Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -4 hours ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

KNP EN WILD VANG..

Meyerton
Profile picture for user Segekok
Submitted by Segekok on

Ek weet nie waar om die te plaas nie....  Dit het wel met die omgewing te doen en ook dalk met humanitêr,,,,,

Hoor vanoggend dat daar wild in die KNP gevang word om na Moz te skuif.  Wat die rede agter dit is kon ek nog nie juis uitvind nie, ( Seker maar te lui om te gaan soek)

Gaan dit regtig help met bewaring, of gaan daardie wild ook maar net weer in iemand se pot beland ? ( ok seker negatief van my)

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 21/08/2018 - 09:49

Deon, daar is beslis 'n oorbevolking van seker wildspesies in die Kruger Wildtuin en dit is beslis 'n baie beter opsie om oorskot wild uit te plaas na ander areas waar die wild skraps is of selfs uitgesterf het.  In die geval ter sprake word surplus blouwildebeeste na die Oorgrenspark (wat 'n enorme gemeenskaplike park tussen Suid-Afrika, Zimbabwe en Mozambiek is) na Mozambiek oorgeplaas.  Dit is so dat van die wild seker daar gestroop kan word, maar die moontlikheid bestaan dat die getalle daar ook kan vermeerder en die spesie daar hervestig is.

Die verspreiding van surplus wild na ander areas is juis 'n bewaringkonsep. (Surplus olifante in die Addo Olifantpark is ook onlangs hervestig na die verre westelik deel van die park waar olifante nie normaalweg op hulle eie sou kon uitkom nie).

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 21/08/2018 - 12:55

Len - Van watter wilspesies, afgesien van olifante, is daar na jou mening of kennis tans 'n oorbevolking in die wildtuin? Ek weet dat die buffel- en seekoeigetalle het nogals dramaties verminder met die onlangse droogte. Ek het nie insae gehad het van wetenskaplikes se opinies of bevindings nie, maar kon ek nog geensins die indruk kry dat daar oorbevolkings is van ander spesies nie.

Ek het ook maar my bedenkinge oor die "hervestiging" van blouwildebeeste (of watter ander ekonomies-"oesbare" spesies in die aangrensende Trans-Limpopo Oorgrenspark. Ek kan nie help om 'n groot mate van skeptisisme te hê oor die sukses van hierdie poging nie. Ek wens met my hele hart dat dit wel suksesvol sal wees, maar ek het maar 'n persepsie dat dit waarskynlik 'n doodgebore poging is. Nou ja - daar word mos gereken dat 'n persepsie gewoonlik sterker is as die waarheid. Solank as wat daar honger mense binne die grense van dié park woon (wat tans die geval is), sal 'n eetbare ding na my mening maar swaar oorleef.

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Tue, 21/08/2018 - 12:59

Chris jy slaan die spyker op sy kop solank daar honger mense in die omgewing woon is die wild se kanse op oorlewing maar skraps .

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 21/08/2018 - 17:33

Chris, ek het geen idee nie.  Ek praat maar agter die KNP-veldwagter wat in beheer is van die verskuiwing,  aan wat op TV gesê en gewys het hoe die blouwildebeeste reeds in trokke gelaai is.  Hy het gesê dit is 'n lang en vermoeiende rit (1300km) en hulle sal ongelukkig in die omgewing van 3% verloor wat nie die rit sal maak nie.

Ek het wel probeer om die jongste sensus syfers vir wild in KNP op te spoor, maar kon dit nêrens kry nie.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 21/08/2018 - 18:14

Ek is huiwerig om te se dis n goeie ding wat ek wel weet met die oorlog daar dat wild verseker innie kos pot beland het

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus