Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -8 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago

Outsurance ?

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Luister 'n bietjie hierna :-

Agtergrond :-

Eergister, Woensdag 15/8 kom my seun omtrent 10:30 terug by die huis. Hy merk op die alarm blouliggie brand nie, maak die motorhuisdeur (geleë aan die oostekant van die huis) oop en merk dat dié baie stadig oopmaak.  Toe die deur oop is merk hy die alarm-beheereenheid (wat bo-op 'n dakbalk in die garage geïnstalleer is) se battery lê op die garagevloer en al die kragskakelaars op die DB-bord (ook in die garage geïnstalleer) is afgeskakel.  Hy besef toe iets is fout en skakel dadelik hul reaksie-eenheid om te kom help.  Hulle was in 'n ommesientjie daar (en die polisie ook) en besef toe elke vertrek in die huis is geplunder  -  alles in die kaste lê op die vloer.  Toegang tot die huis is verkry van die agterkant (westekant) van die huis waar die hoofslaapkamer se dubbeldeur op die swembad uitloop.  Hierdie deur is aan die binnekant beveilig met 'n Trellidor (ja, die egte Trellidor, nie 'n namaaksel nie).  Die trellidor en die dubbeldeur is totaal vernietig met 'n fris stuk hoekyster en 'n dik houtpaal wat as 'n storm-paal gebruik is.  Die alarm-sirene het vir 'n oomblik geskree soos getuig deur die bure, maar het redelik gou stil geraak. Maar die radio-sein het nooit by die reaksie-eenheid se kontrole-kamer uitgekom nie).

Dit blyk nou dat my seun se aankoms by die huis die inbrekers verras het en hulle het laat spaander want gelukkig, behalwe vir die chaos in elke vertrek, word net drie laptops, twee tablette en 'n selfoon vermis.

Wat uiters vreemd is, hoe het die inbrekers wat aan die westekant van die huis ingebreek het, geweet dat die alarm-beheereenheid en die DB-bord wat aan die oostekant van die huis in die garage geïnstalleer is sodat hulle so gou as moontlik die krag kon afskakel en die battery kon uitpluk ?  Ook , hoekom het die inbraak-sein nie by die kontrole-kamer uitgekom nie ?  Moontlike verklarings :-

  •  die alarm is ses weke vroeër deur die reaksie-eenheid se tegniese span herstel nadat paniekknoppie se sein foutiewelik nie wou deurgaan nie.  Hierdie span het presies geweet waar wat is in die huis en kon die inligting aan 'n sindikaat verkoop het.
  • die reaksie-eenheid meen dat die sein deur "gesofistikeerde" inbrekers geblok word deur 'n ongekoppelde "remote" aanmekaar te druk wat dan die sein blokkeer ("jam") om die inbreker die kans te gee om die beheer-eenheid buite werking te stel. (Hierdie mtode word dikwels gebruik om te voorkom dat motoriste hul voertuie suksesvol sluit).

Polisie :-

Alhoewel die polisie (ontbied deur die reaksie-eenheid) Woensdag vinnig op die toneel was, was geen polisie-beampte of vingerafdruk-deskundige weer op die toneel nie - en môre is alreeds Saterdag !  Noodgedwonge moet 'n mens die huis opruim en kan nie wag vir die polisie om eendag op te daag nie.

Outsurance :-

Hulle eerste reaksie was :-

  • Jou bybetaling van R2500 is betaalbaar voor die herstel van die skade kan begin.
  • Hulle assessor sou (en het) Donderdag die perseel besoek
  • Geen tydelike herstelwerk kan gedoen word voor Vrydag 17/8 nie, mits die bybetaling gedoen is
  • Hulle sal 'n sekerheidswag snags beskikbaar stel.  Dié het wel opgedaag, honger, sonder kos of 'n flitslig vanaf een of ander onbekende, opskure sekerheidsfirma.
  • Ek en my seun het toe maar die beskadigde deur met hout-bord, wat ons opmaat gesny het, aan die deurkoesyn vasgebout
  • Outsurance laat weet vandag (Vrydag), dat 'n kontrakteur volgende Vrydag, 24/8 die deur sal herstel  -  10 dae na die inbraak, sonder dat die deur tydelik herstel is.

 

Gevolgtrekking :-

  • Hoe kan 'n mens maak om die "jam" van 'n alarmsein te voorkom ?
  • Polisie :  vir huisbraak gevalle, moenie op hierdie ouens staatmaak nie.  Hulle is hopeloos en beskou dit as "petty crime"
  • Trellidor :- glad nie so wonderlik soos hulle graag adverteer nie.
  • Outsurance :  Dis opvallend die magdom TV advertensies oor hulle goedkoper premies vir hulle polisse.  Geen advertensie word geloods oor hoe hulle eise hanteer nie. My kinders het 'n duur les geleer want hulle sal na afhandeling van hierdie eis onmiddellik gebruik maak van : "regte, egte versekering", soos wat een van die oudste korttermyn versekeringsmaatskappye graag na hulleself verwys en wat hulle pa al vir dekades gebruik.

 

Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Fri, 17/08/2018 - 21:31

Oom Len, 

Ek weet nie. Maar kan met oom deel as n outsurance mens.

Navara, Datsun, Exclusive, Huisinhoud, ander goete, vorige voertuie, al eise gehad

Hul my nog net op hul hande gedra.

Was eenkeer in Wildtuin, met my terugkeer op Graskop gee my vorige Navava in. Was toe niks ernstig, die een turbo/ intercooler pyp het gepop. Trok was gestuur, Navara bo op trok gelaai en karavaan agter trok gehak.

Lang storie kort, op die einde draai die trok te kort, twee gate voor in my exclusise, Om en by R20 000 se skade.

Outsurance het alles reg gemaak, tow betaal vir Navara en karavaan. Het nie meer as R3000 uit my sak betaal.

Ek is baie lief vir outsurance en net respek vir hulle.

Ek weet nie oom Len, ek moes daai 3 betaal, maar eers later, kan nie onthou dat hul so opdrukkerig was ?

 

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Fri, 17/08/2018 - 21:37

Dalk oom Len, nie versekering brand, maar makelaar / telefoonpersoon wat verkeerde ding onder n goeie naam afgesmeer het ?

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Fri, 17/08/2018 - 21:47

Oom Len, vir al bogenoemde is my versekering so R2700 n maand. Nou mens kan mos voel as iets reg voel of te goed is om waar te wees?

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Fri, 17/08/2018 - 22:16

Ek het oor die 20Jaar wat ek by Outsure verseker is nog nooit n probleem gehad as ek n eis gehad het nie.... .

 

Wat die sekeruteit mense aan betref..  Dalk nie eers die inligting verkoop nie maar dit sommer self gebruik.

Oor die SAPD sal ek dalk liewer nie iets seg nie......

Maak nie saak hoe mens jou eiendom beveilig nie daar is altyd n manier om by die hekke en deure verby te kom.... Daai veiligheids goed is net daar om n eerlike skelm uit te hou.....

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Fri, 17/08/2018 - 22:19

Met die Corolla, was daar twee insidente ( whahaha, wyfies wat bestuur)  wat iemand in haar gat vas gejaag het. Outsurance het reg gemaak en moes net die bybetaling by panelbeater doen na regmaak voor ek die voertuig kon kry, dis billik ?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 18/08/2018 - 07:21

Len, jammer om van jou seun se teespoed te verneem, net die inbraak is al reeds erg genoeg, nou nog al die onodige "ekstra" ongerief ook nog. Nee kyk, ek sal 'n groot bohaai maak.

Ek is nou al vir donkie jare by A&G, en is nog altyd absoluut tevrede met hul uitstende diens, ander mense kla weer oor hulle? 

Sterkte vir jou kinders, hulle moet maar "rond shop", en die klein skriffies lees.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 18/08/2018 - 10:40

He3t eenkeer Louis Trichardt toe gery met die Corolla oor ou Navara in was vir diens. Corolla se cambelt breek toe, darem nie valves geslaan of so. 

So 50 kilos van Polokwane, weereens het outsurance net so gehelp, dink nie ek het enigiets bybetaal nie. Die slegste van alles was die trok drywer wat so baie gepraat het oppad terug, LOL

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 18/08/2018 - 11:09

Oom Len, het nou weer gelees en mooi probeers onthou.

Ek dink oom is reg, met die Corolla insidente moes ek ook eers die bybetaling doen en toe het herstel gevolg, aai die ouderdom, dit my nie so baie gepla daai tyd.

Met die exclusive skade, na die kwotasie van campworld, het hulle die hele bedrag vandie kwotasie in my bank rekening betaal nog voor die karavaan herstel was en dit was op my  om dan eventually campworld te betaal. Ek kan nou om die lewe nie onthou hoe het die bybetaling gewerk nie ?

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 18/08/2018 - 11:33

Nee o donner nou dink ek weer ek het eers na die tyd betaal vir die Corolla goete. Nee dit te veel breinwerk, gaan nou eerder n six pack koop en vleis braai!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 18/08/2018 - 12:06

Ek is ook al donkoe jare by Outsurance, gelukig nog net nodig gehad om 3 keer te eis.

Geen bybetaling omdat ek pensioenaris is, en elke keer die eis sonder enige probleme binne 3 dae in my tjek rekening betaal, dan sorteer ek self die betaling aan wie ook al die werk doen. nog nooit 'n assesor uitgestuur, ek moes net fotos in stuur.

Die eerste eis was vir 'n inbraak, ons was op vakansie, Chubb het my gebel en ek het outsurance laat weet. Hulle het onmidelik die polisie laat weet, en 'n sekuriteitswag van Chubb by die huis gelos. Die volgende dag het hulle nood herstel werk gedoen om die huis te beveilig. toe ons 7 dae later by die huis kom het ons ge-eis wat gesteel was en weereens binne 3 dae in my rekening inbetaal.

Ek glo enige maatskapy is maar net so goed [of sleg] soos die persoon met wie jy deel.

Len met sulke swak diens sal ek beslis met hul bestuur praat?

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 18/08/2018 - 12:15

Ag baie dankie Oom Len se Gees, ek is dankbaar dat jy in gees by my staan.

eintlik met opset verkeerd getik, wou net kyk of julle wakker isdevil

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 18/08/2018 - 13:24

Dankie, goed om te hoor daar is Outsurance-kliënte wat baie tevrede met hierdie maatskappy is.

Niemand 'n oplossing vir die "jam" van die radio-sein na die kontrole-kamer nie  ?

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Sat, 18/08/2018 - 14:59

Len, ek is ook by die sambreeltjie maatsskappy. Seker 45 jaar of langer. Oorspronklik huislening by ALLIED, en versekering deur hulle, later was huis betaal, en ek oor na plaaslike makelaar en deur Sambreeltjie gedek. 

In 2002 tref die moeder van alle haelstorms Klerksdorp (meer spesifiek so 1km strook by ongeveer 6 km lank.

Ek BAIE skade aan huis. In my onmiddelike omgewing gemiddeld R200 000 per huis. MY makelaar en sy saamloop maatjie stel HULLE eie kontrakteur aan (ek kom agter dis familielid - en begin dinge bietjie van nader bekyk). Vang hulle (en assessor maatjie) uit met bedrog. Ek belê vergadering MET ALMAL, en vra wanneer ek MY deel van die "uitbetaling "dan nou kry. Daar is vir plafonne en verfwerk gekwoteer wat amper dubbeld my huis se oppervlakte is.

Ek rapporteer spulletjie aan versekeringsmaatskappy, en word ingelig hulle is bewus van grootskaalse knoeiery, blykbaar is die syfers so hoog, van die GROOTSE bedrog tot op daardie stadium gepleeg - baie makelaars en onderskrywers in die sop.

Ewenwel, ek word direk uitbetaal die Sambreeltjie, en kry my eie werkers. Ek was by die makelaar toe reeds on-onderbroke vir  vir omtrent 28 jaar. Maand na eis uitbetaal as, kry ek kennisgewing van makelaar dat Sambreeltjie my nie langer gaan dek nie, die risiko is te groot.

Ek gaan na Prestasi (nou INDWE) en vul vorms in, met HELE geskiedenis van die eis, en week later kry ek kennisgewing van die nuwe versekering, premie BAIE goedkoper as by vorige mense, en, Sambreeltjie is die versekeraar!!! GEEN storie oor risiko wat te groot is nie.

BAIE goeie diens gekry, en afgelope 15 jaar GEEN bybetlaings, meer nie. Verlede week Woensdag geiser probleme, loodgieter ingekry, gerapporteer by makelaars, kwotasie Donderdag gekry, en volle bedrag Vrydag in rekening inbetaal. Maandag word alles reggemaak.

Wat die "jam"van die alalarmstelsel of radiosein aanbetref, heel moontlik "hulp van binnekringe"van sekuriteitsmaatskappy. Werk seker soos ouens wat jou kar so bedinges as jy sluit, om later as jy weg is, kar oop te maak. Ek sou die storie laat ondersoek het - die alarm maatskappy behoort deel te wees van die ???,  kan nie nou dink wat die oorhoofse groep/unie of wat ook al nie.  (SAIDSA?).

Ek het gelukkig 'n ou stelsel wat NIE met afstandbeheer werk nie, sluit aan en af met sleutel, en kan nie eintlik so maklik  "ge-jam"  word nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus