Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -3 hours ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -8 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -9 hours ago

Kruger Wildtuin in 2020 sneuwel

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is sommer lus om los te trek met 'n geselsie oor ons Wildtuin-trippie oor 138 dae in Mei 2020 !  (Bereken vanaf 12 Desember 2019)

.

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Fri, 01/03/2019 - 16:50

Len, só jammer om te hoor. Ek weet nie wat jou vrou se operasie behels nie, maar enige rugoperasie het maar 'n lang hersteltydperk. As dit 'n fusie is, is die hersteltyd ten minste 12 weke. Ek kan getuig daarvan. Is 2 keer daardeur en mag vir 6 weke gladnie sit nie. Net staan of lê. Dis 'n teleurstelling maar ek stem saam met die kommentaar hierbo - stel liewer uit.

Voorspoed vir julle

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 01/03/2019 - 20:20

31 Aug sal dit 26 jaar wees sedert my rugoperasie. En nog nooit het ek sedertdien weer enige rugprobleme gehad nie. Afgesien van die twee chirurge ('n ortopeed en neuro-chirurg) se uitstekende werk, glo ek dat die nasorg van kritieke belang is. Die eerste 6 weke was die belangrikste en die volgende 6 weke was ek bietjie meer toegelaat.

Dus Len, na my mening sal dit 'n wyse besluit wees om jou trippie uit te stel. Nogal jammer, want ek't uitgesien om jou weer 'n slag in Shingwedzi raak te kamp. Luister maar wat die slim mense sê.

Hou ons maar op hoogte. Sterkte vir Annatjie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 02/03/2019 - 13:19

Baie waar woorde Stoffel,  ek het op 26 'n rug operasie gehad, daai tyd het hulle nog jou rug van middel tot by bene in gips gesit, groot sukses. My tweede operasie was op 62, die verpleegsters in die hospitaal,  het my verkeerd in die bed gehelp, eerste probleem, na twee weke gly ek van leer af, tweede probleem, en na ses weke voeter ek van die dak af.

Party dae kan ek omtrend nie uit 'n stoel op kom nie, en alles omdat die NASORG  nie reg was nie.

Len, weereens, sterkte vir jou vrou, en volg maar die dokters se advies,  dit gaan tog om jul gesondheid, en soos bo genoem, oom Paul se plaas gaan nêrens. Altemit gaan jou nuwe datum vir julle 'n nuwe belewenis oplewer.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 07/07/2019 - 21:05

Ek het gewonder of dit moontlik is om die opskrif van 'n gesprekdraad te "edit" en toe werk dit wraggies !  Toe moes ek nou iets sê :-

Soos elders gemeld, is ons geflopde KNP 2019 trippie nou geskiedenis en dis nou nog 274 dae tot 5 Mei 2020 wanneer ons by Tsendze kamp opslaan.  Ons plekke is bespreek by Tsendze, Punda, Shingwedzi, Letaba, Balule en Krokodilbrug, 5 dae per kamp.

Nou begin die vooruitsien van vooraf !

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 08/07/2019 - 13:18

Middag Roelof

Gelukkig het jy baie tyd om jou bespreking te verander.

Ek kan amper nie glo dat daar mense is, behalwe buitelanders, wat kans sien vie Desembermaand -hitte in wildtuin nie.

Mens kamp in die winter in die KNP, en in die somer gaan mens see toe.

Groete

Wessel

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 08/07/2019 - 13:45

In Desember 2020 sal my Mei 2020 Wildtuinvakansie iets van die verlede wees.  Ek het ongelukkig nie Markus Jooste-tipe finansies om tweekeer in een jaar vanuit die Kaap die Wildtuin te besoek nie, maar sou wat wou gee indien ek kon !  Op jou vraag val ek dus uit.

Ek was nog nooit in Desember in die Kruger Wildtuin nie, maar ek is bewus daarvan dat dit tog elke jaar tjok-en-blok vol bespreek is.  Ek is ook soos Wessel hierbo, 'n herfs/winter Wildtuin besoeker.

Mag ek vra Roelof, hoekom vra jy ?  Beplan jy 'n kampeer-vakansie of gaan jy in chalets/hutte tuis ?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 08/07/2019 - 15:31

... ek kan maar net beaam wat jy sê t.o.v. die somerbesoeker-voëls en (veral) die klein rooibokkies. Ekself verkies die gematigde herfsmaande wanneer ek kamp. Persoonlik vermy ek die besige winter-skoolvakansie en hou glad nie van Aug/Sep nie a.g.v. die brandseisoen en sporadiese sterk winde. Die somermaande kan vrekwarm wees, maar gewoonlik bly ons dan ook in rondawels/chalets. Ons het eenkeer gedurende die eerste 9 nagte van November gekamp. Maar ek is seker maar te veel van 'n sissie om dit weer te doen. Dit was die naaste wat ons nog aan vroeër oppak was. Dit was onsmaaklik warm.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 25/09/2019 - 17:38

Terwyl ons nou so lekker oor Willem se Letaba-kampeerdery gesels, het ek gou gaan kyk hoeveel dae nog na my maandlange besoek daar in Mei volgende jaar : nog "net" 216 dae !

Ek weet Koos en Irene Mol is op die oomblik nog in Skukuza voor hulle Eiland toe skuif en almal praat maar van die droogte daar en ook die kwaai winde.  Ek is egter vol vertroue dat die komende reënseisoen verligting gaan bring sodat die wêreld weer prentjie-mooi gaan wees teen die tyd dat ons daar in Meimaand kom.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 25/09/2019 - 18:05

As jy in die Kaap bly, is dit die prys wat jy betaal : nie meer as eenkeer per jaar in die Wildtuin nie! En ek moet byvoeg, ons hou van Mei-maand in die Wildtuin, want dis 'n ontsnapping uit die Kaapse koue daardie tyd van die jaar met heerlike kortbroek-dae en snoesige koel nagte sonder motte en muskiete……..en natuurlik daardie 40% afslag vir ons ouer garde !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 25/09/2019 - 18:15

Jammer oor die tikfout Slowstrike - dis natuurlik nie nog 2016 dae nie, maar net 216 dae !  Jy is nog redelik skerp hierdie tyd van die dag !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 29/10/2019 - 12:00

Terwyl daar nou bitter min kamp-verwante geselsery aan die gang is, het ek gedink om te gaan kyk hoe lank nog voor ons 2020 Wiltdtuin-trippie in Mei 2020 aanbreek : nog 182 dae !  Ek verstaan KNP is baie droog met uiterste hitte terwyl die werklike reën glo eers in Desember gaan opdaag.  Ek bly vol moed dat teen Meimaand sal die Wildtuin weer pragtig lyk.

Die troos is darem oor twee weke gaan ons saam met drie pare vriende Montagu-karavaanpark toe  -  drie Bush Lapas en my ou Exclusivetjie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 29/10/2019 - 12:17

Montagu :  Goed Chris, ek sal so maak.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus