Hier gaan niks aan op die forum nie. Dankie aan die paar wat probeer om gesels aan te wakker, maar ek is bevrees dit werk nie. Die aanbeveling dat gesprekke kampverwant moet wees werk ook nie - bitter min reaksie.
Ek was onder die indruk 'n geselsforum het dit ten doel om in 'n groot vriendekring sonder geografiese grense oor en weer te gesels oor 'n gemeenskalike belangstelling deur middel van sosiale media wat tot ons beskikking is. Maar dis uiters frustrerend om in die wind te praat en net 'n paar getroues reageer hoflikheidshalwe.
Dit lyk vir my mense verkies eerder FB, Twitter en WhatsApp-groepe om net kort sinnetjies nou en dan te sê en nie lekker detail gekletsery nie, soos wat 'n mens persoon tot persoon sou doen.
Ek weet nie, ek gee moed op en is moeg geprobeer.
Ook maar stil werk aan wa en…
Ook maar stil werk aan wa en dan bly ek uit mooilikheid
Sien die laaste paar dae is…
Sien die laaste paar dae is die Forum maar baie stil ?
Seker te doen met die koue ?
Ook net ek en 3 ander ?
Arie, Len Loader, Voortrekker
Ja Willem
Ja Willem, ek sou dink die koue is juis 'n lekker rede om te klets.
Ek is al moeg om te probeer om vriende te kry om te gesels, maar het ook nou al moed opgegee. Ek vermoed ook maar my sê-goed is seker "boring" want ek steek vas by die Wildtuin, Hartenbos, Exclusive, Pathfinder, Beaugainvillaes, 'n bietjie politiek, 'n bietjie godsdiens, 'n bietjie padroetes en oornag-kampplekke, "movers", tru-kameras, reën en reëntenks, karavaan-TV, karavaan-aircon, huis-inverter, off-grid kamp met 'n teerpad-karavaan, my ou kamp-waens en wedervaringe en dis omtrent dit.
Dankie darem vir die paar vriende wat nogtans baie moeite doen om interessanthede te deel met ons ou klompie.
Hier by my gaan dit weer…
Hier by my gaan dit weer heel interesant. Kry verlede week n epos van argeoloog wat in Knysna omgewing graaf, kan ek kom loer na die bestutting vir hulle, en hier sit ek vanaand. Maar dat dit iets met kamp te doen het, dalk, die klompie wat 10k+jaar gelede daar " gekamp" het het regtig n ongelooflike see- uitsig gehad.
Uitsig van die grot, 20m…

Uitsig van die grot, 20m teen n steil wal op.
Herman, dankie vir die deel…
Herman, dankie vir die deel. Wat 'n mooi uitsig, daai ouens moes heerlik gekamp het 10k jaar gelede.
Len, jou gesêlsskap dek 'n wye veld, maar ek vermoed ook dit is maar 'n winter ding wat mense van kamp verwante forums af hou, dit is nie lekker om nie te kan gaan kampeer nie, en die gesêls maak jou lis uit hang😄
Ja dit sou nice
Sou nice wees as almal op forum bietjie saam gesels ek dalk kraas maar hoekom aansluit en nie deelneem nie ![]()
Goeie môre, ek dink die…
Goeie môre, ek dink die mense gesels baie meer op whatsapp groepe as op 'n forum. Dit is baie makliker want jy het heeltyd jou selfoon by jou en hoef nie spesiaal na jou PC te gaan om iets te post nie. Baie dankie vir julle wat die forum aan die gang hou, ek loer so nou en dan in. Ek praat normaalweg nie baie nie, maar geniet die forum.
Hier is baie waardevolle inligting, soos die wiellaers op die hoekstutte. Ek sou graag statistieke wou sien op "ons" en ander forums in terme van deelname. Dit is seker tog nie verkeerd om wat op die ander forums bespreek word, hier ook te bespreek nie.....of is dit dan plagiaat pleeg, solank ons dit net nie doen soos die Bib prefek nie?
Shaun......almal is nie…
Shaun......almal is nie ekstroverte nie en is nie altyd so gemaklik om hier te gesels nie.
Hallo Leeu - het jy al op…
Hallo Leeu - het jy al op kampforum aangeteken met jou selfoon se leser? Dit werk baie goed ![]()
Ek hoor jou Leeu
Ek voel net leeu die lede kan darem deelneem hoef nie elke dag ure op forum te wees nie maar ja dis maar my mening
Ek gebruik ook my Tablet om…
Ek gebruik ook my Tablet om op die Kampforum te gesels, soos nou hier in die bed.
Ek wil nie hier gesels nie…
Ek wil nie hier gesels nie ek wil KAMP![]()
maar ja dis maar my mening …
maar ja dis maar my mening
Shaun, en jy dwing dit seker ook op niemand af nie ![]()
Net so Mona
Net soos jy se Morne dis maar my mening dit sal nice wees as ons almal saam gesels maar ja almal het reg tot opinie
My gevoel ...... Almal het…
My gevoel ......
Almal het verskillende sienings en soos ek oplet reageer vriende en kennisse meer op mekaar se poste.
Ek was vir jare moderator op verskillende blaaie en het dit selfs gesien met kompetisies. Daar was by geleentheid n foto kompetisie en die lesers was gevra om te stem vir die wen foto. Die uiteinde van die saak was dat die beste foto nie gewen het nie omrede die lesers gestem het vir die persoon wat hul ken.
Ons boskampers is maar op al die blaaie in die minderheid.
Almal het hulle eie opinie…
Almal het hulle eie opinie en is seker geregtig daarop.
Solank dit net nie teen die "norm" gaan nie, wat die woord "norm" ook al beteken.
Ongelukkig glo ek nie aan die " norm" nie. ![]()
Hallo Anton, ek het nie…
Hallo Anton, ek het nie gesien nie, as mens ouer raak, raak die skrif kleiner en verkies ek om nie op my selfoon te werk nie. My selfoon het in elk geval net 8G stoor ruimte en is hopeloos te klein vir alles. Ek werk maar liewer op die rekenaar en tablet, wat dit vir my makliker maak. Dis net my mening, ek dwing dit op niemand af nie.....Morné![]()
![]()





As ons ander gesels dan rus…
As ons ander gesels dan rus Len ?