6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -5 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -6 hours ago

So paar "tips" vir die wat dalk nie weet nie.

Waar my wa staan
Submitted by Arie on

So paar tips om jou te help as jy in die nood is, ek glo meeste "Off Road" manne sal weet hiervan, maar daar is dalkies so paar wat sal nut kry hier uit.

Gebreekte as of A raam op sleepwa;

Vind 'n lekker duk harde hout tak, kap hom op die regte lengte. Sit langs as die as of die gebreekte " channel" van die A raam trek goed stewig vas met 'ratchet straps" en "Bob's your Uncle, jy kan maklik en veilig ry tot waar jy behoorlik kan herstel.

Gebreekte veer op sleepwa of selfs sleepvoertuig;

Lig voertuig op met domkrag, pas 'n lekker dik stuk harde hout tussen chassis en as, maak vas met bloudraad, jy kan stadig verder ry tot waar jy die veer kan vervang. Ek het jare terug veer op sleepwa in Zim gebreek, kry toer gelukig 'n Amerikaanse rugby bal, hulle bal is soliede "High density foam" en nie opblaas soos ons s' nie. Die daar vas gemaak en nog 900 kilos gery voor ek veer kon vervang.

Vassit in sand of selfs modder;

Nerens waar jy wenas kan vasmaak, neem twee plankies so 100mm by 30mm en so 400 mm lank.Le bo op agter bande, gelyk met band aan die binne kant van trok, laat die ander uitsteek na buite.Ryg ski rope deur die rim en trek die plankies goed vas op die band. Maak seker dat as die wiel draai daar orals genoeg spasie tussen bakwerk en plank is. Ry stadig agter uit, die band sal sodra die plank onder kom, homself uit die modder of sand uitlig, ry stadig tot jy weer op vaste grond is. Indien jy nie plankies het nie sal 'n stewige stok ook werk.

Sweiswerk in die bos;

In jou 4x4 behoort jy altyd welding cables en welding rods saam ry. In noodgeval kan jy die voertuig se battery gebruik om te sweis. Maak jou welding cables op die battery vas en sweis soos gewoonweg. So kan jy 'n as of A raam of wat ookal weer ordentlik vasheg. In 'n noodgeval en jy het geen welding rods kan jy selfs met 'n stuk bloudraad sweis.

Ek weet dat baie mense reken jy kan seker Off Grid plekke net in 'n groep aanpak, mens is nie altyd lus vir mense om jou nie, maar met genoeg praktiese kennis en so bietjie inovasie kan jy meeste probleme oorbrug. As niks wil werk nie klim maar op jou sateliet foon en vra hulp. Moenie bang wees om so bietjie alleen off grid te gaan nie, sorg dat jy jou voertuig ken, jou eie beperkings ken, en genoegsame hulp middels tot jou beskiking het, en as jy alleen ry bele maar in 'n sateliet foon.

As jy in die moeilikheid kom, wees rustig, kyk mooi na die probleem en dink uit die boks uit, gewoonlik is daar 'n plan te maak. Moet nooit oorhaastig raak nie, maak lekker koffie, sit rustig op 'n klip, drink jou koffie suig aan jou pyp en soek 'n ordentlike oplosing.

Daar is soveel planne wat mens kan maak. Ek het al vir 'n man wat sy been erg oopgesny het, met gewone naald en gare steke ingesit. Die wond het genees, wel 'n lelike litteken gelos, maar ten minste het hy nie doodgebloei nie.

Natuurlik nog iets wat in 'n 4x4 moet wees is 'n botel mampoer of witblits, daarmee ontsmet jy enige wond.

Die 4x4 boffins hier, gooi nog so paar nood idees ek sal graag nog baie wil leer?

 

Secunda

Sleep nou

Fri, 31/08/2018 - 10:59

Dankie almal nee ek hoor julle wil n winch koop en daai airbag wat jy se inlaat in uitlaatpyp sit nee as jy net koop om op te sit of net wil he mors jy geld nee dis hoekom ek huiswerk doen

Meyerton

Segekok

Fri, 31/08/2018 - 13:10

 winch koop

Ek weet darm nie of dit regtig die moeite werd is nie.    Ek het een  maar het dit nog nooit gebruik nie.  Het een op my Isuzu ook gehad op die Noordkus en nooit gebruik nie.  

Die "AIR JACK" is ek ook nie baie lief voor nie,  Die pyp is altyd waar die ding nie moet wees nie.  As jy wel vir jou een kry, maak seker dat dit met die compresor sowel as die uitlaat opgepomp kan word.  Ongelukkig het die een wat ek het nie daardie funksie nie en is baie spyt dat ek nie geweet het daarvan toe ek gekoop het nie.

 

Middelburg

Noel

Fri, 31/08/2018 - 13:45

Shaun, hierdie insette gee jou goeie raad. Moenie dink die boswaens of boskaravane kamp lekkerder as tente. Jou tent is voldoene. 4x4 bakkie en tent is 100%  Begin eenvoudig en min as moontlik. 

Secunda

Sleep nou

Fri, 31/08/2018 - 19:36

Noel verseker ek waardeur almal se insette so leer ons maar bymekaar ek maar n ou wat nie skaam is vir vra nie. Voorie ek gaan daai draad nou begin ja nee Deon my brein werk maar nog niks op papier nie 

Arie se oorspronklike inskrywing rakende nood sweiswerk verwys.

Dis inderdaad 'n baie handige wenk!!! 

Ek sou net wou byvoeg dat die volgende daarmee saam ook belangrik is:

1. Sit vir jou 'n sweis glasie (donker glasie wat in ou tipe sweishelmet pas - ± 2 x 3 duim groot) by jou sweis 'rods'. Anders gebruik 'n donkerbril - moet net NIE met blote oog probeer sweis nie - arc-eyes is nie 'n grap nie, nog minder in die bundu!! Onthou die vonk gee skerp lig sowel as straling op oë (ook bekend as "conjunctivitis")!!

2. As jy nie sweiskabels wil saamvat of by jou het nie, gebruik 'jumperkabels' - dit is dik genoeg vir stroom wat jy trek as jy sweis.

3. Baie belangrik is om jo batery te ontkoppel van die motor voertuig as jy sweis - nuwe tegnologie in motors hou niie van die 'kortsluiting' wat jy maak om te sweis nie en kan duur skade in jou motor se elektronika veroorsaak, wat jou ook langs pad kan laat staan - sorg net dat jy ander battery of vriensd het om motor wer aan die gang te kry as die sweis battery dalk pap word! 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus