Ja, ja, ek weet ek gaan nie veel reaksie hier kry nie. Of selfs geen reaksie nie.
Ons geniet om sport te kyk oor 'n naweek. Colin meer as ek, ek kyk darem nie na alles nie.
Dit lyk of die Proteas darem nie die toets teen Engeland kan verloor nie. Miskien gelykop eindig. Hopelik boul hulle hul almal uit vir 'n wen.
Nadal is my gunsteling tennisspeler maar hy het weer vasgeval op die grasbaan. Maar Federer was darem fantasies hierdie jaar en het regtig verdien om te wen, sy agste wen op Wimbledon. Hy het nie een stel afgestaan tydens die toernooi nie. Dit wil darem gedoen wees en hy doen dit rustig!
En natuurlik die cherry of die koek vir my. Die Lions wat bo-aan die Super Rugby punteleer geeindig het. Alhoewel hul die beste span was teen die Sharks, het hulle gladnie so goed gespeel nie. Hopelik het hulle 'n les geleer.
He-he Segekok, dit is daai…
He-he Segekok, dit is daai einste Leeus. Gelukkig het hulle geen mense aangeval nie, maar hulle het omtrent amok gemaak onder ander diere. Op hul verswerwinge het hulle bulle, wolwe, jagluiperds en selfs haaie vernietig. Die enigste dier wat hul bietjie aangevat het was 'n jaguar, maar toe hulle hom weer raakloop, het hy ook les opgesê. Daar was 'n dier van die Kaap wat hul bestorm het, maar hul kon ook niks teen die leeus doen nie. Selfs konings het probeer, maar die Leeus het hulle ook gewys hoekom hulle die koning van die oerwoud genoem word.
Wimbledon karavaanpark kan ek nie aanbeveel nie. Die mense daar is te stywelip. Baie vol protokol en jy moet jou P's e Q's omtrent ken. Hulle gras is baie mooi en vreeslik gelyk. Daar is ook soms baie oulike meisietjies wat met kort rokkies daar rondspring. Miskien sal Arie van dit hou daar.
Wimbledon
Freda en Segekok ek het laasjaar op Wimbledon gekamp die gras is pragtig maar hulle verdeel jou as kampeerder volgens jou inkomste groep. Die gwargatte moet tussen sulke wit lyne hulle tente opsit en daar is n net tussen julle gespan .Die mense raak mal as jy tent penne inslaan op die gras perk .In die middae kry julle room en aarbeie in sulke vespotte plastiek glasies en dis van so n swak gehalte plastiek dat jou mampoer die plastiek smelt .Neem ekstra komberse saam dis nogal koud in die aande behalwe as jy gedurende die dag 1 van daai redneck meisies kan oorreed om saam in jou tent te klim boeta ek waarborg jou sy drink jou onder n gras pol in .Sorg net dat sy vroeg huistoe gaan in die oggend want die skole is nogal streng daar oor leerlinge wat laat is vir skool ![]()
Klink vir my na n "grand"…
![]()
Klink vir my na n "grand" kamp plek. Wonder ek nou of daar darm plek is om die porta poti leeg te maak.
Freda, jy is nie net 'n…
Freda, jy is nie net 'n digter van formaat nie, jy kan ook 'n storie vertel. Laat my dink aan wyle Nico, hy het vir cp forum so mooi gediggie geskrywe. Jy kan dit dalk nog onthou.
Maar terug by die sport, ek kon nie plek kry by wimbledon oord nie, hulle reken my ek is te low class. Glo my upper lip is te pap, my ken te laag, en my boepie te klein.
upper lip
Ja -nee Johan L smaak vir my jy het nie genoeg class nie om agter die Queen se Ghorgi's te kyk nie .Wat my die moer in maak die Ingelse se mos altyd i'd say old chap en dan se die ou donner niks .Soos die Polisie amptenaar wat diens doen by Wimbledon hy stap so langs die pad af en sien n kar geparkeer met n ou en miesie daarin en hulle vry n hond uit n bos uit .Hy stop en se " I say old chap what are the 2 of you up to .Nothing officer we are just necking .Well says Bobby the cop put your neck back in your pants and move along
Dassie, ek het nou lekker…
Dassie, ek het nou lekker gelag vir jou Bobby cop. Ja kyk, dis net 'n pommie wat so antwoord sal gee.
Johann, ek vermoed hul wou jou nie toelaat nie, want sedert gister is alle Suid Afrikaners verbied by Wimbledon oord. Sien, ons het toe hul krieketspan met meer as 300 lopies gewen en die spul is gladnie "happy chappies" op die oomblik nie.
Segekok, nee aarde my mens, jy mag nie porta pottis daar gebruik nie. Daar moet jy alles inhou. Dis hoekom hulle so stywelip en stywerug is, dis van al die knyp!





Freda jy praat hier van n…
Freda jy praat hier van n klomp goed waarvan ek in my lewe nog nooit gehoor het nie.
Waar is die kamp plek op Wimbelton, het hulle mooi gelyk gras staan plek? Is dit veilig en is daar iets te doen vir die kinders?
Wie is die Lions, is dit nou die wat uit die KNP ontsnap het?