6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -37 minutes ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago

Die Draft Skirt - Johann L

Submitted by Admin on

Iets wat ek al baie oor gewonder het, is, hoe in die lewe kap jy daai daft skirt vas onder jou karavaan, sy rekke sit aan die "verkeerde" kant

Ek ruig die ding in, en los daai klomp rekke net so, want ek gaan nie op my pens le en een vas kap, verder ruig, en weer een vas kap tot almal vas is nie.
Daar is in elk geval nie spasie om 'n mellet te dryf nie.

Wat doen julle om die draft skirt vas te hou, behalwe om goed op die pladtirk te pak?

FRANS PRETORIUS:

Jy moet dalk maar daardie rekke aan die ander kant vaswerk?, of nuwes aanwerk aan die binnekant. Ek kan nie dink of onthou dat my laaste wa se goed aan binne of tent kant was nie?, maar ek glo nie ek het ooit gesukkel nie, dalk was hulle aan regte kant!

Ek weet net as die rekke gebreek het, het ek sommer 'n sleutelringetjie ingeryg waar ou rek vas was, en dan rek weer in ringetjie ingeryg. Ons druk mos baie sleutelhouers, so daar was altyd voorraad!!!

Jy kan dalk net so maak, die ringetjie deur seil ryg sodat dit in die plek ingaan waar rekke nou vasgewerk is, en dan net nuwe rekke inryg aan die binnekant.

WILSUR: Los hom gewoonlik uit !

JOHAN L: Dankie Frsns, ek het net nog altyd gewonder waarom die goed aan die verkeerde kant sit.??
Maak ook maar soos Willem, los dit net so, kap net die twee punte vss.

DUSTY: Johann,
Indien jy dit wil vaskap kan jy mos dat iemand die helfte oplig en dan is die rekke mos sigbaar en kan jy van binne die tent/rally die rekke vaskap.
ek gebruik "polycorp" rubber om die gebreekte rubber ringe te vervang wanneer dit oorspronklikes breek. Het iewers 'n foto van dit.

Ok so here is what I did....

In the old-old-old days, when camping was camping and things where simpl I dug a slootjie, put the PVC strip in the slootjie and back-filled...

But with the manicured gardens of today's caravan parks, I somehow think someones going to suffer a melt-down.

So.....

I made a teeny-tiny coki mark on the beading (above the skirt) where the peg must be donnered into the ground,

Donner in the peg, under the teeny-tiny mark so that the end of the peg loop is just level with the ground.

Threaded the skirt & hooked rubber over peg...

Ok so these days... I Imagine just put the PVC strip under your one-thousand and plenty zupta's worth of woven groundsheet....

Me? these days? I don't care... Let the rain come in from the back & go right out the front... simpler to work with mother nature than against it...

As for the wind.. Dis mos lekker.... Ek kamp...

 

Bloemfontein

OOM JEEP

Tue, 02/05/2017 - 10:20

Ek ryg v.d. verfroller extensies deur die rekke. Kap net die extensie reg in die middel vas en weer aan die kante, voor en agterkant van die wa. Dis nou in bobbejaan/aap wereld, want dis waar hulle inkom.  Doen dit eerste voordat jy grondseil span. Jy kan ook ogies in die plastiek gedeelte inkrimp en dan die grondseil bo-oor die plastiek gooi en vaskap deur die ogies.

So nie los ek hom sommer soos Willem sê.

 

Het op Buffelsbaai by 'n ou oom gesien.... Hy vat dun wit PVC pyp (conduit in Engels), ryg dit deur die ringe en kap die punte vas. Lekker lig, hy doen dit ook met die kantseile van sy rally tent. Hoe maak julle met due plastiek flappe onderaan die seile? Lyk altyd vir my slordig, veral in die hoeke. Sit jy die pale bo-op die plastiek? Dit beskadig maklik.

Centurion

Voortrekker

Sat, 13/05/2017 - 07:56

Hoe ek die plastiek flappe verstaan is hulle om te seël teen water en kan hulle selfs begrawe word - onder die grond of onder jou grondseil in.   Ek vou myne maar net binne toe, pale staan nie daarop nie.

Vaalpark

Johann L

Sat, 13/05/2017 - 14:22

Dit is nou 'n gawe idee om PVC pyp te gebruik. Hier in die garage lê oor genoeg net rond, baie ligter as alluminium pyp??

Al het ek genoeg alluminium pyp hier, maar hulle gaan eendag ander werk kry, gaan beslis nou vir my so paar stukke pvc pyp sny en in die wa pak, dankie vir die idee?

Voorie, ek druk ook die plastiek seil onder die grond seil in waar moontlik, maar dit is ongelukkig nie altyd moontlik nie. Die grond seil se penne wil ek nie deur die plastiek druk nie.

Worcester

Wildehont

Sat, 24/12/2022 - 22:24

Ek het twee karavaan tente hier by Dwarswegstrand gesien waarvan die flappe onder aan die kantseile na buite gevou is - nie na binne nie. Aan die een kant maak dit sin, want reënwater wat teen die kantseile afloop loop dan uit op die grond - nie onder die flappe in jou tent in nie. 
 

Ek vou egter altyd die flappe na binne. Nie net lyk dit netjieser nie, maar hoe kap jy die lussies aan die buitekant vas as jy die flappe na buite vou? As jy pvc pyp deur ryg en dan vaskap sal dit seker werk, maar dit lyk steeds vir my vreemd met die flappe na buite gevou. Wat is die “regte” manier?

Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/12/2022 - 06:46

Wel soos die flappe aangesit is, en jy wil vaskap, kan dit net binnetoe gevou word. 

Dit lyk effe slordig na buite, maar dan moet die hakies/lussies aan die binnekant wees, vir vaskap. Dalk bly die seile se onderkante skoner as dit na buite lê.

Dit is net so verkeerdom om met stukkie wat die wa se onderkant toemaak. Ek sit selde dit aan, want dit gaan elkgeval nie aap se kind buite hou nie.

Ek vou myne nog ouskool na binne en pak sommer losgoed soos tafel, NLuna, waterbottels daarop. Met my grondseil wat groter is as die tentvloer, kan ek nie die flappe onder die grondseil invou nie. Dit sal sekerlik die netjiese en meer korrekte manier wees. 

Worcester

Wildehont

Sun, 25/12/2022 - 10:52

Ons grondseil is aansienlik groter as die tent, en ek het juis die groter een gekoop sodat daar ‘n breë soom grondseil om die tent aan die buitekant is. Die flappe word ingevou en lê op die grondseil. Ons pak dit ook vas met tafels en ander goed wat in elk geval in die tent bly staan. As dit winderig is kap ek die lussies vas buite, anders hang die kantseile maar net met die flappe na binne gevou. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 02/01/2023 - 11:20

Ek het die een dakkie wat ek voor op die Exclusive gebruik het gehou vir die 3B.  Het die 3B staan gemaak die Donderdag toe ons gekom het en sien toe die 3B staan presies met sy neus na waar die son sak, sit toe die dakkie op daai venster.  Maar die son kom mooi op die stert van die 3B op en aangesien dit die pad kant is en daar geen koelte is nie het ek gewonder wat om te maak.

Die Vrydag het ek die andergoed soos die Gazibo opgeslaan en kom toe agter ek moes die "draft skirt" deur geryg het voor ek die blad teen die kant op gesit het want daar is 2 gate vir die pote en ek gaan nie als (ysmasjien, urn ens.) Afpak nie.

So dag of wat later pla die vroeg oggend son en die oggend hitte op die agter ruit my en kry toe dié plan in my kop.  Hang daai "draft skirt" daar want ek het nog 2 dun paaltjies spaar.

.

Nou moet ek net vir my 'n dakkie laat maak, maar vir nou werk my plan baie mooi. 👍🏻

Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/01/2023 - 12:04

....maak 'n plan. Netjies gedink, maar onthou om die onderrok af te haal, en daai gerolde deel droog te bak voor die wegpak Vrydag.

Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 02/01/2023 - 12:52

Het 'n rally tent....................goedkoop gekry en dit in twee laat sny wat ek nou gebruik as dakkies voor en agter die wa.  Het die hoekies versterk sodat ek 'n paal kan insit om styf te trek en dit nie skeur nie. 

Centurion

Voortrekker

Wed, 11/01/2023 - 05:50

Ek het die afgelope vakansie gesien hoe dit kan werk met baie reën.  My tentco gazebo het kantseile met flappies onderaan.  Ek het die flappies na buite gevou dat hulle teen die grond vaslê.  Toe die groot reën val (100mm in 1 uur) het die flappies met al die water vasgeplak / seël teen die grond en die water het nie deur gekom nie, maar opgedam bo op die flappie.  Ek het toe 'n sloot gegrou langs die flappie af om die damwater weg te lei.   Van die grond het ek bo op die flappie gegooi wat 'n soliede seël gevorm het met geen water wat onder gazebo invloei nie.     Flappie 101

Worcester

Wildehont

Wed, 11/01/2023 - 06:39

Ek het twee karavaan tente hier by Dwarswegstrand gesien waarvan die flappe onder aan die kantseile na buite gevou is - nie na binne nie. Aan die een kant maak dit sin, want reënwater wat teen die kantseile afloop loop dan uit op die grond - nie onder die flappe in jou tent in nie. 
 

Dit lyk net snaaks, maar lyk is ‘n dooie ding. Met ‘n grondseil onder die flap gaan dit seker nie so dig seel nie, maar water wat teen die kantseile afloop sal steeds weggelei word, eerder as onder die flap in soos as dit na binne gevou is. Die helling van jou staanplek speel natuurlik ook ‘n rol… 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 11/01/2023 - 06:40

Môre Anton

Veels geluk, jy het die module geslaag.

Ek trek punte af vir die feit dat jy eers die slootjies gegrawe het nadat dit begin reën het. Wel, as inherente lui kampeerder, is dit presies wat ek ook doen. 

Goeie voorbeeld waarom ek nog altyd 'n graaf saamry, as standaard toerusting.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus