Op bladsy 2 van die Motor-bylaag in die berig/artikel "So bly jy veilig met jou sleepding agter jou" se die redaksie in die 5de paragraaf : "In Suid- Afrika is die spoed vir 'n voertuig wat iets sleep, beperk tot 100km/h.".... en nog ander aanvegbare stellings (?) ook. Ek is nie bewus van die "wetlike" beperking op sleepspoed nie, tewens dit is redelik algemeen om te lees van 'n gemaklike sleepspoed van so 100 tot 110km/h-selfs in die geskrifte hier op hierdie forum het ek dit al gelees. Self sleep ek graag so 110km/h, as toestande dit natuurlik toelaat! Is ek nou totaal onkundig of oningelig oor die wettige spoedperk vir slepers of is dit nou nuwe wetgewing wat in werking is? Klink my,as die berig reg is, dat veral slepers van Ventertjies en ander kleiner sleepsels oortree die wet gereeld want baie van hulle sleep gereeld 120+km/h- wie gaan nou 100km/h met 'n Ventertjie sleep as toestande 120km/h gerieflik toelaat? verneem graag ander se sienings!!
Weet ook nie van so…
Weet ook nie van so wetgewing nie, maar ek sleep in elk geval lekker op 100kpu, GPS spoed.
Sleepspoed
Môre vriende
Ek glo nie daar is so 'n wet nie.
Ek probeer binne wet bly, maar my snelheid word bepaal deur faktore soos;
pad omstandighede--snelweg, enkelbaan
weer--- wind impak en reën
verkeersdrukte
Dan natuurlik wat is veilig en binne jou kombinasie se vermoë, veral wat optimale wringkrag betref.
Groete
Wessel, alles wat jy genoem…
Wessel, alles wat jy genoem het maak sin. Dit is maar basies wat ek ook doen. Veiligheid kom eerste. Myne sowel as my mede padgebruikers
Met Froggy, sleep ek…
Met Froggy, sleep ek gewoonlik n Venter en ek hou my spoed ook teen 110 km/h GPS.
Ek weet nie wat die wet sê vir n motorhome of Sprinter bussie nie.
Weet wel wet sê 100km/h vir taxi's. So ek gaan beskou word onder een van hulle wat dan 100 sal wees.
Vrag motors is gewoonlik 80. Ek weet net nie waar word die streep getrek nie.
Ek kan my self ook nie sien om met my HiLux en Venter teen 100 te ry nie.
Wil vir my ook voorkom of…
Wil vir my ook voorkom of die berig skrywer sy kouse gerook het ![]()





Dankie Lein, Volgens my…
Dankie Lein,
Volgens my wete is daar nie so wet nie ?