Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Huur Help met kamp beddens en… Geert -2 hours ago
Kamp goete Help met kamp beddens en… Wessel Strydom -4 hours ago
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -11 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -12 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -13 hours ago

'n Karavaan maak jou 'n ryk man

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums
Soos julle gesien het, het ek rondgekyk vir 'n 2de handse bos karavaan. "Het" want ek het tot die gevolgtrekking gekom dat ek nie 'n skaflike een gaan kry wat aan ons behoeftes voldoen en wat ek kan bekostig nie. Nou wonder ek; is 'n karavaan nie eintlik 'n ryk man speelding nie? Ek praat nou van ons werkende sterflinge, nie van afgetredenes wat vir 40 dae op 'n slag of permanent kan kampeer nie. Ek is nog altyd lief vir kampeer, en verkies dit eintlik bo gewone verblyf. Soos mens aanstap in jare en 'n vrou en kinders by kry, verander die mate van geriewe wat benodig word om seker te maak almal kan die ervaring geniet. Soos die gesegde lui; happy wife - happy life. My kinders geniet kampering nes ek, maar hulle is nog te klein om te help op- en afslaan en pak, so pappa moet al die werk doen. Dis nie 'n kwessie as jy lank op een plek staan en net een keer op- en afslaan nie. Dis egter nie hoe ons gewoonlik reis nie. Al wat ek met die lang relaas probeer sê is dat dit is hoekom ek 'n karavaan gesoek het. Met die prys van die goed, en die gepaardgaande hoër brandstofverbruik is dit egter bo my vuurmaakplek. Lyk my ek sal maar moet aanhou om in gewone verblyf te bly wanneer ek nie my Venter Bushbaby en tente kan gebruik weens logistieke redes nie. Ek weet mens kan padkaravane koop teen beter pryse, maar ons verkies grondpad bestemmings. Verder wonder ek ook; is die karavane werklik so duur of melk die vervaardigers ons? Ek kan nie sien hoe bv 'n Echo Kavango oor R300k kan kos nie. Mens kan selfs met die 40% belasting op karre 'n billike ryding vir dieselfde prys kry en dit het 'n enjin, ratkas, ordentlike vering en 'n staal omhulsel. Is dit vanwee ekonomie van skaal dat karre relatief goedkoper is om te maak? Ek weet darem nie so mooi nie...
Worcester

Wildehont

Wed, 28/08/2019 - 08:40

Soos julle weet wik en weeg ek nou al 'n geruime tyd oor of ek 'n wa moet koop. Die forum is hoofsaaklik te blameer vir die behoefte wat ek ontwikkel het om 'n wa aan te skaf, dankie julle angry

Ek soek al lank en alhoewel ek moet leen uit my bykans opbetaalde verband om die wa te koop, is dit darem net die tweede duurste voertuig wat ek nog ooit gekoop het, en ek glo dit sal ten minste vir my en my gesin die tweede meeste genot bring van enige voertuig wat ek nog gekoop het, indien nie die meeste nie. 

My boesemvriend van 39 jaar het gister na die wa gaan kyk. Hy het self al bos karavane gehuur om Mabuasehube toe te gaan so is darem nie 'n totale leek in die opsig nie. Hy sê hierdie wa is pragtig opgepas en in 'n puik toestand. Die verkopers is welaf Engelse mense wat baie lief is vir kampeer en hy het sommer lekker gekuier en gesels daaroor met hulle. Ek het dus vrymoedigheid om die betaalknoppie te druk wanneer die vervoerkontrakteur hopelik later vanoggend die wa gaan haal om dit môre in Worcester te kom aflewer. 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 28/08/2019 - 09:08

Net so idee van die toestand. Ek het fotos van elke hoekie en draaitjie en die bande en spaarwiel maar sal julle nie verveel met al die detail nie. 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 28/08/2019 - 09:30

Baie geluk Chris, nou is jy reg vir 'n begin van lekker droom vakansies, jy sien, die forum werk vir ons toekoms dromeyes

Ek is sommer saam met julle opgewonde.

0

Môre Chris

Baie geluk met jou rykmanspeeldinglaugh

Ek hoop jy gaan dit net soveel geniet as wat ek myne geniet. Mag jy net vreugde ervaar en veilig sleep.

Waarheen gaan julle die naweek???

Groete

0

Môre Wildehont

Ek wil voorstel dat jy nou 'n nuwe onderwerp begin, sodat ons kan wegstap van die huidige "effe af" titel.

Begin dit sommer met fotos en vertelling vanaf die ontvangs daarvan by jou huis.

Groete 

 

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 28/08/2019 - 10:43

Baie geluk mag die wa net vrede en vreugte vir julle bring jy kan verseker nie meer wag om hom te haak en te sleep nie jy gaan nou n hond uit n bos kampwink

0
Worcester

Wildehont

Wed, 28/08/2019 - 12:14

Dankie vir almal se goeie raad en wense deur die reis. Soos ek gisteraand vir my vrou (wat baie opgewonde is) sê; mens lewe net een keer. Maar as jy dit reg doen is een keer genoeg. 

Ek het die draad se onderwerp verander aangesien ek besig is om die ou onderwerp verkeerd te bewys. Ek glo steeds nuwe waens se pryse is heeltemal buitensporig, maar dit daar gelaat...

 

0

Waarheen gaan julle die naweek???

Dis die gemors! ‘n Universiteitsvriend wat al 12 jaar in Skotland bly is in die land vir sy pa se begrafnis (reeds verby) en kom Vrydagaand by ons kuier. Ek dink ons sal maar Saterdag na hy weg is by ‘n vriend se kamp langs die Breede rivier gaan staan. Dis darem net so halfuur se ry Rivierplaas toe.  

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 28/08/2019 - 19:24

Chris, dit is aktyd goeie praktyd om jou eerste kamp met 'n nuwe wa, so naby as moontlik aan die huis te doen,  dit gee jou die geleentheid om die dinge mooi uit te kyk en seker te maak jy verstaan wat waar gaan. Merke te maak aan die pale ens.  ens. om dit vir die toekoms makliker te maak.

0
Worcester

Bolander

Wed, 28/08/2019 - 21:05

Chris ,kamp kan net lekker wees met lekker mense rondom jou,geluk met jou bederf.Ons kan gerus bladskut en n moontlike kampie inwerk.As dit jou pas 072 739 846 4 sal aangenaam wees.

 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 29/08/2019 - 06:52

Daar hy hou, julle moet kennis maak Chris, Dirk is 'n baie aangename vriend, werk sommer al die kapernaars so ou moontlik in by 'n kampforum saamtrek.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 29/08/2019 - 13:47

Na ‘n spannende 24 uur het Achmat die wa so uur gelede afgelewer. Alhoewel ek hom so goed as moontlik ondersoek het om seker te maak hy is nie ‘n skelm nie, ken ek hom van geen kant af nie. Dit was dus ‘n saak van geloof om die kopie aan hom toe te vertrou, maar ek kan hom nou aanbeveel. 

Soos ‘n kind met ‘n nuwe speelding het ek eers gou die dak opgeslaan en die tent oopgemaak. Die kleintjies het natuurlik baie lekker gespeel en wil vanaand al in die wa slaap. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus