Dagsê
Hierdie gaan 'n mondvol wees maar ek voel dit pas alles lekker saam in die gesprek. Ek geniet om die “RV” gemeenskap in Amerika op YouTube te volg. Alhoewel dit heel anders is as hier in SA, leer ek nogal baie by hulle, al is dit net om bietjie anders te kyk en dink na kamp in ons land, kultuur en gewoontes. Ek dink die groot onderskeid is dalk tussen “toer” wat baie meer populêr is in Amerika en vakansie hou of kamp soos ons dit meerstal doen.
Wat vir my interesant is dat hulle niks daarvan dink om 'n plekkie te kry af te trek en te oornag en môre oggend vroeg weer in die pad val. Ek verstaan hulle het volledige badkamers en toilette aanboord en die infrastruktuur is van so 'n aard dat sulke geriewe relatief maklik vekrygbaar is langs die pad.
Ek kamp met 'n tent en ons kamp gewoonlik nie baie ver van die huis nie aangesien ons lieflike see kampe 'n halwe dag se ry van ons is. So oorslaap langs die pad is nie vir ons 'n ding nie. Maar ek dink (droom) van die tyd wat kan kom om langer weg te breek en so rustig met 'n woonwa deur te trek.
Is daar van julle wat langer en rustiger kamp (toer) wat soms net 'n plekkie soek om vanaand af te trek te slaap en weer in die oggend in die pad te val om van punt A na punt B te beweeg? Of (en ek dink ek sal in hierdie afdeling val wanneer ek so met woonwa toer) dalk wil jy 'n dorpie of plekkie bekyk vir paar uur op roete maar voel nie die moeite werd om 'n fooi te betaal en woonwa af te haak ens. net vir een nag nie.
Ons het 'n (bedekte) seëning gekry toe ons na 'n baie klein plattelandse dorpie moes trek so 3 jaar gelede. Nie te ver van die N1 af nie. Nou dat ek hier woon en besef dit is relatief veilig hier, kan ek oornag stoppe aanbeveel, mits jy 'n toilet in jou woonwa het. Bv. Jy trek jou wa voor die polisie stasie en jy gaan baie veilig lekker slaap, by die kooperasie, selfs hier voor my huis. Ek verstaan as mens nie 'n plek ken nie, is mens bang vir die misdaad.
My punt wat ek net wil maak is dat ons so bietjie uit die box moet (kan) dink. Bv. die perseel waar ek werk is so ent uit die dorp. Ek is seker die eienaar gaan geen probleem hê as iemand met 'n woonwa intrek laat middag en vra of hulle kan oorslaap nie. Hier is kameras en hier is 'n nagwag so mens sal baie veilig wees. Dit is nie op die pad nie, en is uit die oog uit. En hier is selfs 'n skoon toilet en wasbak wat heelnag oop staan. Area is goed belig. Maar net 'n voorbeeld dat mens verskuilde opsies kan gebruik as mens bietjie anders na die tradiesie kyk.
Ek wil julle aanmoedig om te gaan kyk op YouTube. Dit verbreed regtig mens se visie. https://www.youtube.com/…; En ja meeste van wat hulle doen gaan dalk nie van ons op toepassing wees nie maar dit help mens om bietjie anders na dinge te kyk wat mens so gewoond is aan, en so lei een gedagte na 'n volgende en so kan daar dalk unieke idees uitkom wat ons goed kan benut.
Dit was 'n mondvol maar ek glo iets wat mens se brein aan die rol kan sit en lekker kan laat gesels.
Suid-Vrystaat groete.
Stefan.
Buite die box--- in jou erf
More Stefan
Ek hou van jou voorstel.
Ons ouens uit die misdaad geteisterde provinsies sal NOOIT voor die poliesstasie oornag nie. Die blouligte is verruil vir rooiligte saans.
Ek sal dit waardeer as ek in 'n forum vriend se erf kan staan, verkieslik naby Wagter se hok. Ek is selfversorgend, maar 'n ontbyt voor vertrek sal opreg geniet word. O ja, ek is bereid om te betaal vir dienste gelewer.
Groete
Wessel
Ek sal regtig nie omgee nie…
Ek sal regtig nie omgee nie maar my erf is ongelukkig nie uitgelê om 'n voertuig met 'n woonwa te akkomodeer nie.
Ons het al 2 "toere" gedoen…
Ons het al 2 "toere" gedoen. Die eerste was in 2011 vir 2 weke, basies al met die N2 langs tot in die kaap en met die N1 terug huis toe. Die ander een was in 2017 vir 3 weke. Kimberley, Upington en al met die weskus af en weer met die N1 terug huis toe.
Ons het met die 2 toere elkekeer in een of ander karavaan park geslaap vir niks minder as 2 dae nie tot a maksimum van 5 dae. Baie mooi plekker gesien en dinge gedoen. My kinders het ook baie interessante goed geleer en gesien.
Ongelukkig in ons land word mense fir 'n selfeeon en R20 vermoor, en dit is die rede dat ons nooit soos daai mense in Amerika of waar ookal in die wereld sal kan stop en oornag nie. Dit sal regitg wonderlik wees as mens so iets kan doen en weet dat jy, jou gesin en jou eiendom veilig sal wees.
Vriende van ons wat in New Zeeland bly het ook 'n ryhuis aangeskaf en daar kan hulle ook net ry en stop by 'n plek waar hulle wil en oornag.
Stefan Dit is wat ek gedoen…
Stefan
Dit is wat ek gedoen het in die laat '80. Sommer so by die "Shell Altras" onder die skadunette gestop en die gasbraai uit gehaal en worsie gebraai en dan die volgende oggend die res van die pad aangedurf. Dit sommer so af Durban toe van Pta. af.
As jy op goeie "youtube" afkom plak hom sommer hier onder dan kan ons dit kan kyk.
O, en dan is daar die …
O, en dan is daar die "WilSur Omgee Groep" wat vir die doel ook daar gestel is.
Ek sal dit waardeer as ek in 'n forum vriend se erf kan staan
Wil se omgee groep
More Willem
Sal dit onthou, nie geweet daarvan nie.
Groete
Wessel
Stefan, dankie vir die…
Stefan, dankie vir die lekker onderwerp, ek kyk ook gereeld youtube, en het juis my volgende idee daar gekry.
Ek beplan reeds vir iets soort gelyk vir begin April tot mid Mei die jaar. Geen besprekings nie, gaan net die wa haak en die N12 suid pak. Waar ek moeg word, sal ek plek gaan soek om te staan, staan gaan ek staan solank ek lus het, dan verder ry. My mikpunt is om in ATKV Goudini so week of tien dae later te bereik, daar 'n basis op sit en die omgeeing te gaan bekyk. Teen vroeg Mei op pak, en die N1 noord aan te vat om so om en by mid Mei weer tuis te wees.





Stefan ek stem
Ek stem uit die box dink dit sal lekke wees om hier en daar te kan stop en net te oornag maar n ou moet ook maar versigtig wees en jou omgewing ken om daai besluit te maak oorsee is hulle meer gegear as ons sou jy langs die paaie sulke structure oprig vir die ou wat so wil stop slap en volgende oggend ry se my verstand net die elemente daar buite breuk hom vining af dra weg en gebruik dit op n ander plek. Sodra ek my bakkie gekoop en alles het dan gaan ons verseker die stop en ry doen ek glo ons mis so baie innie die mooi land want ons jag van punt A na punt B die agter paaie bied ook soveel aan lekke onderwerp