Berg-en-dal Rest Camp KNP

Forum Onderwerpe

Algemene Inligting

Resensies

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 11/11/2018 - 22:53

suidelike kamp in die Wildtuin met talryke wild en paaie om te ry.  Die grootste probleem hier is die las van blouape wat kampeerders se tente en selfs karavane terroriseer.  Geen kos-items moet in tente geberg word nie en karavaan-opwip-dakke moet laat sak word as niemand tuis is nie.

So lyk dit hier :-

.

.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
5 uit 10
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Ja
Vir kinders?
Geen fasiliteite
0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 12/11/2018 - 17:21

Ons was laas in 2007 hier gewees, lekker gestaan teen die draad.  Ongelukkig was ons die een laat middag gou uit om 'n draai te ry toe 'n trop wilde honde 'n bosbok teen die draad gevang het.  Ons het later net die Hiënas gehoor hoe hulle die bene kou.

.

.

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
6 uit 10
Toegangbaarheid
Enige tipe voertuig
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Winkel en restaurant
Vir kinders?
Geen fasiliteite
0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 13/11/2018 - 06:27

Ons het, saam met ons kinders, 'n paar jaar gelede hier gekamp.   Oor die kamp self, kan ons niks verkeerd sê nie.  Dit was baie warm en die swembad was baie welkom, veral vir die kleintjies.  Wat Len sê oor die ape is waar.  Ons het alles weggesluit maar hulle het steeds amok gemaak in ons afwesigheid.  Die ergste vir my was, hulle gaan sit op daardie muurtjies om die ablusieblok en ek was baie bang om in of uit te gaan want jy moet by hulle verby loop.   Die dag toe ons vertrek, stop ons by die ablusies om vir oulaas gou in te gaan.  Colin het sy venster halfpad oopgelos.  Toe ons uitkom is die Pajero (wat ons toe mee gery het) vol ape.  Hul voetspore oral, wat ons toe eers moet skoonmaak.

Ons het heerlike koelte gehad op ons staanplek en die ablusies was mooi en netjies.

.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
7 uit 10
0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 13/11/2018 - 15:55

Berg-en-Dal, geleë in een van die mooiste omgewings in die Krugerwildtuin, was sedert my eerste besoek in 1989 aan hierdie besonderse mooi kamp, een van my gunstelinge-kampe in die wildtuin. Ons het egter pal in chalet-akkommodasie gebly en in November 1999 vir die eerste keer daar gaan kamp. Ek kan onthou dit was onsmaaklik warm. 

Ek het slegs die eerste aand die fout gemaak om 'n buitelig aan te skakel terwyl ek braai. Ek het nog nooit weer sulke grillerige goggas gesien wat deur die lig aangelok is nie. Maar ek het darem een aand ook 'n uitstekende vertoning gehad van Duitse skoonheid. Die voorlaaste aand het 'n Duitse paartjie reg oorkant ons kom oorstaan met hul gehuurde "motor home". Die baie mooi vroutjie het besluit dit is té warm om enige bo-klere aan te hou en het vir die res van die aand met haar pragtig-bedeelde kaal bolyf in die lig van die "motor home" geparadeer. Ralie moes maar vleisbraai, want sy't my die plesier gegun om vanaf my donker kolletjie te staar - en natuurlik geweet ek sou die vleis verbrand.

Ons volgende kamp-ervaring in Berg-en-Dal was toe ek in Oktober 2015, tydens 'n werks-"trippie" na die noorde net 'n tent en die nodigste kampgerei ingepak het. Ons het 5 wonderlike aande in Berg-en-Dal geniet.

B&D

Dit het bygedra tot ons besluit om ons 2017 besoek aan die wildtuin met 'n week in Berg-en Dal te begin. Ons was gelukkig om 'n baie lekker staanplek teen die draad te kry.

B&D

B&D

Maar die staanplek teen die draad met koedoes, rooibokke, witrenosters, 'n hiëna en selfs 'n siwetkat wat kom gesig wys het, was amper al wat lekker was van ons laaste ervaring. Nog nooit het ek in enige kamp in die wildtuin sóveel las van ape en bobbejane gehad nie. Ons het die nodige voorsorg getref, maar ander kampeerders wat nie daarop bedag was nie, het lelik deurgeloop. Een paartjie van die Oos-Kaap se vakansie was geruïneer nadat bobbejane hulle tent uitmekaar geskeur het. My buurman se vrou is deur 'n groot bobbejaanmannetjie gestorm toe sy met 'n arm vol skottelgoed vanaf die kampkombuis terugkeer. Sy't alles laat val. Klagtes by die kantoor het op skynbaar dowe en traak-my-nie-agtige ore geval. Jy is slegs weer vertel dat hulle jou by aankoms gewaarsku het teen ape en bobbejane. In ander kampe (bv. Shingwedzi) is daar permanente bobbejaanwagte. Bobbejane en ape het 'n absolute skrikbewind gevoer tydens ons week in Berg-en-Dal - met geen hulp van personeel se kant nie.

Die tweede negatiewe ding wat ons ervaar het was die toestand van die ablusies. Dit het voorgekom asof daar geen onderhoud vir lang tye was nie.

B&D

Ek kan nog vele ander foto's wys. Ek het dit geneem en aangeheg in 'n e-pos wat ek aan die ruskampbestuurder en SANParke se hoofkantoor gestuur het. Ek het nie eens 'n antwoord daarop ontvang nie.

Die mans-ablusies beskik oor 4 storte. Twee daarvan is enkel storthokkies, maar met geen knippe om die deur te sluit nie.

B&D

Die ander twee storte is in tandem. Jy moet deur die eerste een se aantrekgedeelte (slegs met swaaideure) loop om by die volgende een uit te kom. Kan een simpel mens só 'n stort ontwerp? Hier in die Kaap gebruik ons 'n uitdrukking: "Swak Piketberg". (Piketbergers sal my hopelik vergewe, maar hulle gebruik ook die uitdrukking). Ek wil sê: "Swak Berg-en-Dal". Op die volgende foto kan die twee stelle swaaideure gesien word.

B&D

Dít sover my resensie van die kamp aanbetref. Dit is na my mening geleë in een van die beste wildomgewings in die wildtuin. Dit is 'n goeie area vir roofdiere (behalwe dalk jagluiperds). Wat my persoonlike ervaring aanbetref beskou ek die Berg-en-Dal omgewing as die wildehond-mekka van die wildtuin. Die omgewing se topografie is onverbeterlik en nêrens word dit in die wildtuin oortref nie.

Berg-en-Dal beskik oor 'n lekker kampwinkel, een van die beter restaurant/kafeterias in die wildtuin, 'n swembad (wat nie baie goed versorg word nie), 'n lekker wandelpad deur die kamp en 'n dam voor die hoofkompleks waar jy lekker in die skadu op bankies kan gaan sit en wild by die water kyk.

Ons het in Februarie vanjaar weer in 'n chalet gebly. Ek reken hulle chalets is gerieflik. Maar my lus vir kampeer in Berg-en-Dal is geblus. Dit is my seun en sy vrou se gunsteling-kamp in die wildtuin, maar hulle het altyd nog in chalets gebly. Ek wag in spanning vir sy terugvoer wanneer hulle vanjaar in Junie vir die eerste keer daar gaan kamp.

My Gradering
4 uit 10
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Winkel en restaurant
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus