Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -1 hour ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Hallo Almal November 2026 Goeie Hout -10 hours ago
eendag was daar 3 rampokkers/kaartmanetjies November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago

Februarie 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre medekampers.

Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.

Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.

Lekker dag en naweek vir elkeen.

Middelburg

Noel

Mon, 25/02/2019 - 13:52

Goeie middag kampmaters. Ek het n lekker rustige kamp naweek gehad meer in die stil kant. Ek is eintlik n baie stil man en nie baie prater nie. Lekker om nuwe mense te ontmoet en sal beslis weer die saamtrek bywoon. Die forum is smart goeie mense. Ek het n klein teenspoed gehad gister middag. Ons het gister gestop by N12 petroport om lekker koue koeldrank te gaan koop. Ons het geparkeer waar karavane kan parkeer heel regterkant van die parkeer area. Toe ons terugkeer na karavaan toe, toe sien ek die swart man hardloop vinnig verby ons rigting en ek gaan loer binne in die karavaan en sien 1 venster en kant gordyne is oop. Niks is gesteel en gelukkig het ons nie lank weggebly nie. Een venster lewer knipes is beskadig en het vandag gekoop. Wees net baie behoedsaam en versigtig as julle by enige petroport stop. Karavane is die prooi vir die skelms. Heerlike middag vir almal. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 25/02/2019 - 13:59

Middag Noel.    Bly daar was nie groot skade en verlies op julle wa nie, die wetters!

Dit was aangenaam om vir jou en Ronel te ontmoet!   Julle is sommer baie aangename mense - ek hoop om gou weer saam met julle te kamp!

Groete aan Ronel smiley

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 25/02/2019 - 16:32

Ek moet erken, ek het ook nie daar gelees nie.

Ek self lees nie lang berigte nie, lees nie boek nie en lees ook nie koerant nie. Dink as mens afgetree is, het mense seker meer tyd op hande. Ek is ongelukkig nog in die werkende klas.

My lewe is te gejaag en ek lees net vinnig op baie forums en groepe, daar lees ek ook nie lang stories nie.

Moet erken as daar paar foto's saam by n lang storie is, wat my aandag hou sal ek dalk n langs storie volg.

Ek het wel nou alles daar gelees en dit is een my grootste vreese, wat hulle beleef het.

Seker maar n swak gewoonte van my en ook om ander mense se drade te hi-jack wink

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 25/02/2019 - 20:51

Noel, bly julle het betyds terug gekom, mens kan deesdae nêrens meer stop en jou voertuie alleen los nie,  ons bly maar altyd ten minste een by die kombinasie.

Dit was aangenaam om jou en Ronel te ontmoed,  dankie vir julle raad, groete vir Ronel👍

0
Middelburg

Noel

Mon, 25/02/2019 - 21:21

Dankie  Johan . Dit was ook aangenaam om jou en Bennieistha ( Benny ) te ontmoet . Ek het by jou ook iets gesien ivb led ligte in die neuskas en by DB cabinet wat ek ook gaan doen en raad van die movers. Ons het ook dieselfde gese dat 1 tenminste by die kombinasie bly om op te pas. Groete vir Benny laugh

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 26/02/2019 - 00:10

Môre sê Kampforum.

Ons bly ook altyd een vy die kombinasie.

Ja dit is weer sulke tyd, geverf tot so kort voor 23:00 en nou sit ek hier en gesels want sie slaap pilletjie wil nie werk nie.

Geniet julle dag in vrede.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 26/02/2019 - 06:29

Goeie môre Willem, Stoffel, Hennie en almal kampforum.co.za, julle moet 'n heerlike dag geniet.👍 

Willem daai staar siekte is nie lekker nie, lyk my ons is klomp mense wat staar, wat meestal vir my help, is om 'n bak rice crispies met warm melk te eet. Ou mense het altyd gesê jy moet iets warm eet, of drink.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 26/02/2019 - 06:59

En hier begin my finasiele nuwe jaar vandag.

Lyk weer na n lekker warm dag en ons hou duimvas dat ons krag gaan aanbly.

Almal moet geniet en wees veilig

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 26/02/2019 - 08:29

Dusty & Johann

Ek het geverf tot so 23:00 en gehoop dit sal help maar die slaap pilletjie het nie gewerk nie toe kom vang ek op op die Kampforum drink koffie en eet 3 Muffens.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus