Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto's oorlaai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -8 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -8 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -11 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago

Kruger Wildtuin in 2020 sneuwel

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is sommer lus om los te trek met 'n geselsie oor ons Wildtuin-trippie oor 138 dae in Mei 2020 !  (Bereken vanaf 12 Desember 2019)

.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 06/08/2018 - 15:33

Nog 'n nader foto van ons kamp by Shingwedzi, teenaan die draad :-

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 06/08/2018 - 16:30

Ja Johan, ek het lankal ophou sukkel en die gaspyp doen die ding vir my, veral as 'n ou se hout effens nat is en jy nie die hele wêreld vol rook wil blaas nie.  Ek hou ook nie van die parafien-reuk van "fire lighters" nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 06/08/2018 - 16:58

Ja, jy is reg Johann, lyk vir my ook of hy 'n blink toekoms en nageslag sal hê !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 06/08/2018 - 20:34

Na Shingwedzi mik ons verder noord tot by Punda Maria, die mees noordelike kamp in die Wildtuin.  Nog een van my voorkeur kampe !

.

Die drinkgat by die grensdraad van die kampeerterrein is 'n groot pluspunt van Punda Maria-kamp.  Hier kom drink verskeie diere water, so te sê op jou voorstoep.

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 06/08/2018 - 21:08

Len, jammer ek kaap nou hier, maar jy laat my dink aan my weermag dae, ek kon net nooit  daai "blits" verdra nie, tot water wat jy op daai stofie gekook het, het na dit geproe😈

Ek het maar altyd loop en stokkies soek vir vuurtjie maak.

Ek hou ook nie van die parafien-reuk van "fire lighters" nie.

Jammer, klaar gekaap, jy kan maar weer voort gaan met jou heerlike vertelling. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 07/08/2018 - 08:06

Len, lekker om jou insette te lees en fotos kyk. Ek leer baie uit deur jou van wildtuin.

Ja ek dink Len moet gekroon word as KNP koning -   Dankie Lenyes

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 07/08/2018 - 13:08

Dankie, ek geniet dit self om myself  "op te werk" vir 'n Wildtuin-kuier, selfs al is dit maande voor die tyd.

Dis interessant hoe verskil Kruger-liefhebbers hoe om daar te kuier.  Ons kamp natuurlik graag en toer die 2000km tot daar en weer terug met ons karavaan.  Ons het net vanoggend vriende by die Kaapstad lughawe gaan aflaai.  Hulle vlieg met Airlink direk tot by Nelspruit se lughawe waar hulle 'n huurkar optel, inkopies by die Spar doen en dan ingaan by die Phabeni-hek tot by Skukuza waar hulle die eerste dag oornag.  Hulle het 10:00 uit die Kaap vertrek en is 14:00 binne-in die Wildtuin !  Ons arriveer op die gouste eers drie dae later in die Wildtuin.  Ons kampeer-besoek aan die Wildtuin verruil ek vir niks nie.  Miskien eendag as ek nie meer die karavaan-opset kan hanteer nie, sal ek ook maar hierdie roete volg.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 07/08/2018 - 14:28

As mens so na Len se foto's kyk, dan moet jy verstaan hoekom hy so lief is vir die wildtuin.  Ja, ek stem saam met Voortrekker, seker een van die grootse KNP ondersteuners wat bestaan.  Len, ek dink jy moet maar eendag jou as daar laat strooi.winklaugh   

Was julle nie bang die olifante bestorm julle toe jul klippe begin gooi nie?   Mens weet mos nooit hoe hulle gaan reageer nie.  Wat as hulle kwaad geword het?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 07/08/2018 - 14:45

Ja die klipgooiery, ek is nou nog skaam daaroor, maar die kalf (of eerder die olifant) was in die put en ons moes verby kom.  As hulle sou gestorm het (alhoewel hulle baie rustig gelyk het) sou ek blitsvinnig moes "reverse" !  Daar was gelukkig geen ander mens in sig nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 07/08/2018 - 15:08

En g'n mens kamp by Punda Maria sonder om die Pafuri-piekniekplek heel noord teen die Luvuburivier te besoek nie.
0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 07/08/2018 - 15:10

Ons was al by 2 geleenthede by daardie einste laagwaterbrug (by die Shipandane-"hide") voorgekeer. Die ou grootvoete is lief om op daardie laagwaterbrug te staan en water drink want hulle kom maklik by en die water is nogal skoon. Twee jaar gelede het 'n hele trop daar water gedrink. 'n Paartjie met 'n Toyota FJ Cruiser het van die teerpad se kant af gekom en skielik teen die steilerige heuweltjie aan die oorkant besef dat hulle nou binne 'n trop olifante is. Hulle het doodstil bly staan en die olifante het amper skuur-skuur teen hulle voertuig verby beweeg. Ek en Ralie sou dalk 'n stukkie onderklere moes was as dit ons was. Ek het na die tyd vir die man gesê dat hulle was baie braaf. Sy woorde aan my was dat hy nou iewers sal moet uitklim om te kyk of sy onderbroek nog skoon is.

Wat my altyd van daardie laagwaterbrug bybly is die altyd-teenwoordige Swartriethaan (Black Crake) wat goggatjies loop en vang. Sekerlik een van die mooiste waadvoëls met sy pikswart vere en kontrasterende rooi oë en neon-geel snawel.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 19/10/2018 - 21:29

Nog twee maande is verby sedert my laaste geselsie oor ons toekomstige Wildtuin-trippie in Mei 2019. Nog net 'n raps meer as 6 maande se wag voor die vertrektyd aanbreek !

Gegewe die geweldige brandstof stygings deesdae en ook vorentoe, moet 'n ou begin planne beraam hoe gaan so 'n duur trippie vanuit die Kaap gefinansier word.  Om te begin het ek besluit om die maand se kampeerkoste so gou as moontlik volledig te betaal.  En nou moet ek Rande begin bymekaar skraap en eenkant bêre vir daardie R16 ooose dieselkoste.  Genoeg van die negatiewe goed.

Ons Wildtuin kampeer-vriende het hul kleiner Bush-Lapa ingeruil op die Bush-Lapa Boabab en hierdie wa moet nog uitgetoets word.  Ons gaan hierdie toetslopie oor 'n maand meemaak by die Bontebok Nasionale Park, net buite Swellendam.  Daar gaan ons die Boabab ordentlik opslaan en deurkyk of alles werk en in orde is  -  ons wil nie in die Wildtuin sukkel nie !

Na ons kuiers by Tsendze, Shingwedzi en Punda Maria, gaan Letaba aan die beurt kom en ek gesels 'n volgende keer oor hierdie kamp.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 20/10/2018 - 07:42

Len ek het altyd gevind die droom en beplan van 'n vakansie is amper net so lekker as die vakansie self?

Ja R16000 se brandstof maak seer, dit is waar ons permanente kampeerders 'n groot voordeel het, ons versprei daai koste oor 'n lang tydperk, maak dit baie makliker?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus