Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Pretoria November 2026 Geert -1 day ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -1 day ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Hoe ry jy op vakansie??

Profile picture for user Frikadel
Submitted by Frikadel on
Forums

My skoonma woon in die Bellville in, so as ons Desembers Keurboomstrand toe ry, ry ons wyd want ons gaan maak altyd eers n draai by Ouma (om die vrede te bewaar).

Ek het die afgelope Desember net so oor die 7000 kilos gery vanaf Boksburg tot by Boksburg via Kaapstad en Keurboomstrand en ons het 7 keer oorgeslaap op baie interesante plekke op ons pad.

Middel Maart was ons af na Ceres vir n troue, ons het 4 dae op die pad oorgeslaap op baie interesante plekke.

Solank ek kan bekostig om sous te gooi sal ek nooit weer op n vakansie n beeline sny vir my eintlike vakansie plek nie.

Wat is julle modus operandi as julle op vakansie gaan?

Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Tue, 30/05/2017 - 09:13

Ons gaan in Julie ( na die skool vakansie) vir n slag see toe.  Dit kan in eendag gery word  maar ons slaap die eerste aand oor in Harrismith. Hier is daar n klomp plekke wat eers gaan besoek word soos die Kaalvoet vrou, Retief klip en Kerkenberg.  Die Sondag oggend ry ons tot by Ixopo waar ons ook so n paar interessante plekke gaan besoek voor ons na ontbyt die Maandag oggend die laaste 150km ry.  Kom uitgerus by ons bestemming aan en maak dan kamp sonder dat ons onder druk is om als so gou as moontlik te moet klaar kry.

0

Segekok, dis hoe dit gedoen moet word. Ek het nou die dag so rofweg uitgewerk dat ek so 260 000 kilos met my verskeie motorfietse getoer het in my lewe in RSA, Mosambiek, Zim, Botswanna Namibie, Zambia, Malawi to by Juba in Suid Sudan.

Die tweewiel toere is afgeskryf laasjaar naby Groot Marico saam met die Vlakvark wat voor my en Tannie Poppie beland het daar op n eensame grondpad.

Dis daar waar ek besluit het dat ek voortaan vir my kinders al die mooi plekke sal wys wat ek so met die jare gesien het op twee wiele. Nou moet ek ook byse dat ek en tannie Poppie baie laat begin het met kinders, so ek het die tyd op hande gehad om gat te skuur en my kinders is nou eers reg om die wereld te waardeer al dink omstanders ek is hulle oupa.....

0

Ons het nie kinders nie...  Teen die tyd dat Hel1 oud genoeg is vir kinders is ek te oud.smiley

Ons toer ook maar so die werld vol en draai by elke geroeste bordjie af en gaan kyk wat daar is om te sien.  Al op baie mooi en interessante plekke af gekom.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 30/05/2017 - 10:00

Segekok, as jy by Fairhills kom, moet jy vir Flip vertel van Kampforum.  Hy skryf soms oor hul specials en so aan op CP forum.  Ek glo hy sal graag hier ook wil deelneem.   Hy en sy vrou bestuur Fairhills nog tot die einde van die jaar.  Daarna gaan hulle weer voltyds toer en kamp.  Stuur sommer groete ook vir hom.smiley

Ek stem ook saam met Frikadel.  As jy ver ry met jou karavaan, is dit heerlik om langs die pad stoppe te hê wat jy deel maak van jou vakansie.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Tue, 30/05/2017 - 10:13

In reply to by Frieps

Soms pla die wa as mens wil afdraai om na interessnte goed langs die pad te gaan kyk. Ons boek sommer by van die B&B's in as ons net een nag gaan oorslaap.  Ons gaan sommer met die tent kamp hierdie ronte.

Sal vir Flip en Tilla vertel.  Ken hulle al n paar jaar.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 30/05/2017 - 11:24

Vandat tyd nie meer 'n probleem met vakansies is nie, pak ons ook ons rit baie rustig aan.  Die oorslaapstorie oppad na jou eindbestemming is wat my aanbetref 'n MOET en dit vorm deel van die vakansie.

Met ons jaarlikse trippie Kruger Wildtuin toe (2000km tot daar en weer 2000km terug), is ons eerste oornag stop 500km verder by Karoo Nasionale Park.  Dan ry ons 'n verdere 500km tot duskant Kimberly en oornag langs die Rietrivier. (As ons die N1 ry, is dit 500km tot by Reyneke Park in Bloemfontein). Vandaar ry ons die volgende 500km tot in Pretoria by Joos Becker Karavaanpark in Pretoria.  Hier kuier ons heerlik by familie en vriende voor ons die volgende 500km tot buite die Wildtuin aanpak. Ons hou nogal van Numbi Hotel en Karavaanpark by Hazyview, want dit is net 15km vanaf die Wildtuin-hek.

Hieronder is een van ons oornagstoppe by Karoo Nasionale Park net buite Beaufort-wes.

Oornag in Karoo

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 30/05/2017 - 15:22

Nee, dit is by Riverside Country Club & Caravan Park,  30km Kaapse kant van Kimberley, so 2km links vanaf die N12 in die rigting van Richie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 30/05/2017 - 19:00

Ons het ook altyd gejaag om daar te kom maar het besef dit is nie lekker nie.  Af Hartenbos toe slaap ons ook 2 nagte oor soos Len hulle en laas wat ons KZN toe was het ons ook oorgeslaap.  Dit gee jou daai sonder moeg gevoel om by jou eind bestemming op te slaan.  Oktober wanneer ons KNP toe gaan wil ons buite die hek by Phalaborwa oor te slaap voor ons die oggend vroeg in gaan.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 30/05/2017 - 20:06

Ons ry ook maar rustig daar is niks agter my wat my jaag nie. Dra nie eers meer 'n horlosie nie.

Probeer om nooit meer as so 500 kilos per dag te doen nie,  en sleep nie tussen sononder en sonop nie. (500km is so ses ure op die pad dan is ek in elk geval moeg genoeg om te wil rus). 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 31/05/2017 - 05:01

Wanneer my hek by die huis toe skuif dan begin die vakansie. Indien iemand wil stop dan soek ons 'n veilige aftrekplek

Af Natal se kus toe oornag ons ook gewoonlik halfpad. Daar is mos niks wat my jaag nie en wanneer jy arriveer die volgend dag is dit nog vroeg en dan doen jy alles rustig.

0

Willem, dis jou beste besluit ooit om net buite Phalaborwa-hek die vorige aand oor te slaap.  Ek aanvaar julle is by Letaba bespreek en jy gaan lekker vroeg daar wees om 'n lekker staanplek los te slaan.

Hier is 'n foto van Phalaborwa se ingangshek, net om jou lekker lus te maak, Willem !

Phala hek

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 01/06/2017 - 13:13

Nee Len, ons gaan daar waar julle altyd gaan "Shingwedzi"

Behoort vroeg genoeg daar te wees.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 01/06/2017 - 16:25

Willem, Shingwedzi is 'n fantastiese kamp  -  omtrent 135km van Phalaborwa-hek.  Dit is nogal wyd om in die Wildtuin te ry so sorg maar dat jy vroeg by die hek is  -  ek dink die hekke open 05:30 in Oktober.  Die H14 is 'n pragtige pad.  Sorg net dat julle nie baie rondkyk by die Ngobeni-watergat nie want leeus, jagluiperd en luiperds word gereeld daar gesien en julle wil mos nie vertraag wees nie !  So 'n end voor dit by die Nandzan-watergat afdraai, ignorer die moontlikheid van 'n trop van 13 wildehonde want hulle sal julle ook vertraag !

Hier is ons kampplek verlede jaar by Shingwedzi, teenaan die grensheining :-

Shingw

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 01/06/2017 - 20:08

Len

Dit is mos die eerste grootpad links na jy deur die hek is ?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 01/06/2017 - 20:39

Ja Willem, 6km vanaf die hek draai die H14 teerpad links uit die H9 (pad na Letaba).  Direk by die hek draai ook 'n grondpad S131 uit en hy sluit later weer aan by die H14 teerpad, maar julle neem natuurlik die teerpad.  Julle gaan by die bekende Tsendze-boskampie verby ry en ook by Mopani-ruskamp (wat nie kampeerplekke het nie).

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus