Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -6 minutes ago
Wessel November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -6 hours ago

Huiskrag tydens beurtkrag

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on

Beurtkrag

Ek geniet nogal die vrede en donker tydens beurtkrag maar daar is ander oorwegings noudat ons weet beurtkrag gaan deel van ons daaglikse lewe wees vir 'n geruime tyd. 

  • Skade aan yskaste en diesmeer
  • Gebrek aan sekuriteitstelsels tydens beurtkrag
  • Gebrek aan produktiwiteit tydens beurtkrag
  • Gebrek aan noodsaaklike toerusting tydens beurtkrag
  • Ens, ens, ens...

Gelukkig is hier 'n klomp vernuftige mense op die forum, en het ek gedink ons kan mekaar bietjie raad gee oor hoe om die probleme te systap.

Wat skade aan yskaste betref het ek die toestel raak geGoogle. Weet iemand of dit doeltreffend is? Dis nie vreeslik duur nie. https://www.takealot.com….

Dan sal ek graag ook menings wil hoor oor 'n bekostigbare, betroubare kragopwekkertjie vir tuisgebruik tydens beurtkrag. Ek besef dat dit nie so eenvoudig is nie, aangesien dit afhang van wat mens alles wil dryf.

By ons is dit hoofsaaklik my vrou se twee iMac rekenaars (omtrent so 600W maksimum) sodat sy en haar assistent kan aanhou werk tydens beurtkrag. Ek kyk na 'n modelletjie soos die Ryobi 2000W Inverter generator https://www.takealot.com…

Dit moet 'n inverter generator wees aangesien dit krag moet voorsien aan rekenaars, en ek is nie lus vir 'n raserige een nie, so ek is bereid om die premie te betaal vir 'n stiller een. Nou is my vraag, moet mens die kragopwekkertjie deur jou huis se DB laat koppel of kan jy hom direk gebruik? Verder, is die model hierbo aan te beveel of is daar 'n beter opsie? (bekostigbaarheid in ag geneem).

Enige ander voorstelle of raad kan ook maar hier gegooi word. Byvoorbaat dankie.

Hieronder ook aangeheg 'n PDF vannaf Neef Herman met groter solar opsies:

Attachment Size
SYSH1800-PLUS-003.pdf 634.84 KB
Preparing for Load Shedding_0.pdf 150.09 KB
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/03/2019 - 16:13

................dis sekerlik moontlik om die inverter-krag by die huisstelsel in te prop en die Eskom-toevoer af te sluit, maar ek wou dit van meet af aan nie doen nie, na my mening teveel risikos.  Ek het drie vrieskaste en twee yskaste, swembadpomp, reënwatertenk-pomp, geyser ens. wat ek almal afsonderlik sal moet afskakel en later weer aanskakel as die Eskom krag weer aankom.

Kragopwekker (generator) :  Vir beurtkrag doeleindes sal ek beslis nie 'n generator oorweeg nie.  Ek het 'n 2.5 KVA Honda generator aanvanklik gebruik, maar het gestaak om dit te gebruik.  Baie PT om dit elke keer "op te start"  en later weer af te skakel met drie beurtkrag beurte per dag.  Die uitlaatgasse is baie lastig om nie te praat van die voortdurende enjin-dreuning, hoe sag ook al  -  duur petrol maak dit beslis onekonomies om te gebruik. Dis beslis 'n "sonde-met-die-bure" instrument.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 20/03/2019 - 18:16

Lennie en Voorie se stelsels lyk na n goeie plan. Hou van Voorie se manier waar dit gekoppel bly en dus geen aan en afskakel nie. Batterye gaan langer hou.

As mens nie jou rekenaars aan die stelsel koppel nie, kan eenvoudige 12v bedrading met led down lighters genoeg lig voorsien vir baie lank van kleinerige battery. My volk hier het 12v ligte, 12v flat screen tv stelle, en die dekodeerders is elk geval 12v, so n toegewyde prop op so kring, en tv ook moontlik. Koppel dit permanent aan n  4amp slim laaier en mens kan leef sonder duur uitgawe. My tablet het n 12v laai sok, so die en cellfone kan ook gelaai bly.  Maar om vir n 2 uur onderbreking te veel wil spandeer....

Vir bystand is my kragopwekker 12,5kva, dit is nodig waneer die krag vir n dag afgaan en al die vrieskaste krag nodig het, dan maak ek sommer die geiser ook warm. 

0

Hierdie was nou vir my 'n baie leersame draad. Ek het 'n 6,5kVA kragopwekker vir wanneer die nood regtig hard druk. Maar soos tereg opgemerk is, is dit 'n duur opsie met die hedendaagse petrol pryse. Ek begin ook nou Len en Anton se oplossings oorweeg.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 21/03/2019 - 13:22

Slowstrike, wat is die verskil tussen die 2 op die foto of is dit net verskaffer verskil ?

Ok, as mens so een koop wat se son paneel en wat nog het joy nodig om hom met sie son vol te hou ?

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Thu, 21/03/2019 - 17:24

Ek het n 22kva generator, hy is gekoppel op my huis en sit self aan en af.

Gebruik hom hoofsaaklik vir kantoor se rekenaars, printers, ens.

Moet ook Yvonne se "kos" besigheid aan die gang hou. 13 Yskaste en Vrieskaste, asook twee granny flats.

As krag af is vir 24 uur skakel ek hom "manual" af tussen 12h00 die aand en 06h00 die oggend. Dan gebruik ek n enkel motor battery sisteem met 14 x 12v ligte vir ligte.

Het ook 2400W 24Volt inverter wat hardloop met 4 x 105 A batterye, wat DSTV x 2 en TV x 2 hardloop asook my kamera sisteem.  Dit is nou wanneer generator nie hardloop nie.

Wil nou solar panele kry om my battery te laai.

Ek moet begin voorsiening maak as daar n water probleem is, want ek het nie n swembad back-up nie. Het wel n 750L  Jo-Jo tenk met drukpomp as back-up, maar dit gaan nie lank hou nie.

Het al oorweeg om te boor, maar dit is baie duur.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 21/03/2019 - 19:35

Slowstrike, wat is die verskil tussen die 2 op die foto of is dit net verskaffer verskil ?

Hi Willem.

Dit is dieselfde inverter Het een vir iemand aangekoop die oggend en het `n kollega daarvan vertel. Toe hy later die dag die skakel volg was die prys R400 meer.

Ek kon darm teen die ou prys een kry maar hy moes maar meer opdok.

 

Groetnis

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 21/03/2019 - 20:47

....................laaste foto hierbo is presies die Mecer-inverter wat ek 5 jaar gelede in my trollie (foto op bl.1) ingebou het -  hy staan nie bo-op nie, maar binne-in die trollie.  Dit werk nou al 5 jaar probleemvry.

R1518 (op Voorie se link) is 'n helse goeie prys vir 'n uitstekende produk.

0

R1518 (op Voorie se link) is 'n helse goeie prys vir 'n uitstekende produk.

Die enigste probleem is dat hulle nou ook nie meer 100Ah batterye het nie - net 200Ah en omdat dit 'n 24V inverter is, het mens 2 batterye nodig @ R4499/battery so dan raak dit bietjie duur. 

Wat is jou batterye se kapasiteit Len? En as ek die inverter op Voortrekker se skakel koop, het ek net dit en die batterye en kabels om dit aanmekaar te verbind nodig? M.a.w prop ek my toestelle by die inverter in en laai die inverter ook die batterye en reguleer self die laai daarvan?

Laastens; as die krag afgaan, verstaan ek die inverter skakel met 'n relay oor om dan die krag te voorsien. Is daar 'n tydperk wat daar geen kragtoevoer is voordat die inverter se krag inskop? Indien wel, veroorsaak dit vir my 'n probleem omdat ek dit hoofsaaklik vir rekenaars (desk top sonder ingeboude batterye) wil gebruik.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 22/03/2019 - 07:59

Hont, soos ek verstaan hoef jy net die batterye op te koppel, so jy benodig net batterye en drade.

EK weet nie van Len se eenheid nie, maar my eenheid skakel onmiddelik oor en daar is geen vertraging nie.

Ek dink die enigste verskil tussen my een heid en die een van Len is dat myne die batterye en boks alles in een plaas.   (+ my eenheid kan solar charger bykry - dink nie Len s'n kan dit doen nie?)

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus