Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -1 hour ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -12 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago

Tuiniers

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagse mense,

Neef het n groot passie vir tuinmaak, skuus maar nie rose en tjienkerienktjies nie, nee dis koolkoppe, aartappels en spenasie, vir oorlewing. En dan so bietjie van die "heirloom" kultivars, tamaties, bone, etc,etc vir interesantheid. Natuurlik is dit organies en probeer so gesond as moontlik groei.

Is daar nog Omies hier wat n tydjie in die groentetuin spandeer, sal graag wil saam gesels.

Sit n foto hier van my kweekhuisie in groentetuin.Kweekhuis

Winter gepeuter 

Kweekhuisie

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 09/01/2019 - 18:16

Dankie Voorie, het daar gekyk, die plek wys elke inset, of reply,  wat neef  gegemaak het , dus is daar n hengse klomp blaaie. Die ander Forum het n "my topics" soekfunksie. Gedink daar is n soortgelyke plekkie hier wat ek miskyk.

Ewenwel, hier is die uie gevleg en opgehang. Genoeg tot volgende seisoen.

Uie

Ui

Die uie is maar aan die growwe kant van groot. As Vonnie uieringe maak, val hulle bo-oor die bord.indecision

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 09/01/2019 - 18:26

Neef, maak net seker asb.  Daar moet 3 blokke wees.  Een vir Onderwerpe (met soek funksie)  ,  een vir Resensies  en dan een vir Insette (vreeslik baie)

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 09/01/2019 - 21:11

Het ook vir Yvonne laas Saterdag paar sement bakke gekoop. Sy wil paar vars speserye plant om met haar catering te gebruik.

Niks soos vars uit die tuin nie. Die gedroogte goed is net nie dieselfde nie.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 10/01/2019 - 05:45

Dit lyk baie mooi, Herman.   Behalwe die gebruik wat julle van die vars produkte het, moet dit ook baie bevredigend wees en plesier verskaf om alles so te sien groei.   Die bossies uie wat so hang, bring ou herinneringe terug.   Ek onthou ook vanmelewe se pampoene op die dak.

Jy en Vonnie kan seker nie alles gebruik wat julle oes nie.  Wat doen julle met die oortollige?

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 10/01/2019 - 06:41

Harry, Von droog ook van haar kruie, ons groeiseisoen is beperk, so dit is maar die manier om te bere. Die smaak bly heel goed vir tot volgende seisoen, maar smaak raak vlouer na n paar maande.

Freda, die ekstra word uitgedeel, maar probeer om so effe te ruilhandel, bv boontjies vir aartappels anders kom vra die luies  vir groente en dit maak my effe vies, almal het tuingrond en water beskikbaar.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Thu, 10/01/2019 - 07:15

Is daar n proses wat jy moet volg as jy kruie droog ?

Ek self het mos nie groen vingers nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 10/01/2019 - 09:13

Harry, dit word gesny met langerige stingels, in bossies gebind en dan opgehang onder dak waar luggie trek. Ons sin hang aan hakkies teen plafon binne.indecision Sodra dit kraak-droog is, kom dit in toerits plastieksakkies, anders spin die goggas dit toe.

Jy sal seker maar moet eksperimenteer, miskien is julle lugvog baie hoog, dit kan dalk pla.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 10/01/2019 - 09:27

Harry

My vrou droog dit deur dit in die mikrogolf oond te sit vir so paar min. 

Sy droog Basil pietersielie roosmaryn en mint so 

 

Groetnis

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 14/01/2019 - 15:50

Vandag die 2 rytjies aartappels uitgehaal. Het baie mooi gedra en 116kg geweeg.  Nou vir droeè bone word gespikkelde bone geplant in  een ry, ander gaan n boontjie kry wat hier agter in die Gamka kloof geteel is, so wit en rooi amper ronde pitte. Heel lekker vir sop etc.

Tappels

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 14/01/2019 - 19:47

Herman, hoe lank kan jy aartappels bêre voor dit onbruikbaar word?

My rede vir die vraag is, ek en my vrou is alleen,  en ek het gevind dat selfs 7 Kg sakkies hou nie lank nie, dan moet dit kompos hoop toe. Ek koop nou maar die baie duurder 2Kg sakkies.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 15/01/2019 - 01:24

Hehe Stoffel, ek eet aartappels net op drie maniere.

1. Chips

2. Gebakte aartappels en,

3. Mash.

My vrou hou nie van chips of mash nie, sy verkies gekookte aartapoel.

O ja, ek is natuurlik ook baie lief vir aartappel slaai met baie kondensmelk en green pepper in.

Wat ek soms doen, is om chips te sny en vir paar minute in olie te braai, of te kook in water,  en dan te vries.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 15/01/2019 - 01:38

Ons gebruik so eenkeer n week aartappels. Dit gebruik ek saam met die boontjies wanneer ek kook. Af en toe ook mash. Wanneer my dogter kook dan braai sy ook die aartapppels.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 15/01/2019 - 06:30

Hierdie draad laat my aan my pa dink. Dit was sy passie gewees. Hy het groen vingers gehad. Wanneer hy patas geplant het dan pas daar net 3 in 'n parafien blik van destyds. Die uie was net so groot soos neef sin.Hy het nog 'n paar dae voor sy laaste hartaanval nog die tuin om gespit

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus