Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -9 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago

Saamstaan, en demokrasie?

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Sit ek hier op my stoep met 'n glas lemoensap [te vroeg vir Rum] en suig aan my pyp.

Hier is geen nimfe om my aandag [en oge] te boei nie, nou sit ek maar so en dink.

Hier is die laaste paar dae baie gepraat oor saamstaan en so ligtelik finger gewys na die nie saamstaaners en die saamstaaners.devil

Dink ek so by my se selwers oor die 'saamstaan" storie;

Kom ons neem 'n hipotetiese [deng maar ek ken groot woorde!] geval - 10 studente wil Desember so bietjie gaan rus van al die harde swotery deur die jaar.

Vyf wil die trein vat Kaapstad toe [groep K] en vyf wil Durban toe gaan [groep D]

Nouja soos die mensdom nou maar is, is daar toe 'n geweldige stryery;  groep K is kwaad van groep D moet dan altyd dwars wees en weier om saam te werk. Kan glad nie verstaan dat ons Suid Afrikaners nooit wil saamwerk en saamstaan nie, dink net wat sou ons kon vermag as ons almal saamstaan. Eintlik al wat ons sou vermag is dat groep K net soos stout kindertjies hul sin sou kry?

Wat K nie weet nie is dat D presies die selfde voel!

Maar ja hier is nou 'n dooie punt, en dit is toe net waar die politiek inkom. K nader heimlik 'n outjie van D en beloof hom 'n T Shirt met 'n groot K op as hy sy houding verander, hy wil baie graag so T shirt he, en stem in.

K roep toe 'n vergadering en beveel aan dat die geskil demokraties opgelos word, met 'n geheime stemmery, so gedaan en so gedoen.

Die stemme word getel, en wragtag daar wen D toe met ses teen vier?? Wat K nie geweet het nie is dat D groter verkiesing beloftes gemaak het, en twee van K omgekoop het met beloftes van leerbaaidjies!!

Ja daar is die 10 toe Durbs toe groep D baie gelukig, want hulle het hul sin gekry, en dit nogal op 'n demokratiese manier. K is bitter ongelukig en voel demokrasie is 'n klug, die drie oorstappers is uiters ongelukig want d het toe nie sy t shirt gekry, hulle het mos verloor, en die twee K's kry toe sulke minderwaardige kuns leer baaidjies

Nou kan ek nie help om te wonder, hoe goed is die saamstaan nou regtig, en lyk my demokrasie maak net party gelukig??

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 06/09/2018 - 12:04

Sê ek ook.   Demokrasie kan nie gebeur nie, daar is te veel verskillende menings en niemand wil ingee vir die ander nie.   Saamstaan nog minder.

Ek wil ook nou 'n hipotetiese (ja, is 'n mooi woord) vat.   'n Ingelsman en 'n Aunty stry oor iets.  Die Ingelsman reken die Aunty wil die laaste woord inkry.  Maar sy laaste woorde is juis : Jy het altyd die laaste woord.    As die Aunty dan niks verder sê nie, het hy mos die laaste woord gehad. Nou waaroor moan hy???? laughlaugh

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 06/09/2018 - 12:54

Gelukkig baie min, Arie. laugh   Ons ken mekaar se dinge en geite en besef altwee dit is gelukkig nie die kool die sous werd om oor nonsens te stry nie.    En as jy eers op pensioen is, is daar mos net nonsens om oor te stry.wink   Maar as ons die slag stry, kan ons altwee goed ons sê, sê.  He-he.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 07/09/2018 - 05:59

DIE TOETS VAN ONS RAADSLIEDE  (CJ Langenhoven)

Maak staat op die raad van die man wat twyfel of dit reg is: die man wat nie twyfel nie het die saak maar van één kant af beskou.

Want twyfel is die vrug van versigtigheid, en versigtigheid is die vrug van ervaring. Daarom is 'n jonge man so heethoofdig en eiesinnig omdat hy so seker is van homself. Hy kan nie verstaan dat daar mense so dwaas kan wees om van hom te verskil nie: en tog in der waarheid die punte wat hy raaksien, en wat vir hom so oortuigend is, dié het hulle ook raakgesien - maar hulle het daarby verby gekyk en daarvandaan verder ander gesien wat hy nog nie by gekom het nie. Die knapste en ervarenste wetsgeleerde wat jy by raad soek sal sê: "ek is half geneig om te dink dat jy dit kan waag om aan te gaan met die saak." Die onkundige sal sê: "Dons op, jong, jy kan dit nooit in der ewigheid verloor nie."

Dit kos 'n geoefende denker om sy opienie in die balans te hou, en dit nie eenkant of anderkant toe te laat oorhel omdat sy informasie onvolledig is of omdat hy dit nog nie degelik gesif het nie. Die oefening wat hom daartoe bring is sy ondervinding van die baie kere wat hy al in die verlede sy kop gestamp het deur alte hals-oorkop na 'n gevolgtrekking te spring. Dit is juis hy wat voel dat daar bitterlik min vraagstukke in die wêreld is waar hy alles van weet aan albei kante wat daar te weet is en wat hy dus volkome bevoeg is om te oordeel. Eieversekering is nie 'n kenmerk van kennis nie maar van onkunde.

Die man wie se raad jy eintlik nodig het is dié wat beide jou standpunt begryp en die van jou teëparty. As hy maar net jou kant van die saak sien, dan is hy oorbodig want niemand in die wye wêreld kan mos nie so goed sien as jyself nie. As hy net jou teëparty se kant sien, dan kan by jou teëparty gelyk gee of hy ongelyk het of nie. As hy albei kante geweeg het, dan sal hy twyfel: óf die vraagstuk moet so eenvoudig wees dat jy dit by jouself moes uitgemaak het sonder om raad te vra.

Maar hoé 'n goeie karaktertrek dit by 'n wysgeer of 'n raadgewer mag wees: in die praktiese lewe betaal so 'n onbeslistheid nie. Jy moet aan ieder 'n saak soveel verstand en ondersoek bestee as jy redelik tyd voor het: en dan moet jy 'n koers kies. Dit help nie om jou span osse by die uitdraai paaie te laat lê en vrek van die dors terwyl jy beraadslaag watter van die twee paaie die eerste by 'n dam verby gaan nie. Wees twyfelagtig in jou dink, vasberade in jou doen.

Te danke aan afrikaanseforum.co.za

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 07/09/2018 - 14:12

Baie diep en baie waar, laat mens dink.

Sien juis op die draad van Sasol iemand noem daar is so paar anderkleuriges ook wat "reg" dink.

Ons is mos maar geneig om te glo wat ek dink is reg, dus as 'n ander ook so dink dan is hy ook reg????

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus