6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -5 minutes ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -5 hours ago

Om Die Kampvuur - Bosfontein - Saamtrek 9 tot 11 Nov 2018

Pretoria
Submitted by Noddy on

Hi daar almal.

Ek beplan `n “Om die Kampvuur” saamtrek  op 9 tot  11 November 2018 by Bosfontein Woonwapark in Bela Bela.

Deon en Martie het ingestem om ons spesiale tarief van R720.00 per staanplek te gee as ons meer as 10 waens is.

Ek het ook James en Andre gekry om vir ons `n kampvuurkonsert te doen, regstreeks tydens die uitsending van “Om Die kampvuur” 10 Nov 2018 (Kyk gerus na hulle webblad  http://www.jamesenandre…; )

 

Bosfontein Saamtrek

 

Port Elizabeth

Frieps

Fri, 09/11/2018 - 11:40

Ek hoop ook julle kamp 'n hond uit 'n bos daar by Bosfontein.  Onthou ons moet foto's sien.  Julle moet net vir Spek in toom hou.  Noddy, saai jy van daar af uit Saterdagaand?

Waar my wa staan

Arie

Fri, 09/11/2018 - 13:03

Antie, my van het nie 'n spasie tussen die "I" en die "M" nie, skryf dit sommer aanmekaar!

Ja ons sal ongelukig net die Saterdagaand daar wees, my klein kinders het gekla dat hulle nie vir ouma op haar verjaarsdag gesien het nie, nou kom die spul Saterdag deur virrie dag. Sal nou nie weet hoe laat hulle weer hier vertrek nie, wil ook nie vra nie dan lyk dit of ons hulle nie wil sien nie!

Vamore gou agt lekker rump steaks gaan koop, 'n spul sosaties, en wors, dan kan die spul darem Saterdag eet.

Ek het 'n mosterd en jogurt marinade aanmekaar geslaan en die rump ingele, nou kyk ek die klompie vleis, lyk my ek moet maar nog 'n braaier langsaan leen. Gelukig darem genoeg hardekool vir twee braaiers.

Oupa verlang nogals sterk na die spul, nogal opgewonde oor more.

Port Elizabeth

Frieps

Fri, 09/11/2018 - 13:12

So, dan moet ek eerder sê:  Mooi man Mooiman Arie!laugh

Klink of jy die kids lekker gaan bederf.  Geniet dit.  Hoop die steaks het 'n lekker strook vet aan.wink

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus