Enige iemand wat 'n dop wil kom drink is welkom ek het so bietjie dop en 'n wavrag vol ys!
Sit ek rustig op my stoep en suig aan my pyp, volgende oomblik word dit donker, helse sterk wind en toe gooi die ys, sommer sulke lorry vragte vol!!!
Petra reageer vinnig en uit kom die OBS, toe sit ons lekker en kyk met 'n lang glas OBS en ons reenjasse aan. Die wind waai so fyn sproei reen op ons stoep, maar dit is so lekker ons wil nie ingaan nie!!
Shame, ons sien al weer mense se seile vlieg weg, van die ouens wat heel oggend gespook het om tente weer min of meer staan te maak se tente le weer plat, en dit in die nat en koue, niks lekker nie!!!
Gelukig kon hulle darem meeste van die dakke weer regkry met nuwe sinkplate voor die hael ge-kom het.
Ai dit is pragtig, nie die skade nie, maar die water, dit was DROOG hier, wild moes gevoer word, plante vrek van die hitte en geen water nie, ons verlustig ons aan die strome en damme voor en in ons tent, ek is soos 'n klein seuntjie loop met my kaalvoete in die modder, lekker se ek jou - lekker!
Om die wa gestap en ook die Oupajero gaan bekyk, geen of minimale skade, behalwe vir groot dam in die tent geen skade nie!
Ons is vreeslik geseend, nog nooit in al die storms oor die jare nog nooit noemenswaardige skade gehad nie, nog nooit eers 'n tentpaal gebuig nie?
Al wat ons kan doen is om ons koppe te laat sak en baie, baie dankie te se, ons Vader is GROOT en Almagtig. My hart loop oor van blydskap vir die arme boere wat afhanklik is van die water.
Die bosveld is mos 'n vreeslike dankbare wereld, met die water sal die wereld binne so 10 dae weer pragtig groen wees, dan bly ons waaragtig in 'n paradys. Niks so mooi soos die bosveld wat ontwaak na so bietjie watertjies nie.
DANKIE!!!!
Ja-nee, Petra weet wat sy…
Ja-nee, Petra weet wat sy doen met die opslaan. Ek dink die enigste tentpaal wat sy buig, is daai mooi een.
Maar dit doen sy sommer self, het nie wind nodig daarvoor nie.
Dit is 'n wonderlike gevoel as daar reën kom te midde van 'n droogte. Mens wil regtig net kyk en kyk daarna sonder ophou. Ek is ook altyd op my blyste vir die boere. Dit moet eerder by hulle reën as in ons tuine.
Chris, nee daai was my…
Chris, nee daai was my skoonseun se gazebo! Daai goeidjies val mos sommer met bietjie dou plat??
Nou laat die Antie my worry, waar het jy my gesien?? Hoe weet jy my paal is mooi???
Petra vra nou baie vrae hierso!
Praat jy van die mooi reen, nou net weer begin so lekker sagte geelperske reentjie, ek sien die klomp blesbokke is heel uitgelate, hardloop en maak sulke bokspringe!
Juis nou die dag gesien die een dragtige ooi se fetus het al ver terug geskuif, ek dink sy het net ingehou vir die reen, sal seker binnekort so paar lametjies hier he?
Dankie Shaun, ons het nodig…
Dankie Shaun, ons het nodig om ge-watch te word. Maar ons is meer bek as binnegoed, dink ek? As ons ooit in lewende lywe bymekaar moet uitkom, sal ons seker so soet soos stroop en die ordentlikheid self wees.![]()
As ons ooit in lewende lywe…
As ons ooit in lewende lywe bymekaar moet uitkom
Ek kan nie wag nie!
Ek ok nie, wil graag vir…
Ek ok nie, wil graag vir haar wys presies hoe mooi my paal eintlik is!
Oom Arie, vattie Eish saam…
Oom Arie, vattie Eish saam my bier nie, eintlik meer `n sjampanje mens die afgelope dae, "vat `n dop" klink vir my al tog te biietjie krassies. ![]()
Hy sal nou loop
Ek sal nou doen met n koue een met die moer slim mense om my by die werk kom naweek kom![]()
Ek het gister my deel van 'n…
Ek het gister my deel van 'n dop met eish gehad! Saam met familie gebraai vir middagete en met wyn begin. Toe daag vriende op en die dop en eish gaan toe maar voort tot ons weer die aand braai. Gelukkig is myne net 'n bietjie wyn op 'n slag met baaaiie eish. Vandag moet my gestel bietjie rus!!





Ou Tentpaal
Jy't mos darem gewys dat jy kan dien vir 'n tentpaal as dit wel sou gebeur.