Algemene Inligitng

Resensies
Mabalingwe
Afgelope naweek, Mei 2019, daar gaan kamp. Die diens is voortreflik en die ablusieblokke is omtrent uit die boonste rakke.
Woonwa park beskik oor baie bome, met die meeste staanplekke wat die 5x7m plaveisel het. Gelukkig kon ek my bespreekte plek ruil vir 'n staanplek met groot genoeg gras om op te staan.
Ek is oortuig dat hulle nie rerig moet adverteer as 'n "game reserve" nie. Ek het die wild gedeelte deurkruis en weinig diere gesien. Dan is daar ook die Kalahari oase, eintlik iets war nie hoort in die hartjie van 'n wildtuin nie. Oorverdowende lawaai en 'n dansery, met die vloei van drank wat daarmee gepaardgaan.
Wessel, dankie vir die…
Wessel, dankie vir die resensie, net 'n klein dingetjie, ek merk op dat jy die "troetel dier vriendelik" as "Ja" antwoord, ek neem aan dit is 'n tik fout?
Troeteldiere
Môre Johann
Jip, dit was 'n tikfout vanuit die konteks van honde, katte ensovoorts.
Ek kon darem my persoonlike troeteldiertjie invat vir kosmaak ensomeer.![]()
Groete
Wessel
Mabilingwe Caravan Park
Desember 2019.
Ons het vir 3 weke in Des gekampeer in die oord. ek sal dit vir enoge een aanbeveel. Die oord bied so baie aan vir die familie van klein tot groot.
Ons het soveel diere gesien van Renosters, Olifante tot Skilpaaie. My Kleinkinders het elke dag n nuwe anvontuur ontdek, en die oudste het daar fiets geller ry met mede kampers se hulp.
Die personeel is van die vriendelikste en hou die kamp gedurende die feestyd skoon.





Mabalingwe naby Warmbad is …
Mabalingwe naby Warmbad is 'n lekker wegbreek oord in 'n wild reservaat wat maklik met enige sleep kombinasie bereik kan word.
Personeel is baie vriendelik, sekeruteit is puik.
Die winkel se voorraad is basies, en die restourant bedien goeie wegneem etes.
Jy kan kies om met jou eie voertuig, of met die oord se georganiseerde wild besigtigings voertuie vir 'n lekker trippie te gaan.
Daar is ook 'n baie gewilde kroeg in die wildtuin wat puik musiek maak en is 'n moet om te gaan sit en geniet.