Ek lees elke oggend "Gedagte vir die dag" in Die Burger. Sommige "gedagtes" is treffend - of liewer meer treffend as ander. Vanoggend s'n is een van dié wat na my mening meer treffend is. Ek haal aan vanuit Die Burger:
Wanneer jy in die oggend opstaan, dink net watter voorreg dit is om te leef - om asem te haal, om te dink, om te geniet en om lief te hê. (Marcus Aurelius)
Dusty - het jy geweet 'n vol…
Dusty - het jy geweet 'n vol glas is gelykstaande aan 'n leë glas. 'n Half-vol glas is mos gelyk aan 'n half-leë glas. En 'n half-vol glas plus 'n half-leë glas is gelyk aan 'n vol glas. Net so is 'n half-vol glas minus 'n half-leë glas gelyk aan 'n leë glas. Dus as 'n half-vol glas gelyk is aan 'n half-leë glas, moet 'n vol glas mos gelyk wees aan 'n leë glas.
Ek het hierdie slimmigheid baie jare gelede, toe ek nog op skool was, raakgelees in 'n jooltydskrif. Toe ek dit aan my wiskunde-onderwyser voorhou, het hy sy kop vir 'n wyle gekrap en gesê: Boucher, ek dink jy's 'n genie om daardie uit te dink.
Ek het hom natuurlik nooit reggehelp dat ek met iemand anders se kalwers ploeg nie.
Moet nooit kla oor ouderdom…
Moet nooit kla oor ouderdom nie, nie alma het die voorreg om oud te word nie.
"The most effective way to…
"The most effective way to do it, is to do it!"
(Nee dis nie deur Nike nie) - deur Amelia Earhart






Willem, dit is so waar. Ek…
Willem, dit is so waar.
Ek sien my glas altyd as half vol en probeer om dit weer vol te kry