Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Johann L -26 minutes ago
Rona Rock View Lodge Nelspruit Johann L -50 minutes ago
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Geert -50 minutes ago
Skerp reuke Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Lekker gelag, Geert,... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
Goeie Hout ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago

Hier gaan niks aan nie ....

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Hier gaan niks aan op die forum nie.  Dankie aan die paar wat probeer om gesels aan te wakker, maar ek is bevrees dit werk nie. Die aanbeveling dat gesprekke kampverwant moet wees werk ook nie  -  bitter min reaksie.

Ek was onder die indruk 'n geselsforum het dit ten doel om in 'n groot vriendekring sonder geografiese grense oor en weer te gesels oor 'n gemeenskalike belangstelling deur middel van sosiale media wat tot ons beskikking is. Maar dis uiters frustrerend om in die wind te praat en net 'n paar getroues reageer hoflikheidshalwe.

Dit lyk vir my mense verkies eerder FB, Twitter en WhatsApp-groepe om net kort sinnetjies nou en dan te sê en nie lekker detail gekletsery nie, soos wat 'n mens persoon tot persoon sou doen.

Ek weet nie, ek gee moed op en is moeg geprobeer.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 03/06/2019 - 17:39

Sien die laaste paar dae is die Forum maar baie stil ?

Seker te doen met die koue ?

Ook net ek en 3 ander ?

Arie, Len Loader, Voortrekker

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 03/06/2019 - 20:35

Ja Willem, ek sou dink die koue is juis 'n lekker rede om te klets.

Ek is al moeg om te probeer om vriende te kry om te gesels, maar het ook nou al moed opgegee.  Ek vermoed ook maar my sê-goed is seker "boring" want ek steek vas by die Wildtuin, Hartenbos, Exclusive, Pathfinder, Beaugainvillaes, 'n bietjie politiek, 'n bietjie godsdiens, 'n bietjie padroetes en oornag-kampplekke, "movers", tru-kameras, reën en reëntenks, karavaan-TV, karavaan-aircon, huis-inverter, off-grid kamp met 'n teerpad-karavaan, my ou kamp-waens en wedervaringe en dis omtrent dit.

Dankie darem vir die paar vriende wat nogtans baie moeite doen om interessanthede te deel met ons ou klompie.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 03/06/2019 - 20:45

Hier by my gaan dit weer heel interesant. Kry verlede week n epos van argeoloog wat in Knysna omgewing graaf, kan ek kom loer na die bestutting vir hulle, en hier sit ek vanaand. Maar dat dit iets met kamp te doen het, dalk, die klompie wat 10k+jaar gelede daar " gekamp" het het regtig n ongelooflike see- uitsig gehad. 

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 04/06/2019 - 05:52

Herman, dankie vir die deel. Wat 'n mooi uitsig, daai ouens moes heerlik gekamp het 10k jaar gelede.

Len, jou gesêlsskap dek 'n wye veld, maar ek vermoed ook dit is maar 'n winter ding wat mense van kamp verwante forums af hou, dit is nie lekker om nie te kan gaan kampeer nie, en die gesêls maak jou lis uit hang😄

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 04/06/2019 - 06:41

Sou nice wees as almal op forum bietjie saam gesels ek dalk kraas maar hoekom aansluit en nie deelneem nie sad

0
Pretoria

leeu

Tue, 04/06/2019 - 06:43

Goeie môre, ek dink die mense gesels baie meer op whatsapp groepe as op 'n forum. Dit is baie makliker want jy het heeltyd jou selfoon by jou en hoef nie spesiaal na jou PC te gaan om iets te post nie. Baie dankie vir julle wat die forum aan die gang hou, ek loer so nou en dan in. Ek praat normaalweg nie baie nie, maar geniet die forum.

Hier is baie waardevolle inligting, soos die wiellaers op die hoekstutte. Ek sou graag statistieke wou sien op "ons" en ander forums in terme van deelname. Dit is seker tog nie verkeerd om wat op die ander forums bespreek word, hier ook te bespreek nie.....of is dit dan plagiaat pleeg, solank ons dit net nie doen soos die Bib prefek nie?

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 04/06/2019 - 07:33

Ek voel net leeu die lede kan darem deelneem hoef nie elke dag ure op forum te wees nie maar ja dis maar my mening

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 04/06/2019 - 09:50

Net soos jy se Morne dis maar my mening dit sal nice wees as ons almal saam gesels maar ja almal het reg tot opinie

0
Magaliesburg

GerhardtN

Tue, 04/06/2019 - 14:27

My gevoel ......

Almal het verskillende sienings en soos ek oplet reageer vriende en kennisse meer op mekaar se poste.

Ek was vir jare moderator op verskillende blaaie en het dit selfs gesien met kompetisies. Daar was by geleentheid n foto kompetisie en die lesers was gevra om te stem vir die wen foto. Die uiteinde van die saak was dat die beste foto nie gewen het nie omrede die lesers gestem het vir die persoon wat hul ken. 

Ons boskampers is maar op al die blaaie in die minderheid. devil 

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 04/06/2019 - 15:30

Almal het hulle eie opinie en is seker geregtig daarop.

Solank dit net nie teen die "norm" gaan nie, wat die woord "norm" ook al beteken.

Ongelukkig glo ek nie aan die " norm" nie. devil

0

Hallo Anton, ek het nie gesien nie, as mens ouer raak, raak die skrif kleiner en verkies ek om nie op my selfoon te werk nie. My selfoon het in elk geval net 8G stoor ruimte en is hopeloos te klein vir alles. Ek werk maar liewer op die rekenaar en tablet, wat dit vir my makliker maak. Dis net my mening, ek dwing dit op niemand af nie.....Mornélaughlaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus