Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -20 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -20 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -21 hours ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -21 hours ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 day ago

Is Len al terug van KNP?

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Ek kan nie onthou of Len se familiekamp vir 2 of 3 weke sou wees nie.  As hy nog nie terug is nie, behoort dit nou een of ander dag te wees.

Ek sien uit daarna om sy vertellinge te hoor en foto's te sien.

Port Elizabeth
Profile picture for user VW

VW

Thu, 20/07/2017 - 10:50

Wonder ook, more is mos laaste dag van skool vakansie, so as sy kinders nog daar is, ry hulle seker more huistoe om die naweek tuis te wees vir skole wat Maandag heropen.

As ek dit nie mis het nie, verbeel ek my dat hy en sy vrou nog n week of wat langer bky sonder die kinders?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 22/07/2017 - 08:43

Ek voel geëerd dat julle oor my wonder ! Ons was gister 0m 16:00 veilig tuis.

Ja, ons hele ou spulletjie (vier gesinne) het veilig, sonder teenspoed 4800km met vier voertuie, drie karavane en 'n sleepawaentjie (die ene met nuwe "bearings" wat ekself ingesit het !) gereis  -  baie geseënd en dankbaar as 'n mens in ag neem die uiters roekelose bestuurders op ons paaie en die baie ongelukke.

Ek sal so met die loop van tyd  van ons heerlike vakansie vertel.

My Pathfinder het my gister hier naby Worcester voorgespring en eerste 70 (70 000km) geword  -  nou verstaan julle seker hoekom ons so lief vir mekaar is !

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 22/07/2017 - 11:12

Welkom terug Len.   Ek glo jy gaan ons nog van al die lekker dinge vertel.   Ja, mens het baie rede vir dankbaarheid as soveel mense, saam, so ver gereis het en geen teëspoed gehad het nie.  Baie geluk ook met jou verjaarsdag.   Dit was seker ekstra spesiaal.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 22/07/2017 - 16:22

Jy's reg Johann, maar ek kon dit nie later met my kinders in die Wildtuin vier nie omdat die kleinkinders se skole Maandag begin en ons dus moes terugkeer.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus