Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -1 hour ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -1 hour ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -2 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -2 hours ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -2 hours ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -2 hours ago

Die Blou Bul

Centurion
Submitted by Voortrekker on

BLOU BUL

Die blou bul eet nie van die vloer af nie.

Die blou bul weet nie van verloor af nie.

Die blou bul sukkel nie sy roer af nie.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

 

Ek skree nie WP nie, ek bly 'n bul.

Ek skree nie OP nie, ek bly 'n bul.

Ek skree nie Vrystaat nie, ek bly 'n bul.

Laat staan die Sharks en die Leeus,

en die hele blêrrie spul.

 

Die blou bul tjank nie by sy pa hulle nie.

Die blou bul tjank nie by sy ma hulle nie.

Die blou bul tjank nie by die pale nie.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

 

Die blou bul rol hom nie 'n mielie nie.

Die blou bul kan hom ook nie kielie nie.

Die blou bul is hy nie 'n bielie nie.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

 

Ek roep vir Frik du Preez, hy sal my hoor.

Ek vra vir Thys Lourens, bly op my spoor.

En gee vir Naas Botha, hy stop hom oor.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

 

Ek sit vir Fanie voor, kan jy hom vang.

Ek het vir Rubin ook, maak hy jou bang.

Vat Uli Schmidt jou vas, los y jou mank.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

 

Ek pass vir Moaner uit kan jy hom vat.

Na Hansie Brewis toe, hy's gans te glad.

Ek pass vir Josie uit, jy maak jou nat.

Nou vra jy my vir wie ek skree.

Centurion

Voortrekker

Fri, 28/09/2018 - 08:59

Die Blou Bul meisies foto hierbo het ek uit pure wraak geplaas, want daardie WP trui prentjie het my hart baie seer gemaak en ek het dit baie persoonlik opgeneem want ek dra ook sulke onderbroeke .  Nou voel ek baie beter smiley

0

Bhwahahahahahahahaha ROTFLMFAO vir Voories

Sien, tot oom Chris laaik ons meisies en oom Harry het ook al gesê hy laaik no 2wink

 

 

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 28/09/2018 - 11:40

In my huisgesin die volgende:-

Myself - Transvaler (Leeu)

Vroulief (WP)

Jongste dogter (Sharkie)

Oudste dogter (Bul) en Skoonseun (Leeu), Kleinseun (Leeu)

Seun (Bul) en skoondogter (net wat sy wil)

Wat 'n mengsel.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 28/09/2018 - 14:31

Hennie, as ek jou kan raad gee.  Lyk my jy en jou familie beter maar nie saam rugby kyk nie.  Dit kan dalk op vuisgevegte uitloop. laugh

Colin is so naar né!   Hy is nooit aan my Leeus se kant nie.  Ek kan verstaan as sy ou WP spannetjie teen hulle speel.    Ag wat, ek gun dit hom dat sy span bo-aan die ou lysie is vir die Currie Beker.   In die Super rugby skop ons g@t met hulle.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus