Gister, besluit ek om vir die Penta 'n nuwe A-raam "cover" te gaan soek, kry toe gelukkig een hier by Gibon karavaan kliniek in Vanderbijl, enigste verskaffer in 80 Km. (Die Penta kort 'n bederfie)
Die ou een het so klompie stampe en stote wat my geirriteer het. Vanoggend gaan die oue af kom, en die nuwe op gesit word.
Ek dink daaraan om die ou een te laat reg maak, dit is net 'n paar krake en "chips", en dan te verkoop, nou wonder ek, is dit die moeite werd, of gaan ek 'n paar rand mors om te laat reg maak, en vir so R600.00 te verkoop?
Willem, ja,dit is die…
Willem, ja,dit is die veselglas wat so bietjie lelik gelyk het. Sal later 'n foto van albei hier op laai.
Hierdie een Willem. Hierdie…
Hierdie een Willem.
Die nuwe is gister in gesit, lyk mooi.
Len, die prys was R1450.00,…
Len, die prys was R1450.00, wat die batery deurtjie in sluit.
Ek moes die gat vir die klamp van die jokey wiel uit boor, as ook die gat vir die slot in die batery deurtjie dit was wel reeds gesonke, maar nie oop nie, die hand rem se sloot was was reeds oop, sowel as die gat waar die jockey pyp bo deur gaan, as ook die ghries-punte se gate.
My grootste uitdaging was om die "pop rivets" se gate op te lyn met die gate reeds in die A-raam, want mens wil die minimum gate daar hê.
Lyk nou baie mooi, Johann…
Lyk nou baie mooi, Johann. As ek nader was aan jou sou ek jou ou "cover" gekoop het.
Leeu, die idee was om dit…
Leeu, die idee was om dit weg te gee, aan 'n forum lid, maar ongelukkig moes ek dit op sny om die rivets se gate mee op te lyn.
Goeie môre Johann, Baie…
Goeie môre Johann,
Baie dankie, kon jy nie die gate van onder die a raam van binne af die "lip channel" uitboor na buite toe nie. Dis baie klein gaatjies, dink dis 'n 3,2mm gat?
Leeu, nee, daarom moes ek…
Leeu, nee, daarom moes ek die gate van buite af boor (net deur die vesel glas), daar was net nie genoeg spasie om met 'n boor van binne af te werk nie, selfs die batery boor was te lank.
Johan watter model is jou…
Johan watter model is jou karavaan? Ek het ook al gedink om n nuwe "cover" op my 2010 Jurgens Palma te sit. Ek wil my battery binne in die karavaan uit gehaal het en dit voor te sit soos joune, maar ek kon nie n "cover" kry wat pas nie, die "cover" wat ek gekry het het nie op my Y-raam gepas nie, was te wyd na agter.
Naand Pieter, my Penta is 'n…
Naand Pieter, my Penta is 'n 2005, hoop jy kom reg, indien nodig, sê net, dan geen ek vir jou die plek se kontak besonderhede. (Gibon Karavaan Kliniek in Vanderbijlpark)






A-raam "cover"
Johann is it die veselglas een ?
Ek het 'n tyd terug die gesien.