Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -4 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -4 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -4 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -4 hours ago

Hier gaan niks aan nie ....

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Hier gaan niks aan op die forum nie.  Dankie aan die paar wat probeer om gesels aan te wakker, maar ek is bevrees dit werk nie. Die aanbeveling dat gesprekke kampverwant moet wees werk ook nie  -  bitter min reaksie.

Ek was onder die indruk 'n geselsforum het dit ten doel om in 'n groot vriendekring sonder geografiese grense oor en weer te gesels oor 'n gemeenskalike belangstelling deur middel van sosiale media wat tot ons beskikking is. Maar dis uiters frustrerend om in die wind te praat en net 'n paar getroues reageer hoflikheidshalwe.

Dit lyk vir my mense verkies eerder FB, Twitter en WhatsApp-groepe om net kort sinnetjies nou en dan te sê en nie lekker detail gekletsery nie, soos wat 'n mens persoon tot persoon sou doen.

Ek weet nie, ek gee moed op en is moeg geprobeer.

Waar my wa staan

Arie

Thu, 06/06/2019 - 13:09

Ek sien elke keer die draad as ek die dag hier kom loer.

Ja ek stem saam, hier gaan wragtag NIKS aan nie.

As mens die dag bietjie kontroversieel wil raak is daar mense wat hul Toys uit die kot gooi en dan wegraak?

Mens wil mos nie heeldag praat oor iets waar almal saamsyem nie?

Dan gebeur dit dat al minder mense praat.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 07/06/2019 - 08:48

Arie, nee man daai mense is mos op 'n ander forum, hier word niemand kwaad nie, net die Ford oukies wat skoor soek, is alwink

Mens wil mos nie heeldag praat oor iets waar almal saamsyem nie?

As mens die dag bietjie kontroversieel wil raak is daar mense wat hul Toys uit die kot gooi en dan wegraak?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 07/06/2019 - 09:23

...................jy kan nie sê ek probeer nie !  Help asseblief en blaas 'n bietjie stoom onder hier jongeres as ons.

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 07/06/2019 - 16:23

Net so vinnige terlopsie, my naam word met een "R" gespel en nie met twee nie.

Johann hier is manne wat lekker kwaad word, hier was so tyd geled 'n draad oor Vry messelaars en ander gelowe. Een ou het sy toys nie net weggegooi nie maar sommer homself ook weggegooi, uit die forum uit.

As ek reg onthou was hier ander ook wat erg ontstoke geraak het??

Nou kan ek dit glad nie verstaan nie, hoekom kwaad word as iemand met jou verskil, of is dit dalk omdat jy toe nie so sterk aan jou saak glo nie?

As ek weet ek glo aan die enige God dan gaan niemand my mos oortuig dat ek verkeerd is nie, maar dit beteken nie dat ek na sy teoriee en standpunt sal luister nie, solank hy/sy net nie verkleinerend/beledigend raak of dalk Godslasterlik nie. godslastering sal ek ook nie kwaad word nie, maar ek sal wel vir die persoon bid, wat ek glo my plig is.

Die persoon wat gedros het van die forum het godslasterlike goed kwyt geraak, toe ek noem dat ek vir hom sal bid, het hy amper stuipe gekry. Laat my toe mos nou erg wonder of hy dalk dan tog aan God glo, hoekom is dan bang as ek vir hom bid?

Nee wat ek hou van drade waar mens kan lekker redekawel en dinge bespreek, sonder om kwaad te raak.

Die enigste tyd wat ek kwaad raak is waneer mense met belaglike stellings kom, soos byvoorbeeld as iemand my wil vertel 'n Toy is beter as Ford, ek meen almal met bietjie ingeneurs kennis weet tog immers dat daar niks beter as Ford is nie???

Nee Johann, met mense wat verskil met jou opinies maak dat mens groei en leer, daar is altyd meer as een kant van 'n saak. Ek het ongelukig net nie die vermoee om my saak mooi duidelik te stel nie, dit is nou waar ek vir Len admireer. Hy kan 'n saak mooi feitlik uitredeneer, en so het ek al baie van my standpunte verander of aangepas, deur net sy redenasie te volg en daaroor te dink.

Mens is geneig om sekere standpunt in te neem, sonder dat jy al die kennis het, maar as iemand anders dan op 'n logiese wyse met ander idees kom, verander mens baie keer jou standpunt. Dit is tog immers groei en kennis verbreed of hoe??

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 07/06/2019 - 18:06

............ek kyk so nou en dan 'n heruitsending.

Arie, ek gaan jou naam met een "r" op die spellysie plaas  -  hoop dit gaan help.

0

Mens is geneig om sekere standpunt in te neem, sonder dat jy al die kennis het, maar as iemand anders dan op 'n logiese wyse met ander idees kom, verander mens baie keer jou standpunt. Dit is tog immers groei en kennis verbreed of hoe??

0
Centurion

Dusty

Sat, 08/06/2019 - 04:51

Arie, dit is so waar wat jy kwytraak. 

Ek het baie met 'n man van my vorige firma bybelsake gesels. Wat ek van hom waardeer het is dat wanneer ek oor 'n sekere gedeelte gesels het dan sal hy sê dat hy dit anders verstaan het maar dit is nou 'n ander manier om daarna te kyk. Nou het hy weer iets geleer van die gedeelte.

Soos wat Arie, verskil is goed. Dit verskerp jou kennis. Net nie afbrekend nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus