Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
wat is lank vooruit bespreek ??? November 2026 Wessel Strydom -38 minutes ago
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -9 hours ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -11 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -1 day ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -1 day ago
Finaal Springbok rugby Geert -1 day ago

Weskus dorpe sal jy ??

Secunda
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on
Forums

More almal soos meeste van julle weet beplan ek al n geruimte tyd ook n toer deur die weskus so asb gee jou inset dit sal hoogs waardeur word julle insette het my gehelp met die Kaap wynroete sowel Richterveld toer Sal jy oornag of langer vertoef by die volgende dorpe in die Weskus sou jy van nog plekke weet wat nie hier gelys is nie groot seblief sit hom op ek en Berdien wil drie weke die toer doen een week sal nie vir ons werk nie jy mis te veel en te gejaag Dankie byvoorbaat 1Strandfontein 2 Yzerfontein 3 Melkbos strand 4 Dwarskersbos 5 Lambertsbaai 6 Tietiesbaai 7 Jacobsbaai 8 Leentjies klip 9 Ganzekraal

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 11/12/2018 - 10:02

Sleepnou, soos ek vir jou genoem het oor die foon,   Yzerfontein enige tyd want ek het al daar gekamp (agter die duine) ,  Leentjiesklip ja want alhoewel ek nog nooit daar gekamp het nie het ak al positiewe dinge gehoor daarvan en ek glo Len maak ook gebruik daarvan as hy gaan blomme kyk.    

Standfontein is 'n moet as jy kan, alhoewel 'n munisipale oord  (in 2 dele - 1 voor met privaat ablusies en dan die perdeskoen een wat bietjie agtertoe is)   Lieflike plek!

Dwarskersbos wil ek ook nog gaan besoek, alhoewel nog nooit daar gekamp het nie al baie verby gery en ek glo dit is aanbeveelbaar.

Tietiesbaai, nou -ja,  'n lieflike plek maar baie negatiewe opinies asgevolg van veiligheid so dit is jou risiko!

Die ander plekke ken ek glad nie.

Loer maar gerus weer na die artikels wat ek gedoen het van die plekke hieronder.   Ai, hoe verlang ek nou en sal moet plan maak om die ander ook te gaan besoek!

 

Strandfontein  Strandfontein

 

Tietiesbaai        Tietiesbaai

 

Yzerfontein       Yzerfontein

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 11/12/2018 - 10:05

Dankie vir jou tyd en insette Anton dit maak die besluitneming net soveel makliker

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Tue, 11/12/2018 - 10:42

Goeie dag Sleep nou en netnou en sleep somme baie. Ek weet nie baie van die Weskus se kamp plekke nie maar weet verseker by die indraai by Yserfontein is lekker vars gebakte brood by die winkeltjie op die hoek, hulle bak 2 keer op n dag. In Paternoster is baie vars kreefstertjies te koop wat jy op die kole kan braai saam gebraaide patats. Loop soos n kerk muis met slippertjies aan. Ook in Paternoster si Oop vir Koep winkel, laas rooi deure gehad en ook varsgebakte brood 8 uur in die oggend.

Ons het al daar in 'n huisie gebly so paar jaar terug en weet van die lekker nye. Amper vergeet ek van Darling se toffies en tuisgemaak te kaas en hulle olywe, daar mag jy maar ook gaan kuier as jy op Yserfontein staan.

Sterkte met die beplanning en die lekker toer.

 

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Tue, 11/12/2018 - 10:57

Na aanleiding van wat Anton netnou gese het- Ons was einde Okt vir 'n naweek op Paternoster saam met 'n groep vriende. Altyd lekker om 'n paar dae daar deur te bring. Soos Lapskag se, daar is heel baie om te sien en beleef. Maar reeds toe ons bespreek het en ook toe ons daar aangekom het het die agente ons gewaarsku teen misdaad. Selfs in die huis wat ons gehuur het was daar waarskuwings opgeplak. Ons het regtig geen probleme gehad nie maar ons is deur locals vertel dat mense onlangs by Tietiesbaai beroof en besteel is. Die groot krewe van vroeer sien mens ook nie meer nie. Die smouse het 'n paar krewe aan ons (natuurlik onwettig) probeer verkwansel wat eintlik nog aan hul mammas moes gedrink het.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Tue, 11/12/2018 - 10:58

As julle in Melkbosstrand oorstaan, is daar 'n ou huisie restuarant Blouberg se kant toe, Ons Huisie of so iets, hulle maak ook baie lekker kos met 'n see uitsig, probeer gerus. Julle gaan mos lank daar staan en orals kuier.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Tue, 11/12/2018 - 11:03

Ek dink orals waar vakansie gangers en toeriste is moet jy maar wyd kyk en oplet in die klas vir die volksvreembe elemente wat hulle self help, kom mos hulle toe om so op te tree en jou tyd versuur. Wees maar wakker en geniet elke dag.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 11/12/2018 - 11:13

Lapskag en Sarel dankie waardeur julle inligting  sal maar versigtig te wees jammer dit gaan so in ons mooi land

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 17/12/2018 - 06:46

Het gister gesien mense kamp by tietiesbaai en geen problem so dalk moet ek daar draai as daar redelik baie mense is lyk my die ou wat rondloop en aanjaag bietjie versigtig dan

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 17/12/2018 - 13:05

Shaun, die grootste gevaar daar is diefstal.   Ek twyfel baie sterk of jul lewens in gevaar sal wees.  Daai mense wil nie doodmaak nie, hulle wil steel en soek die sagte teikens daarvoor.  Sorg net dat julle nie 'n sagte teiken is nie.    Beveilig julleself en jul besittings na die beste van jul vermoë.  

Die oordeienaars moes teen hierdie tyd darem seker ook al wakker geskrik het oor sekuriteit en veiligheid??

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 17/12/2018 - 13:25

Dit gebeur maar by heelwat oorde aan die kus.   Jeffreysbaai is 'n groot een van hulle.  Die kampeerders word besteel deur mense wat vanaf die strand se kant toegang het.   Gedurende die feestyd het hul nou blykbaar wagte wat deur die nag patrolleer maar hul kan dit seker nie heel jaar doen nie.   En dan weet jy nie of die wagte dalk kop in een mus is met die diewe nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus