Wildehont, stem met jou…
Wildehont, stem met jou inset. Jy is meer geleerd as ek en ek is ambagsman vir al amper 36 jaar. Meestal van forum lede verstaan en gaan ook dieselfde situasie soos joune. Werk aan jou drome en maak dit waar ![]()
Noel en wildehont
Stem maak jou drome waar en kyk dis so kamp is koning
Lekker lewendige debat, maar…
Lekker lewendige debat, maar soos hulle sê, elke man soen sy vrou op sy manier.
Jy moet doen wat jy glo jou toekoms die beste gaan beinvloed, nie altyd maklik nie.
Soos genoem het jy 'n kampwa…
Soos genoem het jy 'n kampwa, dis nou nie dat jy niks het nie. Dit is baie geriefliker met 'n karavaan. Ek is bly ek het deur die jare gekamp, soveel mooi herrineringe opgebou, vernaam my dogter wat nou uit die huis is en my vrou wat oorlede is in 2015. Dit was die moeite werd om af te betaal op die waens wat ek so baie geniet het saam met my gesin. Dit was die lekkerste vakansies ooit.
Kan iemand in Pta dalk later…
Kan iemand in Pta dalk later namens my na 'n Echo Kavango gaan kyk waarop ek 'n aanbod gemaak het? Die verkoper sal my later laat weet of hy my aanbod aanvaar. Dan wil ek darem net seker maak die wa is in die goeie toestand wat hy beweer dit is en dat alles wat hy lys ingesluit is. Dis 'n hengse kans wat ek vat maar die prys is goed en op die fotos lyk dit netjies. Iemand wat darem self sleep moet verkieskik kan gaan kyk sodat ek darem 'n ervare persoon se mening kan kry.
Ek het reeds kwotasies gekry om die wa hierheen te vervoer en daar is 'n kontrakteur in Goodwood in die Kaap wat môre in Jhb is en dit vir my kan gaan haal.
Die wa is by die verkoper se huis in Waterkloof.
Waar is die wa in Waterkloof…
Waar is die wa in Waterkloof en wanneer is die verkoper by die huis.
Kavango in Waterkloof
Middag Wildehont
Oppas vir vir wilde spronge. Ek vind dit komies dat jy 'n rykmanspeelding [Kavango] in die rykmansbuurt Waterkloof opspoor.
Nou vir die praktiese raad;
1] ek hoop jy het 'n voorwaardelike aanbod gemaak! Het jy genoem dat jy gaan reel vir 'n inspeksie?
2] sal die eienaar bereid wees om die wa tot by Echo-Kavango se hoofkantoor net buite Irene langs R21 te neem. Ek moet soheentoe gaan komende Donderdag met myne. Ek kan daar na die wa op neutral grond kyk. Die ander voordeel is dat jy moontlik kan reel met Echo-personeel om hulle mening te gee. Dalk is hulle elkgeval goed vertroud met die wa omdat hulle dit dalk aan eienaar verkoop het.
3] Dalk is Echo bereid om teen 'n fooi vir jou inspeksie verslag te gee, EN selfs die wa vir jou tot by Kaapse tak te vervoer. Jy moet pryse [Vervoer]vergelyk met jou ander reeling.
Ek gee nie om, om Donderdag na die wa te kyk nie, maar jy plaas eintlik 'n moerse verantwoordelikheid op enige person om vir jou 'n "go ahead" met aankoop te gee.
Echo se nommer is- 012 345 3333, probeer met Mnr of Mev Grobbelaar te praat hieroor. Hulle is die eienaars van Echo.
Jy het mos my nommer van so rukkie terug. Laat weet maar wat jy gereel kry.
Ek raak sommer opgewonde vir jou part
Sal bevestig sodra ek van…
Sal bevestig sodra ek van hom hoor. Hy sê hy vlieg tans
Moet net geen geld verhandel…
Moet net geen geld verhandel al vorens jy nie 100% veilig voel en bevestiging van egtheid van die verkoper nie. Baie mense verbrand daagliks hul vingers met bedrog, ek sê nie die een is nie eg nie, maar in Pretoria is 'n ou wat sulke "bargains" adverteer, dan 'deposito vat en verdwyn.
Ek hou egter duim vas dat jy reg kom👍
Dankie Johann, ek is baie…
Dankie Johann, ek is baie versigtig. Dis hoekom ek iemand wil vra om namens my te gaan kyk by die ou se huis en te bevestig dit stem ooreen met wat hy adverteer. Indien hy my aanbod aanvaar sal ek hom nie betaal voor die vervoerkontrakteur bevestig het dat hy die wa gelaai het, dat dit die wa op die fotos is en hy reg staan om te ry daarmee Worcester toe nie.
Ek het nou met die verkoper…
Ek het nou met die verkoper gepraat. Hy erf sy pa se Bushlapa en dis waarom hy die Kavango verkoop. Hy het nog 'n klomp fotos gestuur en die wa lyk baie goed opgepas. Dis 'n 2008 model maar hy het die nuwe flysheet en awning deur Echo laat opsit want dit waarmee dit uitgekom het was volgens hom simpel. Hy het ook die voorste deksel waarop die tent rus by Echo laat vervang want die oorspronklike skarniere het uitgebreek weens 'n ontwerpfout wat veroorsaak het dat die deksel (en die tent, bed en slapers daarop) se gewig die deksel laat losbreek het van die skarniere. Die nuwe skarniere sit aan die buitekant van die deksel en dit sal dus die probleem voorkom. Hy het my aanbod van R160k aanvaar maar wil dan die yskas hou. Ek het 'n 40liter Engel en ons sal maar vir eers daarmee regkom. My skoolvriend wat ek nou al 39 jaar ken woon naby die verkoper so ek sal hom vra om vanmiddag namens my te gaan kyk. Soos Wessel uitgewys het is dit dalk te veel gevra van iemand op die forum om dit namens my te doen.
Hi Wildehont, geluk met die…
Hi Wildehont, geluk met die wa, hoop die koop gaan deur.....ek sou eerder die Kavango gehou het, as die Bushlapa, maar net my mening. Jy koop 'n baie lekker woonwa vir 'n goeie prys. Hy is baie sterk gebou en sal jare hou.
Chris, bly dit lyk of jy reg…
Chris, bly dit lyk of jy reg kom, ek sê solank geluk👍
Johan K, daai 2010 Kavango lyk mooi, jy kan sien daai is iemand wat sy goed oppas.
Het jy die een gesien?…
Het jy die een gesien?
Johan
Ek was eers omgekrap toe ek die advertensie oopmaak by die skakel wat jy gedeel het, maar dis een van daardie "as dit te goed klink om waar te wees - is dit gewoonlik te goed om waar te wees" gevalle as jy my vra.
Ek het gou bietjie speurwerk op die internet gedoen, en daar is voorheen 'n advertensie met presies dieselfde bewoording en ten minste een van die fotos presies dieselfde op Junkmail geplaas. Dit was toe vir net R133 000 adverteer en is intussen verwyder (sien hier onder, as jy op die skakel waaruit ek dit gekry het op Ananzi klik dan vat dit jou Junkmail toe maar die advertensie is weg).
Ek het vir die verkoper op die Gumtree advertensie wat jy gedeel het 'n boodskap gestuur maar niks terug gehoor nie. Jy sal oplet dat die sg Gavin Fry wat die verkoper is, eers van Augustus af op Gumtree geregistreer is en net een advertensie geplaas het (die een van die Echo Kavango 2010 vir R138 000, maar met presies dieselfde bewoording as die een hier onder). Die sg Gavin Fry het ook nie 'n telefoonnommer by sy advertensie nie. Ek sit my kop op 'n blok dat dit 'n slenter is.
More Chris, lyk my daai…
More Chris, lyk my daai eerste een is ook nou vermis in aksie, ek herken egter die MB wat hom dleep op jou foto, selfde blikskottel, as jy my vra.![]()
Wildehont, jy mik nou bo-oor…
Wildehont, jy mik nou bo-oor meeste van die oues se koppe met so duur wa. Díe is n ryk man se wa, verseker.![]()






Gewone werkklas mense kan…
Dis my punt Noel. Die pryse is heeltemal buitensporig. Ek het 3de jaar ekonomie met 'n onderskeiding geslaag op universiteit so ek verstaan vraag en aanbod. Ek verstaan ook ekonomie van skaal, en mens sou dink groter vervaardigers wat al lank in die mark is kon meer bekostigbare karavane maak en steeds 'n lekker wins maak.
Verder sou mens dink dat hoe meer verskaffers toetree, hoe meer kompetisie is daar en hoe beter dit vir die verbruiker raak, nie net in terme van keuse nie maar ook in terme van prys. Hier werk dit egter nie so nie en word die wat luukshede (moenie eers met my stry dat hedendaagse kamptoerusting nie luukshede is nie) kan bekostig (m.a.w krediet kan kry) gemelk vir elke laaste sent. Dis hoe dit vir my lyk (en voel - my uier raak droog).