Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -4 hours ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

Kruger Wildtuin

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on

Almal weet teen dié tyd dat ek 'n vurige Sanparke en veral Kruger Wildtuin ondersteuner is, maar gebeure die afgelope tyd laat my wonder of alles daar onder beheer is.

Gewoonlik is die standaard klagtes oor akkommodasie en geriewe wat nie na wense is nie, of klagtes oor onvriendelike personeel, koste van besoeke aan die Wildtuin of 'n gesukkel met besprekings.  Met nie een van hierdie klagtes het ek oor die jare heen 'n ervaring gehad nie.

Maar in een week loop 4 hiënas in Letaba-ruskamp rond en maak amok opsoek na kos, kort daarna dood 'n luiperd 'n kleuter in Malelane se personeeldorp en vanoggend hoor ek 14 leeus loop rond in Phalaborwa-dorp, in die Foskor-mynomgewing.

Dit voel vir my 'n bietjie dik vir 'n daalder en dit plaas wildbeheer van die Wildtuin onder verdenking. As 'n leek is dit seker makliker gesê as gedaan.

 

Centurion
Profile picture for user Wit Eland

Wit Eland

Wed, 19/06/2019 - 07:42

Toe ons die 1 st Mei 2019 voor Phalaborwa hek stop want ons was bietjie vroeg het ons ook gesien iemand het erens deur die nag deur die hek gejaag. In die donker kon ons nie mooi sien nie maar hoe ligter dit geword het kon ons sien die hekke is in hulle maai in gery, en nou weer by Kruger hek sommer twee keer in een aand. Ek persoonlik dink ons almal weet wat die probleem is maar is te bang om dit n naam te gee, en dan word daar met n taxi gestop en n bok wat deur n luiperd gevang is sommer net ingelaai jinne dit gaan te lekker in KNP. angryangry

https://lowvelder.co.za/…

https://lowvelder.co.za/…

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Wed, 19/06/2019 - 08:01

...daardie mense werknemers van die park is en dat dit deel van hulle werk is om karkasse langs en op die paaie op te laai. Dit, met alle respek, klink vir my na 'n strontstorie. 

Toe ons onlangs in KNP was, was ons verstom oor die getalle voertuie (meesal ou motors/bakkies en taxi's) wat skynbaar sinneloos teen hoë spoed in die park rondjaag. Dit was dikwels dieselfde voertuie. Wat doen hulle daar? Smokkel met klein diertjies? Wie weet? En hoekom is daar geen beheer nie? Toe ek van die parkpersoneel daaroor vra kon ek nie enige sinvolle antwoord kry nie. 

En dan is daar natuurlik die personeelgetalle!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 19/06/2019 - 09:34

..................die video op FB en die relletjie van gesprekke daarna in detail gevolg  -  ook SanParke se reaksie.  Ek het spesifiek op  die kommentaar gelet van een eerbare besoeker wat feitlik daagliks in die Wildtuin is en sy prag fotos en ervaringe op verskeie sosiale groepe met andere deel.  Hy en sy vrou was toevallig op die toneel tydens die gebeure  -  op die video wat deur iemand anders geneem is, het hy uitgewys watter motor syne was.

Volgens hierdie persoon was dit nie 'n taxi nie en die bestuurder daarvan het 'n SanParke teehemp aangehad.  Die groep was volgens SanParke deel van 'n wildvangspan en was onder die indruk dat die rooibok deur 'n voertuig raakgery is.  Die feit dat die groep die bok openlik in die teenwoordigheid van verskeie toeriste wat fotos en videos geneem het, opgelaai het, dui vir my daarop dat dit nie ongeoorloof was nie.

Die groter kommer vir my is die talle dooie diere wat as gevolg van jagende voertuie gedood word.  Die groot getalle hiervan dui daarop dat die beheer van spoedoortredings in die Wildtuin nie onder beheer is nie en nie deeglik toegepas word nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 19/06/2019 - 11:30

Dis soos met alles in SA; daar is ordes meer mense orals en dit plaas druk op hulpbronne. Ek praat nie net van natuurlike hulpbronne nie maar ook infrastruktuur en mannekrag. Kyk maar na enige faset van die samelewing en wys vir my iets wat nie in ons leeftyd agteruitgegaan het nie.

Ons moet ook onthou dat die minder gegoedes (noem hulle wat jy wil) voor '94 kunsmatig uit/weggehou is en meeste fasiliteite (die wildtuin ingesluit) gereserveer is vir die handjievol (in terme van die totale bevolking) gegoedes (en gevolglik meer opgevoedes met ander waardes).

Ek verwys spesifiek nie na ras nie, want alhoewel Apartheid op ras geskoei was, is daar blankes wat hulle soos barbare gedra en omgekeerd. Kyk nou maar na Chris Boucher se voorbeeld op hierdie draad van die oom wat lemoene uitsit vir die bobbejane. Noem dit oningelig as jy wil, maar daardie oom is deel van die probleem. Kyk ook gerus na al die wit kinders wat by vensters uithang en diere roep en koggel. Hulle ouers is ook deel van die probleem, en skep 'n nageslag wat sal aanhou om deel daarvan te wees. 

Terug na my punt oor, noem dit maar, oorbevolking. Die getalle besoekers in die wildtuin is so hoog dat dit oor langnaweke beperk moet word en net 'n sekere aantal dagbesoekers toegelaat word. Daar is nie eers genoeg verkeerspolisie om die N1 veilig te hou nie, hoe dink julle moet die Parkeraad (SANPARKE) die magdom oningeligte toeriste in toom hou met hulle beperkte hulpbronne?

Mense se motivering vir werk het ook verander. Meeste mense werk deesdae net om 'n salaris te verdien en het geen trots in hulle werk nie. Dit is regdeur die bank in alle sektore waar, en ook in die wildtuin. Daar is hulle salarisse ook nie vergelykbaar met in ander sektore nie. Dit mag klink of ek optrede soos om 'n dooie rooibok op te tel regverdig. Dit is nie die geval nie, dit help my net om te verstaan waarom sekere mense dit doen - en wegkom daarmee. Van hulle se werk in die wildtuin is vir hulle net 'n job en hulle voel vere vir bewaring. Daar loop orals rooibokke rond en hulle verdien in elk geval te min (in hulle oë) so wat gaan een rooibok vir die pot verskil maak?

Daar was ook 'n toeristevriendelike beleid toe ek in die vroeë 2000's in die wildtuin gewerk het. Die bestuur het geglo mens mag nie "lelik" wees met toeriste (te streng wees met hulle) nie want die wildtuin het hulle nodig vir die inkomste. My mening is dat die reëls duidelik uitgespel word op die toegangspermit (hoeveel van julle het dit al gelees?) en dat indien jy dit oortree daar 'n endossement op jou permit moet kom as 'n waarskuwing. Indien jy dit weer oortree moet jou permit teruggetrek word en jy uit die park gesit word.  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 19/06/2019 - 16:12

Dankie Wildehont vir jou inset om 'n bietjie meer perspektief aan die saak te gee.  Dis belangrik om in alle opsigte (nie net in die Wildtuin nie) van mens-optrede-probleme die talle faktore wat daartoe aanleiding gee, in ag te neem.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 05/06/2020 - 09:43

Lees tans die boek, en  kan dit sterk aanbeveel, uitstekende toepaslike inligting vir baie van ons vrae, en kwessies waarvan meeste van ons totaal onbewus is.

Shaping Kruger.  Mitch Reardon.  Animal behaviour, ecology and managment in Afrika's premier game park.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 05/06/2020 - 12:21

Dankie Herman, ek gaan daardie boek nou soek.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 06/06/2020 - 17:57

GOEIE NUUS !

Die Kruger Wildtuin het vandag, Saterdag 6 Junie 2020 in 'n persverklaring bekend gemaak dat die Wildtuin vanaf Maandag 8 Junie 2020 oop sal wees vir dagbesoekers.  Alle hekke behalwe Pafuri en Numbi sal oop wees, maar piekniekplekke sal gesluit wees.  Toilette by piekniekplekke en ruskampe sal egter beskikbaar wees vir dagbesoekers.  Brandstof sal ook beskikbaar wees en 'n paar winkels sal ook oop wees, steeds onderhewig aan Vlak 3 regulasies.

Dit lyk of ons al nader en nader na kampering in die Wildtuin beweeg !

----------------------------------------------------------------------------------

Hier is vandag se volle persverklaring :

SANParks OPENS FOR SELF-DRIVE DAY EXCURSIONS AFTER TWO MONTHS

06 June 2020

South Africa National Parks (SANParks) today announced that self-drive excursions for day visitors will be permitted from Monday, 8 June 2020 in parks that cater for self-drives.

SANParks CEO Fundisile Mketeni said SANParks used this week to prepare for the expected arrivals of guests to parks. "We appreciate that after two months of confinement, the public is keen to engage with nature and the excitement as shown by enquiries from our loyal visitors is encouraging. We are obligated to ensure that the opening of our national parks for self-drive excursions is done under the strictest health protocols to safeguard both our staff and guests."

As a result, we are limiting face-to-face contact between staff and guests by encouraging online and telephonic day visit bookings and full payment of conservation fees prior to arrival where possible. Bookings can be made at 012 428 9111 or www.sanparks.org from Monday 8 June. In the case of Wild Card members, guests have to ensure that their membership is valid prior to arrival. 

He said Namaqua National Park as well as Boulders and Cape Point in Table Mountain National Park remain closed for the meantime and the majority of gates at Kruger National Park will be open with the exception of Pafuri and Numbi gates. Gate quotas for Kruger have been revised to approximately one third of what they were prior to COVID-19. Three time slots for arrival will be introduced with the understanding that booked day visitors must arrive at the gate within that time span. Slot 1 is from 06:00 to 08:00, Slot 2 from 08:00 to 10:00 and Slot 3 from 10:00 onwards. Hides and picnic spots at all parks remain closed; braaing at picnic sites will also not be allowed during this period. Ablutions will be open in camps, at gates and at some picnic spots. A limited number of shops and petrol stations will open in some parks during the course of the week and will be operated in accordance with relevant Level 3 lockdown regulations. Further information and updates will be available on our website on Monday 8 June 2020.

The national lockdown regulations relating to movement between provinces must be observed within the parks. "This means inter-provincial travel within parks that stretch between two provinces will not permitted. Guests therefore must exit into the province from which they entered the park. "

He said everything as we knew it has fundamentally changed by COVID-19, "therefore we are requesting guests to adhere to all official alert level 3 regulations when inside the parks including wearing masks, keeping social distance, and following transport capacity directives. We also implore guests not to deposit their litter inside the bins within the parks but to leave with as much of it as hygienically possible."

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 07/06/2020 - 10:28

Hoop hulle wil die 2021 skoolvakansie kalender klaar kry sodat ek ook my winter kamp kan bespreek.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 07/06/2020 - 12:14

Ja Mnr. positief.  wink

Hy het nog nie behoorlik begin nie.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 08/11/2022 - 08:09

N kollega van my doen begelyde toer groepe waar hy hulle deur die wiltuin vat Gerhard se Malalane hek is dit nag hy en groep moes omdraai klippe word gegooi en hek word versper en ja die poliesie blykbaar observed terwyl motoriste gegoooi word waar gaan die mokken land heen angry

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/11/2022 - 09:11

Môre vriende

Ek het gou in koerante geloer, tot die LAEVELDER dra geen berigte oor die voorva[le] nie. Ek wonder of dit doelbewus uit die koerante gehou word.

Gebeur die insidente by die hek self?? Die stukkie pad vanaf die N4 tot by hek loop tog deur baie gegoede area, golflandgoed, golfbaan en sekuriteitskomplekse.

Ek het Grootwind se raad gevolg, en nog 'n aand bygelas vir Berg en Dal. Ten minste kom ek dan nie 16Junie by Malelane hek uit nie, en ook nie op die pad huistoe nie.

Mens raak skoon moedeloos oor al die negatiewe gebeure in die land.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 08/11/2022 - 13:48

..............is dit feitlik onmoontlik om 'n berig uit die formele / sosiale media te hou dat ek beswaarlik kan glo dat dit nie by Die Laevelder of Maroela Media uitgekom het nie.

'n Maand gelede was daar wel by Malelane-hek "remote jamming" wat diefstal tot gevolg gehad het en dit was in 'n japtrap oral in alle forme van media gerapporteer.  Ek het self in begin Meimaand van Malelane-hek gebruik gemaak en weer teen die einde van die maand met die terukomslag en alles was stil en rustig.

"Die stukkie pad vanaf die N4 tot by die hek loop tog deur baie gegoede area, golflandgoed, golfbaan en sekuriteitskomplekse "  -  juis Wessel, daar is nie nedersettings naby hierdie hek of oppad soontoe nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 08/11/2022 - 15:33

...............op sosiale media sê Linda Oosthuizen die polisie is op die toneel en die pad na Malelane-hek is nou weer oop vir gebruik.  Daar was dus wel betogings.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/11/2022 - 16:59

....jy het darem wel ingeligte kontakte. Wat maak haar so besonders, en waar vind mens haar info???

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus