DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal
FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.
STEFAN: 3 April 2017 - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan
FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend?
Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry. Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.
FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!
- 1182 views
My span, my trots!
Len, na 30 minute het ek ook gehoop dit gaan nie 'n k/pak wees nie. Maar ek het ook geweet die Lions het nie hul gewone spel gespeel nie en die Hurricanes het hul punte gekry oor die Lions se foute. Veral na die Lions 'n drie gekry het net voor halftyd, het iets vir my gesê hier kom 'n ding. Ek (en Colin) het 'n gevoelte gehad in die tweede helfte gaan die Lions die vetderm omdraai en toe doen hulle dit! Wat 'n span was hulle in die tweede helfte. Hul het die Hurricanes van hul voete afgespeel. 'n Wedstryd is 80 minute en die Lions se karakter het dit vandag bewys.
SA en die Lions is deur na die finaal, op tuisgrond! Ek hoop hulle gaan daai beker lig.![]()
Oops..........
Oops, ja Freda, ek het die pot toe mis gesit en te gou moedeloos geraak !
Goeie more. …
Goeie more.
Sit nou met koffie en beskuit. Is vroeg wakker en besluit toe maar om op te staan.
Scam op die foon bel kort kort. Net 4 luie dan hou dit op. Klank is af maar dit vibreer net en op die bedkassie hoor n mens dit nog. Vodacom is besig om al daai nommer te probeer blok. Hierdie een begin met +676
Lekker rusdag vir elkeen
More Freda…
More Freda.
Siebn jy is ook aanlyn.
More Dusty
Ek was 'n rukkie af en nou weer aanlyn.
Ek was ook vroeg wakker vanoggend en toe maar later opgestaan. Het al tee gedrink en nou besig met koffie.
Van fone gepraat. Colin kry elke liewe dag 2 wattsapps wat lees : "keep this message from Freda". Net dit. Ons het geen idee wat dit beteken nie.
Lennie, jy is nie al een wat gedink het die Lions gaan vêr verloor nie.
Ek belowe jou, ek het regtig amper begin huil toe dit 22-3 was. Die 10 punte halftyd het my moed gegee en ek dink Ackerman het halftyd vir hulle gesê om terug te gaan en hul gewone wedstryd te speel, toe werk dit. Ai, dit was lekker! Die Hurricanes was skoon sat gespeel.
Goeie more,…
Goeie more,
Tee klaar gemaak en so ook die koffie.
Nuwe week en die laaste dag van Julie. Nou gaan die winde begin waai en daarmee saam koue.
Lekker dag vir elkeen
Goeie more Dusty! Terug op…
Goeie more Dusty! Terug op kantoor vandag, sommer volstoom!
Lekker dag vir almal!
Nouja julle......................
Nouja julle werkendes, geniet maar julle werkery vandag.
Ek gaan myne ook geniet - gaan 'n bietjie kortemette (spel 'n mens dit ooit so ? - lanklaas dié woord gebruik) maak met die Exclusive se stortkraan wat soms nie die waterpompie wil aanskakel nie. Sal mettertyd vertel as die raad wat ek gekry het goed werk.
Dit behoort 'n lekkerder joppie te wees as 'n volwaardige betrekking !
Die weervoorspelling sê ons kry môre en Woensdag reën in die Kaap en ek sal maar die Exclusive uitry sodat die reën die Wildtuin stof kan help afwas. Ons mag mos nie karre en karavane was nie.
Goeiemore
Ek wens almal 'n goeie nuwe week, by jul werke of by jul huise.
Ek hoop die forum gaan bietjie lewe kry die week, dit is hopeloos te stil hier.
Nou vir 'n lekker koppie koffie!
Die ref het die leeus darem…
Die ref het die leeus darem maar mooi gehelp wen?
.
.
.
.
.
.
.
.
Ok auntie dis net 'n grappie hoor geluk met jou span hehehe
He-he, Spekkies, ek hoor jou…
He-he, Spekkies, ek hoor jou. Die ref het dit darem verwys boontoe en toe hulle nie kon besluit nie, moes hy. En hy het besluit op hoe dit vir hom voorgekom het, so ek dink nie dit was opsetlik nie. Maar of die geelkaart verdien was of nie, 'n span van die Hurricanes se kaliber weet hoe en kan met 14 man speel. 14 Man spanne het al baie keer drieë gedruk.
Ek dink eerder die lugdruk het daai manne in die tweede helfte gevang. Ek hoop dit vang die Crusaders ook Saterdag.![]()
Goeie more aan almal wat kom…
Goeie more aan almal wat kom koffie en tee drink.
Die laaste wintersmaand het begin. Kan voel die temperatuur verander met die wind saam. Trek maar warm klere aan.
Geniet die dag ten volle
Goeiemore
Ek hoop almal het lekker geslaap.
Dusty, hier by ons voel dit amper soos somer, al vir 'n paar dae. Selfs die nagte is gladnie koud nie. Dit is bewolk vanoggend, met 'n warm windjie, hopelik kom daar reën.
My kinders, wat na NZ verhuis, vertrek hierdie week. Hulle was gister hier, kom vandag weer en more kom hulle groet. Dit is maar 'n hartseer tydjie vir my.
Freda,…
Freda,
Sterkte vir jou en Colin. Ek kan myself voorstel hoe dit moet voel.
Dankie Dusty. Ek weet daar…
Dankie Dusty. Ek weet daar is duisende ouers in ons land in dieselfde posisie. Dit is vir ons almal swaar. 'n Groot stuk van my hart gaan saam met hulle.
More more,…
More more,
Tee gemaak en so ook die koffie.
Windstil en nie koud vandag.
Sien in ons omgewing is daar weer verlede nag 'n mototfiets gesteel en ook weer terug gekry.
Geniet die dag
Goeie more! Ek gaan nou…
Goeie more! Ek gaan nou koffie maak. Kan ek maar skink?
Kan ek 'n enkel kry asb?
Kan ek 'n enkel kry asb?
Kan ek 'n enkel kry asb?
Kan ek 'n enkel kry asb?





Freda.............
Ek kon net 30 minute uithou en gaan nou liewer iets aan my karavaan torring ! Ek is maar 'n sensitiewe mens en kan nie 'n slagting aanskou nie !