, dan gaan ek voort met my houtskool !

So lyk die hout wat ek nog altyd buite Pafuri gekoop het wat laas R9 'n bondel gekos het :-

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 16/02/2019 - 15:33

Mens juig as jy die pragtige fotos sien, dankie vir die deel Len👍

Ek vermoed jy stap ook nou al seker elke dag om beide die Nissan en die Exlusive om seker te maak als is "honckey dorry" vir Mei maand.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 16/02/2019 - 17:12

...............dis nog 78 dae voor ons vertrekdatum ! Die bietjie herstelwerkies aan die Exclusive is gedoen, maar my wa kort 'n ernstige was  -  hy is sommer baie vuil en stowwerig.  My watertenks is aldrie dolleeg en ek wag maar geduldig vir die reën om te kom  -  ongelukkig niks in die vooruitsig nie.  Ons gaan so oor 'n maand 'n langnaweek-wegbreek maak Citrusdal toe na Koningskop-oord, net om seker te maak alles werk soos wat dit moet voor ons Wildtuin toe vertrek.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus