Soos julle weet kry mens meer gereeld dat die krag toevoer probleme gee by kamp plekke.
Ek het besluit hierdie sal goedkoper wees as om b.v. die yskas te vervang.
Ek het orals op die web gesoek en op die een afgekom by ACDC en hy kan als in die woonwa beskerm.


Knap gedaan
Baie Netjies Willem,
Nou kan jy sorgeloos kamp sonder dat Eskom jou rus tyd bederf.
Dankie julle. Ja dit gaan…
Dankie julle.
Ja dit gaan beslis gemoedsrus gee by die kampe.
Dit is 'n beter geskenk Len…
Dit is 'n beter geskenk Len.
Beslis dit is hoekom ek dit hier deel.
Beslis moeite werd en is nie…
Beslis moeite werd en is nie so duur nie. Het myne vir R413 betaal.
ACDC Voltage Protector
Len, hoop jou lys het vrugte afgelewer ?
my "ACDC Voltage Protector" is op my verjaarsdag geskenk-lysie geplaas en die sakdoeke, kouse, biltong en tjoklits is afgehaal.
Dit het....
Dit het gewerk Willem, maar nou moet ek by 'n tak van ACDC uitkom om dit self te gaan aanskaf.
Opdatering
Opdatering :-
Ek het vandag my "Voltage Protector", presies soos Willem s'n hierbo, by ACDC gaan haal wat hulle vir my bestel het.
Nou vir die installering daarvan !
Voltage Protector ...
Mooi Len, na die instalasie kan jy rustig slaap en weet als elektries word beskerm.
Voltage Protector
Mooi Len.
Ek het die naweek by Klein Paradys gesien ek moes die boonste limiet opskuif na 245v anders het ons min krag gehad en by die huis het ek nou al paar keer gesien hy daal onder 200v.
Ek kon myne nie daar sit nie want net om die hoek is 'n skakelaar, die Mover se rooi skakelaar en ook 'n sigaret aansteker.
Puik gedaan Len, nou is jou…
Puik gedaan Len, nou is jou woonwa se 220v beskerm teen die "wissel koers" van ESKOM.👍
Willem, ek sou dink dat jou boonste limiet 245 volt moet wees, ESKOM wissel tussen 220, en 240, dan kom die Wisseling van oorde ook nog by wat selfs onder 150 volt kan gaan. Vir interesantheid, wat is jou onderste limiet?
Goeie môre julle, weet enige…
Goeie môre julle, weet enige iemand hier wat is die laagste "Volts" waarby toestelle nog steeds kan werk sonder skade, soos bv die yskas, mikrogolf oond, geyser....die duur items?
Die probleem hier is,…
Die probleem hier is, volgens die formule, hoe kleiner die Volts, hoe groter word die stroom....en ek dink dis waar die probleem inkom?
Korrek.....
Korrek, soos ek dit verstaan het die al groter wordende stroom (ampere) die gevolg dat die toerusting oorverhit en dit beskadig. Vraag bly nog, wat is daardie onderste punt van volts voordat dit toerusting beskadig ? Is Willem se 195V die korrekte laagste perk ?
Nico en Len, julle is korrek…
Nico en Len, julle is korrek met jul meaning. Standaard van spanning is 220V. Minimum is 10% van 220V en maksimum is 15% van 220V dws 198V -253V. Uit my ondervinding op veilige kant is 200V - 247V.
Dankie Noel. Dis nou waar…
Dankie Noel. Dis nou waar die probleem inkom, wanneer jy gaan kamp by 'n oord waar dit bv. 185V is. Nou het jy nie krag nie, want jou stelsel skakel af, wat maak jy, stel jy maar af en hoop die krag raak beter?





Netjies Willem
Ek sukkel ook maar met die krag ding maar dankie Willem jy mooi verduidelik ek sou se Jurgens en ander wa makers moet somer vannie begin die apperaat instaleer of wat se ek