Môre vriende Ek vertrek DV komende Saterdag op my weeklange besoek aan die wilde Krugertuin. As julle niks van my hoor nie, is dit nie omdat ek my gewip het nie, maar omdat daar dalk nie internetsein is nie. My plan is om Saterdagaand in Krokkedilbrug te slaap, dan volgende oggend te sleep tot in Satara. Daar sal ek weer penne optrek die volgende Saterdag, en afsleep tot by Malelane kampie. Vandaar die volgende oggend met die N4 terug huistoe. Hopenlik loop ons vir die verlore forumvriend, Chris daar raak. Ek sal maar vêr van klein koepeltentjies staanplek soek.
Dankie Wessel, duidelik het…
Dankie Wessel, duidelik het julle dit geniet, ons was ook gelukkig om baie renosters te sien, buffels by die baie dosyne, en haienas, meer daaroor op my Pretoriuskop draad.
Pretoriuskop-draad
Môre Johann
Ons wag in spanning, en sien uit na jou foto's en bydrae oor julle besoek. Ek sien nog niks onder die Pretoriuskop-draad.
Groete





Dankie
Dankie Wessel, ek kan sommer sien dit was 'n lekker "uitstappie" Satara toe.