6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -55 minutes ago
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -2 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -4 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -4 hours ago

Is ons alleen?????

Magaliesburg
Submitted by GerhardtN on
Forums

Ek dink ek mag dalk met n "Transformer"  gesukkel het............

tra1

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Tue, 19/02/2019 - 12:21

Gerhardt, die 4x4 forum het my laat besef dit moet "van die pad af" wees. Het so bietjie in die dowwe ou brein en tussen ons foto's gaan rondkrap. Kom ons wys vir die wat nog nie daar was nie hoe lyk die pad soontoe. Eish, wonder of 'n Pathfinder dit gaan maak...

 

"

 

Jou "gesig" van die kant gesien

 

"

'n Grotbewonertjie

"

Nog grotte

"

En nog

"

 

"

Middag Sarel en ander 4x4 manne

Met verwysing na jou effe blinkblaar opmerking, sal julle manne dan asb vir ons ander vervelige 4x2 nerds, sagte SNV eienaars van raad bedien tov watter voertuig julle sal aanbeveel vir besoeke aan ;

Richtersveld, Namakwa park, Kgalagadi ensovoorts.

O ja, julle kan maar dit pronuit uitspel, sal mens dit kan doen met Cruiser 200 of is Prado ook OK?

groete

Wessel

 

  

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Tue, 19/02/2019 - 12:59

Dis 'n nuwe een vir my. Wat beteken dit presies, Wessel.

Wat my opmerking betref het ek aangeneem almal sal dit as 'n grappie aanvaar.  Ek hoop dus nie jy's kwaad vir my nie. 'n Pathfinder is geen sagte 4x4 nie. In Moremi (Botswana) het ek gesien waar 'n Pathfinder kan loop en my mond het oopgehang. Sand stop hom nie. Hy het geloop op plekke waar 'n persoon met 'n 4x4 bakkie benoud begin raak het. Nee, ek het groot respek vir 'n Pathfinder (en vir enige Nissan, for that matter). 'n Vriend van my het al meer as 260000 km op syne en dit loop nog soos 'n droom. En vir 'n hele klompie van daardie kilos het hy 'n swaar boswa gesleep.

Ekself ry tans 'n sagte 4x4.

 

Middag Sarel

So 'n ruk gelede het ons op die forum gekorswel om kampeerders boomname te gee, gebaseer op hulle voorkoms en gedrag.

Nou kan jy dink wat het alles daar uitgeval---Suurpruim, Pendoring, Stinkpeul en dan Blinkblaar. Laasgenoemde die verwysing na die spoggerige tipe met die beste en nuutste toerusting/voertuie.

Moenie bekommer nie, ek ry nie 'n Pathfinder nie, en word nie oor onbenullighede kwaad nie. Hier word mos maar onderling die draak gesteek.

Ek wag nog egter op  aanbevelings rakende my vraag.

Groete

Wessel

 

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Tue, 19/02/2019 - 13:56

Wessel, Jy kan basies met enige voertuig na enige van daardie parke gaan. Ons was die vorige 2 keer met ons X-Trail Kgalagadi toe.

Kgalagadi: Solank jy in die SA kant van die park bly kan jy feitlik enige plek met 'n 4x2 ry. Slegs indien jy van Nossop af Bitterpan toe ('n wilderniskamp waar jy in huisies bly) wil gaan en van daar af oor die duine Mata Mata toe het jy 'n regte 4x4 nodig. Ons het al baie mense met gewone platkarre in die park gesien. As jy van SA na Botswana wil gaan het jy baie beslis 'n 4x4 met laestrek nodig. 

Richtersveld:  Ditto. Daar is een plek met dik sand waar jy 'n 4x4 met laestrek nodig het, maar jy kan 'n ander pad volg om by dieselfde bestemming uit te kom. 

Namakwa: Jy het slegs 'n 4x4 nodig as jy die stuk pad waarna ons hierbo verwys Spoegriviergrotte tot by Groenriviermond. Die res van die park kan jy met enige voertuig ry.

 

Middag Sarel

Dankie vir die inligting.

Ek aanvaar dat SANPARKE aan die versigtige kant is met voertuig voorskrifte. Dus is dit baie meer werd om raad te vra by mense wat al die parke besoek het.

 

Groete

Wessel

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Tue, 19/02/2019 - 15:13

Wessel jy's reg. Sanparke ontmoedig bv. mense om met sedanmotors Kgalagadi toe te gaan. Dit gaan maar oor die behoud van die paaie. Daarom, as jy by die park inry moedig hulle jou om na vierwieltrek oor te skakel as jy met 'n 4x4 ry.

Magaliesburg

GerhardtN

Wed, 20/02/2019 - 08:44

In Namaqua park sal selfs die beste bestuurder met n 4x4 sukkel as jy hom op die regte tyd vang. Hulle reels is ook net 4x4 voertuie. Ons het n parke raad voertuig uitgesleep en hulle ry elke dag daar.  Dis ook soveel meer uitdagend wanneer jy n Boswa of offroad karavaan sleep.

Laas jaar is ons daar deur met gelukkig net 2 van ons konvooi wat vasgesit het, en dit oor verkeerde banddruk. Die topic is al baie bespreek en of jy nou n Cruiser of n Ford ry gaan dit 90% van die tyd oor die bestuurder se vermoee.

Die ergste 4x4 roete is nie sand nie maar wel die rowwe sinkplaat paaie van die rigtersveld en die sentraal kalahari. Daar is niks wat n voertuig so breek soos n rowwe sinkplaat pad nie. Ons het al rowwe passe in Swaziland gery, baie sand in Namibia, klip passe in die Richtersveld maar die pad wat by verre nog die moeilikste was is die pad van die Khutse resevaat in Botswana na Xade hek. Behalwe dat dit sand is, is dit ook sinkplaat.

Ons beplanning was om die 155km in n dag te ry, Wel twee dae later eers by ons bestemming agv voertuie wat breek, kampwa wat A raam breek ens. daai pad is n uitdaging. 

Môre Gerhardt

Dankie vir die breedvoerige verduideliking. Ek sal maar ernstig moet dink aan  waarvoor ek kans sien, dit is nou;

tipe voertuig

paaie na moontlike bestemmings

my eie beperkings soos ouderdom, ongeduld en irritasies. Ek hou nie van sukkel, van ongevraagde skade en om mede reisergers te verontrief nie. Ek skaam my dood as 'n groep heeltyd opgehou gaan word deur my onvermoëns.

Ek moet my dalk maar net beperk tot die slaggat gevulde amper teerpaaie van onse land. 

Groete

Wessel

 

Môre Voortrekker

Is jy dan nie gewaarsku en versigtig vir duiwelsdrek nie???

Ons ou mense mors nie tyd op goet wat effe "af" voorkom nie.devil

Groete

Wessel

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus