Êrens duskant die skaapkraal
wag my lam --
Ek weet dat sy haar hare
met 'n turksvyblad kam.
Ek weet sy het nou troukoors;
ek is bang!
Ek is jonk en wil my nie
reeds in 'n strik laat vang!
Dan fladder daar 'n tsetsevlieg,
my lam word aan die slaap gewieg
-- sy droompies . . .
Sy droom van pêrels en van lint
en trippel soos 'n lentekind
oor stroompies . . . stroompies . . .
O, sy wil mos getroud kom,
dit weet ek!
Laat ek waai of ek sit nog
met 'n strop om my nek!
Sy droom van pêrels en van lint
en trippel soos 'n lentekind
oor stroompies . . .
en hier sit ek met ’n veer…
en hier sit ek met
’n veer en ink
en mymer oor
ons jare saam…
daardie eerste skugter
weke het jy mos met
suiwer sy geraam
en dit later in ons
hartsmuur ingevleg
hand aan hand deur
die lang gras gestap
gewonder hoe lyk
die plato se ander kant
in ’n koelgroen kloof
het jy wondersade
aan jou geliefde
akasia ontdek
een oopgebreek
en die vonkels in
die lug op gegooi
en asof onder
sterrereën se skitter
het liefde om ons
gesirkel en met
jou vreugdelag
’n strik om ons voltooi
©adéle theron
naby my hartstuin blom…
naby my hartstuin blom grondbossies
se roserooi tiensent-blommetjies
en pointsettia in miniatuur,
’n sonskyngeel oordek die rankroos
wat oor ‘n lendelam heining hang
terwyl raafswart flapvinke
en blougroen glansspreeus
hul gunsteling gras en bessies verorber
langs die goudvissiepoel krul varinglote
mintgroen, fluweelsag vir ’n dag of twee,
strek dan uit saam met kosbare disa
en heide teen die tropiese hange langs my;
’n kriekekoor oefen in die sampioenedorp
en oupa-uil skryf sy komposisie van Hoop
teen die suile in my groene skadutuin
omring deur sipresse vol groeiende Geloof
©adéle theron
Mooi gedigte Anton, ons het…
Mooi gedigte Anton, ons het baie goeie kunstenaars in Afrikaans.
Iewers was die skakel gegaps
Ek stem saam met julle, ons het pragtige talent. Die gedig wat gedeel is met my naam by is eintlik 'n ou Afrikaanse lekkersing-liedjie wat ek by die woordskuur bewaar het en iewers langs die pad was die skakel gegaps om te se waar ek dit oorspronklik gevind het. Ek het dit gaan regstel op die forum. As ek reg onthou het ek dit by die Mieliestronk erf gaan leen, lank gelede kon 'n mens dan ook luister na die liedjies. Vir my as immigrant wou ek nie ons ou liedjies vergeet nie en het dit dus terdee geniet om te luister en weer te bewaar en deel.
My hartsmaat
Hierdie mensie het ek baie baie lief. Haar woorde was talle kere die kruk in my lewe. Seker een van die pragtigste voorbeelde ten alle tye van hoe 'n mens jou geloof kan uitleef.
Op 'n mat van sagte groen by…
Op 'n mat van sagte groen
by die spruit
het jy my gesoen.
Verewig op my lippe
af-ge-ets
die flinderpassie
van jou teerheid.
Daardie deel van jou
deel van my.
Altyd.
Meraai vannie Baai
Seisoene se liefhê Mag ek…
Seisoene se liefhê
Mag ek jou liefhê net vir nou?
Mag ek jou wese in my arms toevou?
Ek kyk na jou met my oë blou en
sien die blink in joune, groen en grou.
Ek wil jou liefhê in jare wat kom en
vir jou gee, duisend rose wat donkerrooi blom.
In elke seisoen wat die natuur verstom
wil ek jou sien huppel en na my toe kom.
In die lente van ons liefde, ons twee se een wees,
wil ek elke dag jou diepe hunkering lees.
Kom somer se omgee saam met 'n Loffees, dan
gee ek jou 'n pant wat ons bind in die gees.
Op herfsblare wat dwarrel, skryf ek die woorde
waarmee ek jou saamnooi na eiland-oorde.
In die na-winter betree ons die Hemelse boorde en
saam gaan ons Hom loof met engele-akkoorde.
So, mag ek jou dan liefhê vir altyd en nou?
Mag ek jou styf in my arms toevou?
Jy lag na my met jou groen oë grou en ek
weet ek gaan jou vir altyd by my hou.
© Annie/Adéle
die wêreld behoort hierbo te…
die wêreld behoort hierbo te wees
gevestig in wortel, siel en gees
kyk die vryheid teen die blou
geen vlerkklap nodig, sou ek wou,
gee die windpomp ’n droewige kreun
kan ek ook teen ’n sonstraal leun
of met skemer neerwaarts daal
om ’n slukkie water te gaan haal,
maar dankie tog, ek is alleen
want in die wêreld is dit net ’n geween
©adéle theron
die tong tango is 'n baie…
die tong tango is 'n baie lekker ding
en dit maak dat daar klokke beier en dat jou tone krul
en jy branders hoor breek al is jy veeeeer van die see
maar dis nie so ok na die tong tango
om die tanneborsel dan te deel nie
ek is oortuig daarvan dit het iets
met die helderheid van die beligting te doen.
Jeannedarc
uit ons mosaïeknote en hier…
uit ons mosaïeknote
en hier sit ek met
’n veer en ink
en mymer oor
ons jare saam…
daardie eerste skugter
weke het jy mos met
suiwer sy geraam
en dit later in ons
hartsmuur ingevleg
hand aan hand deur
die lang gras gestap
gewonder hoe lyk
die plato se ander kant
in ’n koelgroen kloof
het jy wondersade
aan jou geliefde
akasia ontdek
een oopgebreek
en die vonkels in
die lug op gegooi
en asof onder
sterrereën se skitter
het liefde om ons
gesirkel en met
jou vreugdelag
’n strik om ons voltooi
©adéle theron
Maanlig Sonate vanaand wil…
Maanlig Sonate
vanaand wil ek vir jou kaalvoet dans
op die maat van
Beethofen se Maanlig Sonate
op die groen van die gras
daar wil ek jou uitlok
verlei na plekke waar
storm winde ons harte word
rivierstrome in ons are vloei
ek wil jou arms om my voel
jou hande onrustig soekend
om my onstuimige liggaam
saam met jou liggaamlike ritme woel
ek wil die stormwinde trotseer
saam met jou
die rivierstrome aandurf
saam met ons polsende harte
maar die maanlig sak
die sonate het ophou speel
die storms het bedaar
die rivierstrome het weer bloed in ons are gepomp
nou is dit weer net ek alleen
in die hemelse natuur
met die oggend geluide
saam die sonsopkoms
©ANS BOTHA 15/06 8:14
Agter tralies van goud kruip…
Agter tralies van goud
kruip ek weg
gebind deur liefde
goed... of sleg
ek dra die las
van 'n lewenslange eed
gebind deur liefde
soet... of wreed
aan een my hart vertrou
tot die dood ons kom haal
gebind deur liefde
armoedig... of in praal
'n lewenspad
van rustiger tot woester
gebind deur liefde
verwerp... of gekoester
'n lewenspad
deur self beheer
'n lewenspad
self geteer...





Pragtig, maar te laat, ek…
Pragtig, maar te laat, ek het al 39 en half jaar strop om die nek.