As jy in Namibië wil gaan visvang, gaan jy jou hand heelwat dieper in die sak moet steek:
Sleepnou noem dit ook hier: …
Sleepnou noem dit ook hier: Visvang Liksensie
Namibië.................
Namibië is lank nie meer op my radarskerm nie - heeltemal te duur en fasiliteite ook nie altyd op standaard nie. Veral Etosha loop lelik deur onder kritiek.
Wens dit was anders.
Hengel in Namibië
Ons was so pas in Hentiesbaai....verskriklik baie kabeljoue en steenbras gevang (die meeste teruggesit) Hengelpermitte kos steeds R14 per maand en n ou kan n 3 slaapkamer huis met alle geriewe huur teen R480 per nag. Beslis die moeite werd en bekostigbaar. Petrol R1.50/l goedkoper as in RSA. Neem net vars sardyn saam. Spar en OK se pryse vergelyk goed met ons s'n hier in die Kaap so n ou hoef niks kos ens saam te ry nie.
Hallo Neef Henk Dit kllink…
Hallo Neef Henk ![]()
Dit kllink lekker - en goedkoop. Baie welkom by kampforum ![]()
Neef Henk
Mooi foto van die rooijakkals daar langs die water. As alles volgens plan verloop, arriveer ons môre oor twee weke in Henties.
Het julle jul daaglikse kwota oorskry met die kabeljou en steenbras, of was hulle te groot (teelvisse) of ondermaat, of is julle grootliks "catch & release" hengelaars? Jy sê niks van galjoen nie. Het laasgenoemde ook mooi geloop? Ek hoop grootliks vir galjoen, want ek het verlede Saterdagaand my laaste 2018 Henties-galjoen gebraai.
Ons is hierdie keer net 4 aande in Henties. Die vorige twee jaar was ons beide kere vir 12 aande daar. Ons invoerpermitte is gereël (nogal 'n klompie geld)en ons hengelpermitte word deur die vrou, deur wie ons akkommodasie huur, namens ons uitgeneem sodat ons sommer al die eerste middag as ons daar aankom 'n paar gooie kan gaan maak (want ons tyd is vanjaar beperk).
Ons neem egter die vrouens saam en kombineer Henties met 'n bietjie "sight seeing" in dele van dié land wat vir ons onbekend is.
Hentiesbaai
Hi Chris
Dit was nou al ons 30ste jaarlikse trip Namibië toe. Ons gooi al die visse terug en hou net die wat seergekry het vir die pan of gee dit weg. Op die goeie dae het ons seker 40/50 visse tussen ons twee man gevang. Die kwaliteit van die sardyne is maar power daar. Ons neem altyd IQF sardyn saam wat ons by Fishing Republic in die Strand kry. Dan vang ons ook redelik baie op kunsaas...Wit en Olyfkleurige Paddletails op 'dropshot' werk partykeer beter as sardyn.
Ons het hoofsaaklik kabeljou gevang - baie 3-4kg en n paar van ongeveer 8-10kg. (vanaf Predikantsgat tot by Myl 100 - beste by Adri se Gat)
Steenbras by Maqueto's Turn en Die Walle - byt hoofsaaklik op krap.
Ons het nie probeer vir Galjoen nie - ons vang hulle plaaslik.
Geniet julle trip!
Ek onthou nog Neef Henk se…
Ek onthou nog Neef Henk se Isuzu Trooper van daai jare ![]()
Die land wil ek
Ek en Berdien wil Nanib nog plaat ry gee kans ons kom nog daar uit eendag
Ek en Berdien wil Nanib nog…
Ek en Berdien wil Nanib nog plaat ry
Sal die Nissan dit maak? ![]()
Daai Nissan skop gat, sal…
Daai Nissan skop gat, sal dit maklik maak.👍
My seun het sedert gister…
My seun het sedert gister foto's van twee verskillende kennisse vanuit Henties ontvang. Die kabeljou en steenbras loop tans goed. My viskoors begin al hoe meer toeneem. Ek kan beswaarlik wag om volgende Vrydag die pad Namibië toe te vat. Hopelik sal ons dan weer 'n galjoentjie of twee tydens ons verblyf in die wildtuin en Eiland Spa op die kole kan gooi.
Chris klink lekke
Gaan groot Chris n steenbras is vir my n lekke vis jy moet horde fotos neem asb





Dit gaan beslis n groot…
Dit gaan beslis n groot invloed hê. Die mense dink nie altyd mooi voor hulle sulke dinge doen nie. As daar nie meer mense is wat die permitte koop nie is daar GEEN inkomste daaruit nie. Die spreekwoord seg mos... n halwe eier is beter as n leë dop