BLOU BUL
Die blou bul eet nie van die vloer af nie.
Die blou bul weet nie van verloor af nie.
Die blou bul sukkel nie sy roer af nie.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Ek skree nie WP nie, ek bly 'n bul.
Ek skree nie OP nie, ek bly 'n bul.
Ek skree nie Vrystaat nie, ek bly 'n bul.
Laat staan die Sharks en die Leeus,
en die hele blêrrie spul.
Die blou bul tjank nie by sy pa hulle nie.
Die blou bul tjank nie by sy ma hulle nie.
Die blou bul tjank nie by die pale nie.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Die blou bul rol hom nie 'n mielie nie.
Die blou bul kan hom ook nie kielie nie.
Die blou bul is hy nie 'n bielie nie.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Ek roep vir Frik du Preez, hy sal my hoor.
Ek vra vir Thys Lourens, bly op my spoor.
En gee vir Naas Botha, hy stop hom oor.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Ek sit vir Fanie voor, kan jy hom vang.
Ek het vir Rubin ook, maak hy jou bang.
Vat Uli Schmidt jou vas, los y jou mank.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Ek pass vir Moaner uit kan jy hom vat.
Na Hansie Brewis toe, hy's gans te glad.
Ek pass vir Josie uit, jy maak jou nat.
Nou vra jy my vir wie ek skree.
Kan sien die wp manne is met…
Kan sien die wp manne is met reg trots op hul trui?
He-he, daar flous Voories…
He-he, daar flous Voories julle lekker! ![]()
nee wat daai foto is al so…
nee wat daai foto is al so oud sy kleur is al gefade
......almal weet mos ons is groooot ondersteuners...
daai foto is al so oud m.a…
daai foto is al so oud
m.a.w die ondersteuners is ook seker al baie groter? ![]()
Jip Voortrekker...verseker…
Jip Voortrekker...verseker....ons groei nog
(Brannas is nie vir sussies nie)
Die Blou Bul meisies foto…
Die Blou Bul meisies foto hierbo het ek uit pure wraak geplaas, want daardie WP trui prentjie het my hart baie seer gemaak en ek het dit baie persoonlik opgeneem want ek dra ook sulke onderbroeke . Nou voel ek baie beter ![]()
Bhwahahahahahahahaha…
Bhwahahahahahahahaha ROTFLMFAO vir Voories
Sien, tot oom Chris laaik ons meisies en oom Harry het ook al gesê hy laaik no 2![]()
Ag maar julle is sooooo…
Ag maar julle is sooooo snaaks, hoe moet ek nou voel, het mos immers ook 'n binneste, iewers?![]()
![]()
Chris en Anton......party…
Chris en Anton......party mense het verstand gekry.
Ne, Freda....![]()
Yip, soos Len sê, ek is nog…
Yip, soos Len sê, ek is nog Nat agter die ore ![]()
In my huisgesin die volgende…
In my huisgesin die volgende:-
Myself - Transvaler (Leeu)
Vroulief (WP)
Jongste dogter (Sharkie)
Oudste dogter (Bul) en Skoonseun (Leeu), Kleinseun (Leeu)
Seun (Bul) en skoondogter (net wat sy wil)
Wat 'n mengsel.
Vat my vrou so 8 jaar terug…
Vat my vrou so 8 jaar terug Nuweland toe vir 'n Bulle/WP wedstryd. Haar eerste keer op Nuweland. Daai dag toe gee die Bulle vir WP 'n loesing...![]()
Nogsteeds was dit 'n belewenis vir my vrou.
Hennie, as ek jou kan raad…
Hennie, as ek jou kan raad gee. Lyk my jy en jou familie beter maar nie saam rugby kyk nie. Dit kan dalk op vuisgevegte uitloop. ![]()
Colin is so naar né! Hy is nooit aan my Leeus se kant nie. Ek kan verstaan as sy ou WP spannetjie teen hulle speel. Ag wat, ek gun dit hom dat sy span bo-aan die ou lysie is vir die Currie Beker. In die Super rugby skop ons g@t met hulle.






Sal maar stil bly, daar is …
Sal maar stil bly, daar is 'n logiese verklaring daarvoor Chris, maar ek wil nie op toontjies trap nie?