DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal
FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.
STEFAN: 3 April 2017 - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan
FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend?
Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry. Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.
FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!
- 1177 views
2 enkels maak 'n dubbel…
2 enkels maak 'n dubbel.
...lyk my jou hande bewe van drank ontrekking speknek?
Goeie more…
Goeie more.
Tee geskink en koffie staan gereed.
word nou weer vroer lig. een van die dae kan ons weer met ligdag werk to ry
Geniet hom ten volle die dag
Goeiemore
More Dusty en almal wat nog gaan kom groet. Ek hoop almal het lekker geslaap.
Vanaand slaap ek in my eie bed by my huis. Ons lang kamp van 5 maande en 8 dae is verby. Tyd is 'n snaakse ding. Dit voel of dit in 'n oogwink verbygegaan het maar tog, as ek terugdink aan die eerste maand by Van Stadens, dan voel dit soos lank terug. Maar ek is bly om terug te gaan huistoe. No place like home!
Goeie more! Hi Freda, ek…
Goeie more! Hi Freda, ek kan nie glo die tyd het so gevlieg nie. Dit was so lekker om heeltyd op hoogte te wees en die avontuur saam met julle te deel. Dankie.
PS. nou kan ons die lang beloofde foto's sien?
More, groete van Salt Rock…
More, groete van Salt Rock af.
Goeie More Arie. Ek het…
Goeie More Arie. Ek het gewonder waar?
Goeie more almal…
Goeie more almal.
Drink maar rustig my tee vanoggend. Sien my kollega het klaar koffie gemaak.
Freda, ek glo dat jy lekker op jou eie bed geslaap het. Sterkte met die pad vorentoe. Wanneer dit te harseer word dink dan maar aan al die goeie tye wat julle saam was. As ek naby was kon ek darem vir jou 'n drukkie gegee het.
Geniet die dag en so ook die naweek
Goeie more almal. …
Goeie more almal.
Ag hoe hartseer word ek ook nou namens Freda. My kindertjies is nog bitter klein en in die huis, en ek word al klaar baie dae hartseer as ek dink hoe vinnig tyd verbygaan en dat hulle ook eendag gaan aanskuif.
Koffie vir enigiemand?
Aitsa..................
Aitsa, ek is heel eerste vanoggend - was al 04:30 op !
Goeie môre aan al die laatslapers op 'n Saterdagmôre. Lieflike (ongelukkig reënvrye) môre vanoggend hier by ons in Brackenfell.
My uitsig vir die dag :-
- Exclusive se stortkraan-mikro-skakelaartjie moet vandag herstel word asook die invoeging van 'n "relay" in die sisteem om die brand van die krane se skakelaartjie te voorkom
- Die flou badkamer liggie moet met 'n LED-paneel vervang word. Dis nogal 'n storie want 'n pensioenaris moet sy sente omdraai en daarom wil ek 'n LED lig-paneel gebruik wat uit 'n herlaaibare LED-lig kom waarvan die battery kapoet is. (Mens noem hierdie gebruik recycling !) Probleem is die spesifieke LED benodig 7V krag en die Exclusive het 12V krag. Daar is allerhande komponente om die krag af te bring, maar party word te warm en kan 'n brand veroorsaak en ander laat weer die LED flikker. Nog 'n probleem is die battery-laaier laai die battery tot 13.8V en as hy afskakel, is die krag weer by 12V ! Maar met die hulp van ander kundiges is ek amper by die finale oplossing.
- Die Lions se wedstryd vanmiddag !
Goeie more Len! ... Aitsa! …
Goeie more Len! ... Aitsa! Jy moet n lekker dag he (-;
Goeiemore al die mense!
Ek groet julle vanuit 'n baie nat Port Elizabeth. Ons het heelnag, soos in aanmekaar, harde reën gehad en dit reën nog steeds. Die paaie in die laer deel van ons kompleks is damme water. Die eerste keer wat ek die harde reën in die nag gehoor het en wakker word, was my eerste gedagte, "die water loop seker al deur die tent". Toe onthou ek, ek is by die huis! Ek sal later hoor of dit so lekker reën in die opvangsgebiede ook. Dit is seker die eerste keer in amper 2 jaar dat ons sulke reën kry.
Dankie vir die meegevoel wat jul het oor my kinders. Ek moet dit nou maar net aanvaar en die beste van tegnologie maak om kontak met hulle te hê, sodat hulle nie so ver weg voel nie. Hul het gistermiddag by hul huis in Auckland arriveer en het my gebel, dit was 3 uur in die oggend by hulle. 'n Video call en ek kon hulle sien daar in hul nuwe huis.
Ja, vandag is 'n bitter groot dag vir die Lions. Ek hoop my span is reg vir die aanslag van die All Black manne. Soos Hilda van 7de Laan sê, my senuwees is aan flarde!
So, my wense vir vandag. Dit moet aanhou reën hier by ons, die Lions moet die beker lig vanmiddag en julle moet almal 'n baie lekker Saterdag hê.
Goeie more almal! kan ek…
Goeie more almal! kan ek vir julle koffie maak?
Dit lyk soos 'n heerlike sonnige wintersdag hier in PTA. Lekker dag vir almal (-;
More almal. Dankie 2koffie…
More almal. Dankie 2koffie,4suiker met melk dankie.
Ek sien daar op FB het mense daar in PE hulle tent verloor met die wind saam..
Sondaggroet
More almal. Al bietjie laat in die dag. Geniet julle Sondag.
Segekok, hier was nie wind by ons gewees nie. Dit het vir 'n hele klompie uur aanmekaar gereën en daar was selfs vloedwater in sommige dele van die Baai. Dit hang af waar die mense met die tent was.
BBRRrrrrrr…
BBRRrrrrrr....
Voel dit vanoggend vir my assof hy so 'n bietjie knyp?
Ek dink dit is tyd vir 'n lekker warm beker koffie!

Goeie more…
Goeie more.
Was 'n bietjie besig vanoggend. Dankie Anton. Het al twee bekers koffie gehad.
Darem nie so koud toe ek vanoggend gery het nie.
Geniet die dag.
Goeie more, ja dit is effens…
Goeie more, ja dit is effens koeler vandag, maar die winter het ons gemis die jaar.
Dankie, koffie was lekker.
Goeiemore
Sterkte vir die nuwe week. Mag dit 'n goeie een wees vir almal.
Goeiemore
Die groeters is laat vanoggend? My tee is klaar gedrink, ek gaan nou koffie maak.
Vandag is "Mosie van wantroue" dag. Vandag kyk ek TV. Na die optogte in die strate en wat in die parlement gaan gebeur. Mense, ons moet bid vir 'n wonderwerk. Dat hierdie mense sal stem tot voordeel van die land en nie tot voordeel van hulself nie.
Lekker dag vir almal.





Skuus lyk my ek is dors
Skuus lyk my ek is dors