Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -1 hour ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Goeiemôre!  ☀️☀️☀️ Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -1 hour ago
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 23/03/2019 - 12:38

Ek kom groet nou eers.  Ons krag was af vanaf 6.00 tot 8.30 vanoggend.   Daarna het ek klaar gepak vir ons 7 dae kamp vanaf môre.

Ek weet teen die tyd die Stormers het dit nie gemaak nie, jammer Voories.  

'n Baie lekker dag vir almal verder.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 23/03/2019 - 20:20

Goeie naand almal.

Antie Freda, julle moet dit geniet en veilig ry.

Johann, julle moet dit ook geniet en veilig ry.

My kampeer is vereers op "hold" weens n operasie vroeg volgende maand.

Rustige nag vir elkeen

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 24/03/2019 - 06:00

Ek sit nou en tee drink maar vermoed ons krag gaan weer oor 'n paar minute af.   

Dankie, ons sien uit na die kamp.   Dit lyk of dit bietjie koeler weer gaan wees maar sover lyk dit nie na veel wind of reën nie.   Dit verander gewoonlik oor 'n tydperk van 7 dae.

Johann, julle, en ander wat ook gaan kamp, moet dit ook geniet.   Ek sal kyk vir 'n paar foto's van Pine Lodge.   Ons wil so teen 10 uur ry.

Lekker Sondag!

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 24/03/2019 - 06:00

More almal Freda julle beurt vir kamp gaan groot en geniet Stoffel sterkte daar wie drink saam my koffie kom julle log in gesels saam die koffie loop soos stroop vrede

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 24/03/2019 - 07:05

More more, julle moet jul Sondag geniet, ek gaan ook so tien uur hier sleep na Eastco.

Stoffel stetkte met daai rug operasie, ons glo dit sal goed afloop, hou ons op hoogte met die datum.

Len, hoe gaan dit met Annetjie nou na haar operasie?

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 24/03/2019 - 07:31

More More

Sterkte Stoffel, dink aan jou.

Johann geniet jou kamp tyd.

Ons het lanklaas loadshedding gehad. Seker 1 uur die hele week. Ek dink dit het iets tedoen met die klomp water torings by ons. Ons bly so teen n koppie en RWR het gekla hulle kan nie water vooersien as hulle nie krag het nie. Hoop maar dit is die rede

Het gister vir my buurman n krag boks opgesit van my huis af en gesê, hy kan krag kry van my generator as ons krag af is. Reels is geen ketels en geen geyser nie. Net TV, ligte, yskas, ens. Daar is n 10Amp "breaker" op die boks, so as hy teveel trek gaan hy afskop. Het gesien hulle gebruik kerse as ligte af is.

Moet erken daai blydskap op sy gesig het alles die moeite werd gemaak vir my. 

Geniet julle Sondag en wees veilig

0
Middelburg

Noel

Sun, 24/03/2019 - 07:35

Goeie more almal. Geniet die huidige weer oomblik baie, lekker koel vroeg oggende asaook nie vrek warm gedurende dag nie. Lekker kamp weer !!  Frieda en Johann voorspoedige reis en kamp soos n hond uit die bos soos Shaun altyd se. Stoffel, baie sterkte met jou rug en is vir jou bes wil vir die operasie.  Heerlike dag vir almal !!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 24/03/2019 - 07:49

met lekker gebakte aartappels, Voorie

 Dan sal dit so wees -  dankie Harry vir die hulp laugh  - Lekker dag vir julle! 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus