Weet nie of dit al voorheen geplaas is nie.
Isuzu KB300Dteq 4x4 (willehond) en Jurgegens Oryx

Snaakse graspol hier in die…
Snaakse graspol hier in die linkerhoek van die Isuzu foto ![]()
Hahahaha neef Herman, het…
Hahahaha neef Herman, het dit nie eers gesien nie tot jy dit nou uitwys
Somtyds as ek baie tyd het,…
Somtyds as ek baie tyd het, dan sleep ons met die Massey. Van die skuur tot by die huis.![]()

Hi Pierre, jammer nou eers…
Hi Pierre, jammer nou eers. Ons het eers die Namib gehad maar die bed en stort opsie was nie regtig vir ons geskik nie. Het toe rondgekyk na al die ander opsies maar uiteindelik besluit op die Kavango. Regtig 'n baie lekker wa met 'n lekker inloop stort, kombuis, yskas en geyser. Ons is net die tweetjies en het die karavaan daarvolgens ingerig. Die voorste bed se spasie as hy opgevou is, het ek vervang met aluminium kaste wat ek laat maak het. Die bed binne in is altyd opgemaak, so stop en slaap net en ek het die stortkop vervang met ene wat van bo af spuit. Ek het ook die normale 80W sonpaneel bo-op maar het 'n draagbare 200W sonpaneel ook bygesit sodat ek langer sonder krag kan klaarkom. Die Ford/karavaan kombenasie werk wonderlik en joune sal hom net so lekker sleep. Baie stabiel.
Oom Johann, wat se voertuig…
Oom Johann, wat se voertuig het oom? Kan glad nie sin maak nie. Dit lyk anders en interesant ?
Baie dankie vir jou inset…
Baie dankie vir jou inset. Ek het toe een gekoop. Hy sleep fantasties lig en die Ford voel hom nie. Sien uit na die eerste kamp!
Geluk oom Pierre, geniet…
Geluk oom Pierre, geniet daai kampe met hom.
Dankie. Die geniet kan eers…
Dankie. Die geniet kan eers begin sodra my Splash verkoop is!
Kavango kommentaar
Middag Goose
Ek sien jy sleep ook 'n Kavango en dat jy noem van besoeke aan Botswana en Kalahari. Aangesien ek ook 'n Kavango onlangs aangeskaf het, sal ek graag wil hoor;
watter model het jy, en hoeveel kilometers het jy al afgelê daarmee
het jy al erge tegniese probleme ervaar waarvoor ek moet uitkyk.
Ek het die 2016 Extreme en het sommer onmiddellik die sytent aangeskaf by Echo. Vorige eienaar het dit toegerus met lugreeling, 160watt sonpaneel losstaande, twee 105 Amp.huur batterye, 4 jerrykanne, en elektriese jokkiewiel.
moet nog tydmaak om dit rerig te geniet tot sy volle "off road" potensiaal.
hoor graag van jou
Wessel
Middag Wessel, Ek het die…
Middag Wessel,
Ek het die 2014 model en het al seker so 14 000km afgele. Ons het nog nooit enige tegniese probleme ervaar nie maar het paar mod's gedoen soos die behoeftes hom voordoen. Ons slaan ook nie sommer die volle sytente op nie maar op Rooiputs en Botswana wil jy in die aand die toe tent he wat jou beskerm.
Ek het hom gekoop met die 90W solar op die dak maar het gevind dat dit nie genoeg is vir ons behoeftes nie en het toe 'n ekstra 200W lostaande panele aangeskaf. Het net een 105 A/h battery in karavaan maar het 'n ekstra NL batterypak in die bakkie.
Was nou in Oktober in KTP en met die ekstra panele het ons nooit uit krag uitgehardloop nie. My vrieskas is gestel op -19 grade en yskas op -2 en 2 grade. 90L Dubbel kompartement. Voorste bed spasie is kaste wat ek laat maak het. Stort het verlengstuk boontoe dat die stortkop af spuit en nie in jou gesig nie. Matte het ek uitgehaal en rubbermatte gesny en ingeplak. Hoop dit maak sin.
Lugreeling het ek nie maar 'n klein fan wat ek sommer op die 150W ingeboude inverter sit.
Stofdig is hy....die pad van Kasane tot in Savuti, Xakanaxa en dan tot in Maun toets jou karavaan tot die uiterste.
Geniet hom
Groete
Herman
Kavango kommentaar
Middag Herman [Goose]
Baie dankie, dis bemoedigend om te hoor dat jy na 14000km tevrede is.
Het jy die voorste bed se seilwerk/tent heeltemal verwyder om plek te maak vir kaste?
Groete
Wessel






Een vannie dae
Agter os kom ook innie kraal sal my sleep combo wys julle ouens maak my lus vir kamp met al die fotos