Soos julle weet kry mens meer gereeld dat die krag toevoer probleme gee by kamp plekke.
Ek het besluit hierdie sal goedkoper wees as om b.v. die yskas te vervang.
Ek het orals op die web gesoek en op die een afgekom by ACDC en hy kan als in die woonwa beskerm.


Willem, verstel die monitor…
Willem, verstel die monitor minuim op 200V en maksimuim op 245V. Ek doen dit ook dieselfde verstellings op generators om die eguipment te beskerm. As die krag laer is as 195V en hoer as 247V gaan die eguipment begin brand en oppak. Bly dus op veilige kant. Ek gaan ook die monitor aanskaf.
Dankie vir die deel, Willem…
Dankie vir die deel, Willem. Wys ons asb stap vir stap hoe jy dit installeer, ek het twee linker duime.![]()
Chargemaster vs Voltage Protector
Willem,
Doen die Chargemaster nie ook dieselfde werk nie, hy help dalk nie vir laer voltage nie, maar behoort te trip met hoër ladings
Chargemaster vs Voltage Protector
Ja die Chargemaster het 'n aardlek maar hy geskerm nie vir "spikes" of hoë of lae ladings nie.
Hi Willem, Ek is maar 'n…
Hi Willem,
Ek is maar 'n leek met dit, sorry.
Sal hierdie unit dan die krag dan "afskakel" indien dit nie binne die parameters val wat jy opstel nie?
Net so, ek stel hom op 200v…
Net so, ek stel hom op 200v laag en 240v hoog. Sien by die huis loop die krag so by 210v.
Exclusive Krag Beskermer ...
Ek het die taak toe aangevat.
Aangesien my krag kabel 'n 2.5mm een is het ek besluit om die een van die buite koppeling na die krag kas toe ook te vervang met 'n 2.5mm een.
Exclusive Krag Beskermer ...
Vandag het ek toe als nader gebring en besluit om klaar te maak.
Ek het hom tussen die twee bankie gesit sodat jy hom maklik van die deur af kan sien.
Om die ou draad uit te kry was die mees ongemaklikste taak want orals was hy met kleefband vas gedraai soos hulle die harnas op gemaak het, maar hy is uit.
Baie netjies Willem, jou kan…
Baie netjies Willem, jou kan jy meer gerus kamp👍
Dankie Willem, vir die…
Dankie Willem, vir die aanwysings, ek waardeer dit en maak dit vir my makliker om self te doen.
Ek het Donderdag die laaste…
Ek het Donderdag die laaste voltage proctector soos Willem sin by Silverton ACDC gekoop toe ek op n kursus was in Pta.
Nice Noel, nou kan jy met…
Nice Noel, nou kan jy met joune begin ?
Ek dink daaraan om een te…
Ek dink daaraan om een te kry vir die huis se 3 punte.
Dankie...
Dankie Willem vir die detail verduideliking hoe jy tewerk gegaan het. Jy sê die monitor sit teen die muur, tussen die twee bankies. Is dit op die presiese plek waar die krag van buite af deur die muur kom ?
As ek in my deur staan, kan ek die plek sien waar die krag van buite af in die karavaan kom.
Len ja, hulle is…
Len ja, hulle is regoormekaar. Myne het 'n afskorting voor die moderskerm tussen die twee bankies.
Julle praat bo my…
Julle praat bo my vuurmaakplek vir hierdie tegnologies-gestremde ou. Maar hoe't Nataniël gesê van sy ouma: "Ouma verstaan niks van wat jy doen nie. Maar dis vir ouma mooi. Hou aan daarmee."
Chris, daai ding is baie…
Chris, daai ding is baie maklik om in te sit en nou weet ek die woonwa se goed word beskerm teen "spikes" hoë en lae krag.
Dankie....
Dankie Willem, nou verstaan ek presies waar jy die monitor geplaas het. Ek aanvaar die krag loop van die agterste muurboksie (langs die modderskerm) tot by die ACDC-instrument en vandaar na die Apolo distribusie-kas.
Baie netjies gedoen.
Net so Len 👍
Net so Len 👍
As jy terug kyk op die foto's sal jy sien waar die draad loop.





Exclusive Krag Beskermer ...
Ek sal foto's plaas wanneer ek die installasie doen.
Ek sal ook kyk wat is die standaard stellings en of ek dit gaan verander.
Ek gaan hom tussen die woonwa se krag toevoer en die krag kas sit.
Die foto op hulle web is anders as die een wat ek gekry het ? Maar is glo die nuwer model ?