Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Baie waarskynlik Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -43 minutes ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -9 hours ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -10 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago

Lag 'n slag

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ons bietjie lag oppie Maandag.

Smart car

 

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 28/01/2019 - 20:25

Die dae toe 12 biere R1.70 gekos het

Ook maar goed dit kos nie meer soveel nie?   Kan net dink hoe van die manne hier se pense sou gelyk het! laugh 

0
Centurion
Profile picture for user Wit Eland

Wit Eland

Thu, 31/01/2019 - 07:37

More almal. Dankie tog die maand is agter my nou kan ons weer soos vantefore braai nie budget nie. wink

0
Centurion
Profile picture for user Wit Eland

Wit Eland

Thu, 31/01/2019 - 15:38

Liewe Ma en Pa,

Dit gaan goed met my en met julle?

Sê vir boetie Wouter en boetie Koos dat om in die Army te wees baie lekkerder is as om vir Oom Piet te werk. Hulle moet sommer gou kom aansluit voordat al die plekke gevul word.

Ek was eers baie ongemaklik omdat mens in die bed moet bly tot amper 06:00, maar nou geniet ek dit om so laat te kan slaap.
Sê vir Wouter en Koos al wat mens voor ontbyt moet doen, is om jou bed netjies en glad te maak en goed blink te vryf. Nikse gevarke voer, koeie melk, mampoer meng of braaihout kappery nie. Jy doen amper niks!
Manne moet nog skeer, maar dis nie so erg nie, want daars warm water.

Brekfis is sterk op vrugtesap, pap, eiers en bacon, maar minder sterk op steaks, boerewors, tjops, aartappels en goed soos vetkoek. Maar sê vir hulle jy kan altyd tussen twee dorpsjapies wat net van koffie leef, gaan sit.
Hulle kos plus joune hou mens darem vol tot twaalfuur toe wanneer jy weer gevoer word.

Hierdie dorpsjapies kan nie juis ver stap nie. Ons gaan op roetemarse, wat ons sal taai maak, sê die Sersant. As hy so dink is dit mos nie my plek om hom reg te help nie.
 'n Roetemars is omtrent so vêr soos tot by ons posbus by die huis. Dan kry die dorpsjapies seer voete en ons almal ry dan terug in lorries. Die veld is mooi, maar baie plat.

Julle gaan julle morsdood lag as julle hiervan hoor.

Ek bly medaljes kry vir skiet. Ek weet nie hoekom nie. Die bulls-eye is net so groot soos 'n dassie se kop en beweeg glad nie eers nie. En dit skiet nie eers terug soos daai bliks% # seVenters van die buurplaas nie. Al wat jy moet doen is om doodstil te lê en dit raak te skiet. Jy hoef nie eers jou eie ammunisie te maak nie, dit kom in bokse.

Dan is daar wat hulle noem "hand-to-hand combat training". Jy stoei met die dorpsjapies van die stad af. Ek moet versigtig wees, want hulle kry maklik seer.
Dis nie soos om met ons ou bul, Swart Duiwel, by die huis te stoei nie.

Ek is omtrent die beste wat hulle in hierdie peleton het, behalwe vir Groot Jan Jordaan van die Bosveld.
Hy het saam met my aangesluit. Maar
ek is omtrent 5 voet 6 en weeg 70kg en hy is 6 voet 8 en weeg maklik 150kg,
droë gewig.

Sê tog my boeties moet gou maak en aansluit voordat ander ouens
uitvind van die ongelooflike Army setup en aangestorm kom!

Julle liefdevolle dogter,

Ester

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 01/02/2019 - 11:31

Met daardie kortbroek, en jonger kon dit meer as 'n vinger gewees het

Fokus op die voor die handliggende taak

Wessel 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus