KATIBA is die Sesotho woord vir hoed
Hier is n paar fortos van die bou werk aan my "Off Grid Canopy"
Die raamwerk is van 25 X 25 staal wat toe met n rubber verf behandel is.

Nadat die staal raam gemaak is het ek al die Alu Plaat 5mm op grootte gesny en die wat gebuig moes word gebuig

Al die plate is met 6mm boute aan die raam vas geboud en met n verseëlaar verseël om water uit te hou. Die rede dat ek 6mm Boudjies gebruik het is dat as ek n paneel wil vervang of wil verander dit sonder baie moeite gedoen kan word.
En hier is hy........

Toe is die tent gemaak. Die dak is so gemaak dat dit met net 2 pale en 2 toue gehou word.

Die sy kante word met "VELCRO" aan die dak vasgemaak en met ritssluiters aanmekaar geheg. Dit vorm dan die kombuis tent,. Die Kombuis is in die Kappie in gebou en het n gasstoof en n stel eetgerei vir 2 mense. Daar is n broodbord, n pan , ketel n pot en al die nodige lepels messe en ander goed.
Die tent kan ook reg om toe gemaak word wat dit dan n slaap vertrek ook kan maak waarin n dubbel bed met gemak sal kan inpas.
Die tent kan ook reg om toe gemaak word wat dit dan n slaap vertrek ook kan maak waarin n dubbel bed met gemak sal kan inpas.


Daar is ook n venster met muskiet gaas, deursigtige plastic venster en dit kan ook heeltemal toe rits.

Om die water te laat afloop as dit reen, laat sak ek net een van die pale om die dak n val te gee wat dan keer dat water op die dag op dam.
Die hele stelsel kan van die bakie af gehaal word en dan is die bakie weer heeltemal standaard. Niks is aan die baie vas nie.
Daar is n 5l gas geyser ook ingebou wat warm water voorsien as daar gestort moet word of skottelgoed gewas moet word.
Daar is n laai stelsel en n vals vloer in die bakie wat sorg vir die pak van goed in krate wat dan maklik verkry kan word en ook veilig is vir die vervoer van die goed.

Dit is gebou om twee mense vir tot 10 dae in die veld te kan ondersteun.
Baie nice Deon, sal jou roep…
Baie nice Deon, sal jou roep as ek hulp soek?, grap net oor die pla.
Ek sien jy weet darem hoe om…
Ek sien jy weet darem hoe om 'n hammer en saag te gebruik?
Baie nice, en dankie vir die deel!
Dankie. Ons het juis weer…
Dankie. Ons het juis weer die naweek n lekker boskamp agter die rug. Mamma het warm water en kan stort. n Porta Poti en dan is sy gelukkig. soos hulle seg... As mamma gelukkig is is almal gelukkig...
Deon...
Deon, ek aanvaar hierdie projekkie is al 'n rukkie terug gedoen want ek het al vantevore die laaste foto van die gelaaide GWM gesien. Dankie vir die stap-vir-stap fotoverslag - knap gedaan.
Hoe vind jy daardie lemmetjie-groen kraggereedskap wat ek daar agter op die vloer sien ? Ek sien hulle adverteer dit nogal baie in die laaste tyd teen goeie pryse. Ek het netso 'n blou kompressor soos jy daar in die agtergrond, miskien is myne net 'n raps kleiner model.
Len Ja dit is n rukkie…
Len Ja dit is n rukkie gelede. Daardie gereedskap is net as jy nou regtig in die knyp is om iets te moet doen... Sal dit nooit weer koop nie.
Net my sienning.
Dankie............
Dankie Deon, dan sal ek maar liewer verby hou.
Ek is maar 'n Black & Decker man, jy weet netsoos Ford by karre ! Ons gewone ouens koop dit mos, nie te duur nie, heel skaflik met net 'n rat of wat wat so dan en wan breek ! Goeie waarde vir geld. Gelukkig nog nooit 'n brand veroorsaak nie.
So van............
So van die os op die jas Deon, wanneer ruim jy daar in die hoek van die garage 'n bietjie op ? Jy is mos van die jonger geslag wat mooi netjiese kampgoed het. Jy kan nie ons ouer toppies se gebruik nou al navolg nie soos wat André Smit reeds doen. Jy moet eers die regte jare agter die blad hê voor jou garage slordig mag wees.





Segekok,…
Segekok,
Dit lyk vir my na 'n maklike en eenvoudige metode on te bou