Willem, dit geld seker maar…
Willem, dit geld seker maar vir alle vakansies. Dink net wat kos akkommodasie in huise en hotelle. In vergelyking daarmee is kamp darem nog baie goedkoper.
Al is binne seisoen tariewe al baie hoog, kamp die mense maar nog. Miskien vir 'n korter periode as 'n paar jaar gelede. Die gewilde oorde is nog steeds vol, of amper vol, oor die besige tye.
Ons gaan oor 10 dae kamp vir 30 nagte, @ 'n tarief van R2000. Elektrisiteit ingesluit. Naby die huis, so brandstof darem ook nie veel nie. Pensionarisse is gelukkig dat hulle so kan kamp, dit is nie vir almal beskore nie.
Maar jy is reg, dit word duur, soos alles maar deesdae. Dink net, wat gaan van al die karavane in die land word as almal ophou kamp.![]()
Lyk my een van die dae gaan…
Lyk my een van die dae gaan net pensionarisse kan bekostig om te kamp?
Hier by Galago is die tarief R450 per nag vir tot en met 6 mense met privaat ablusie en dan R350 vir die gemeenskalike ablusie kampering. Ek dink dit is 'n baie goeie prys
Hoor jou Willie
Kamp sal ons kamp net beter beplan minder rondry jy minder uiteet terwyl jy kamp gaan brandstof n invloed he ek glo so jy gaan mense kry wat korter gaan kamp en dalk nader aan sy dorp n oord besoek
Willie, reken die eerste…
Willie, reken die eerste ding wat mense sal sny is vakansies?
Ondervinding het my geleer dat sodra die ekonomie styf raak is die heel eerste koste wat baie mense sny, hul kerk bydrae?
As ek moet kies tussen…
As ek moet kies tussen uiteet en kamp dan sal kanp by vĕrre wen
Dit is 'n feit soos 'n koei,…
Dit is 'n feit soos 'n koei, brandstof is baie duurder, en help nie ons probeer dit weg redeneer nie
maar nou gaan ek langer op een plek kamp. Dit bring die prys per nag af, as jy ook soos ons alle "ekstra" uitgawes in berekening bring.
Ons is gelukkig ook nie mense wat lief is vir gaan uit eet nie. Sal normaal net een keer gaan uit eet by 'n oord, andersins , maak ons baie lekker kos by die karavaan. Kos reken ons nie as 'n kamp uitgawe nie, jy moet eet.
In die wildtuine is dit seker ook nie werklik nodig om elke dag, heel dag rond te ry nie, mens kan by jou staanplek ook die natuur geniet, en baie keer ook die wild wat badrr kom.
Arie, dit is dalk soos jy sê…
Arie, dit is dalk soos jy sê, maar daar is twee dinge waar ek nie "sny" nie, my tiende ( onder geen omstandighede nie) en by Sars vat ek nie kanse nie.
Ondervinding het my geleer dat sodra die ekonomie styf raak is die heel eerste koste wat baie mense sny, hul kerk bydrae?
Oom Johann, so op n ligte…
Oom Johann, so op n ligte noot, daar in die willetuin, is die bakkie baie lig op juice. Daai wat mens omtrent so op idle rondry, kom baie ver.
Gesie, ek dink dit het te…
Gesie, ek dink dit het te doen met die lae spoed, jy "idle" mos net daar rond anders mis jy alles.![]()
Jou beplanning sal net beter…
Jou beplanning sal net beter gedoen moet word.
Willie, ek...
Willie ek twyfel sterk of stygende koste lewensstyl voorkeure drasties sal verander. Ekonomies en polities mag die toekoms iewat donker lyk, maar soos ekonomiese siklusse nou al vir jare op en af beweeg, sal dinge voorentoe weer beter lyk. In al die jare wat brandstof styg, het ek nog nooit minder voertuie op die paaie gesien nie.
Willem se opinie hierbo het meriete, met 'n bietjie meer deeglike beplanning sal jy verbaas wees hoe ver jy jou rande kan rek. Die afgelope tyd was my jaarlikse "vaste" kampeer vakansies Februarie-maand Hartenbos toe, April-maand Oudtshoorn toe vir die KKNK en dan Mei/Junie Kruger Wildtuin toe. Hierdie jaar het ons die KKNK oorgeslaan en volgende jaar slaan ons ook Hartenbos oor en ons gaan weer Mei/Junie 2019 Kruger Wildtuin toe. In 2020 mag ons moontlik weer KKNK en Hartenbos toe gaan en dalk die Kruger Wildtuin weer oorslaan. Tussen-in kamp ons kort wegbreke naby die huis.
Vir ons is die brandstofkoste Wildtuin toe en terug (minstens 4000km) ons grootste uitgawe, maar deur langer daar vakansie te hou (natuurlik buite seisoen en in die 40% gryskop korting tyd) kom die verblyf kamperingkoste per dag goed af. Volgende jaar is ons gemiddelde koste vir 'n maand in die Wildtuin R262 per dag.
'n Goeie gebruik vir so 'n lang vakansie met duur brandstofkoste is om 'n jaar vooraf te bespreek en te betaal en daarna maandeliks brandstofkoste weg te sit om die "skok" uit te skakel.
Gelukkig maak my kroos…
Gelukkig maak my kroos kampering vir my baie bekostigbaar.....want hulle is amper elke naweek besig met iets skolerigs dan word die datums vir n kamp naweek aangeskuif.
Maar ja, dit kan n duur storie wees - vinnige bolpark getal bereken soos volg, se nou maar by Galago @ R 450 n nag met privaat ablusie (Tannie like dit kwaai)
- Petrol - R 650
- Verblyf - R 900
- kos - R 600
- Drink goed - R 400
- Roomys ens vir kids - R 350
Jip, dis konserwatief uitgewerk, kan n duur storie raak...
Oom Vleisballetjies, nou…
Oom Vleisballetjies, nou hoekom so suing met die drinkgoedjies, of het jy daai koste net vir een dag gevat?
Jy gaan mos sukkel met die prys van drank met R400 vir 'n naweek? Dit is nie eers een goeie bottel Whisky nie, wat dan van bier?
Frikadel, jy sou darem by…
Frikadel, jy sou darem by die huis ook geëet en (seker) gedrink het. Maar moet ook erken mens koop maar bietjie ekstra vir die lekker eet as jy kamp. En as die vuur saans brand, dan moet daar mos 'n glasie saam met dit gaan, maak nie saak wat daarin is nie. 'n Naweek se kamp kos jou natuurlik heelwat meer per dag as bv. 'n week se kamp.
Die R 400 budget is omtrent…
Die R 400 budget is omtrent net vir die Valpre - Onthou ek het gese konserwatief en in die ou tyd het konserwatiewe mense nie alcohol gevat nie, ook gedans, maar hulle mag nie gewys het dat dit lekker was nie ens....
My drank rekening vir die…
My drank rekening vir die afgelope langnaweek was R350. Kan nie glo ek het so baie gesuip nie! ![]()
My drank rekening vir die…
My drank rekening vir die afgelope langnaweek was R350. Kan nie glo ek het so baie gesuip nie!![]()
Jy drink heeltemal te veel "mix"!!
Werk jy al aan daai kamp verslag?





Willie, ek dink al wat nou…
Willie, ek dink al wat nou sal gebeur is dat n mens kampplekke nader aan die huis sal besoek. Dink nie die kampe sal minder word nie.